6/20/2014

Dag 6 Skeer Stoor Rossow na Stormberg Blokhuis

Dag 6 skop verskriklik koud af, kyk ek hou van die koue maar - 14 is nie grappies nie, tot my Polar wil vries. My waterbottel vries, my camel bak se pyp vries, die snot in my neus vries, my trane vries en ek is te bang om te pee....

Ek trek alles aan wat ek het, tot my reënjas en ek vrek nogsteeds van die koue. Later die dag voel my gesig of ek in 'n moerse bar fight was, dik geswel, maar ons like mos die Freedom dis mos dinge soos die wat jou terug lok vir meer punishment, en blykbaar het ek nog baie punishment nodig voordat ek genees gaan word van die Freedom..........

Alles is gevries, dis vrek koud, die afraande na Danie van Moordenaarspoort help nie juis nie, my hande vries, my voete vries en ek is bang as ek ophou trap vries ek en Moordenaarspoort vlieg in die donker verby, ek het nie water nie, niks nie alles is gevries....... In die donker dink ek skielik aan Bear Grylls :

" The difference between ordaniry and extra-ordinary is just a little word.     EXTRA
Give that little bit EXTRA !!! "

Ek dink ook aan die keer wat Bear nie water gehad het nie en toe maar sy pee gedrink het, ek oorweeg dit, maar ek is bang dit vries voordat ek dit kan drink en byt toe maar vir 5 ure vas tot my water ontvries.....

Sandra van Kranzkop vertoos my, was my kleure skoon , gee lekker kos en gasvryheid en ek kry so 2 ure slaap. Voel sommer baie beter, ry sommer vinniger.

Die pad vlieg verby, my kniee is lekker seer, ek kan nie glo hoe maklik die pad eintlik is as dit dag is nie, maar die kniee pla en ek stop om te bel. Vra my Pa of ek pynpille in die dag ook kan drink, ja sê hy as die pyn erg word kan ek, maar oordeelkundig en ek weet dit help nie jy drink pille om van die pyn te vergeet en donner jouself dan verder op nie, maar nou is dit seer, sommer baie seer, dalk die koue......

Iets nuuts vir my, ek sien plekke in die dag wat ek nog nooit in daglig aanskou het nie, Brostelea vlieg verby, ek moet daai bietjie ekstra gee, elke dag !!!!

Esme en haar dogter waai vir my deur die venster, dis donker en die koue is besig om op my neer te sak, ek groet vriendelik terug, volgende oomblik roep hulle my van die agterdeur. Ek wou nog altyd by die mense stop, hulle nooi my vir koffie of iets en ek sê dis reg !
Pierre en Esme van die plaas Wetvreden naby Stormberg, lok my met braaivleis, 'n paar biere en gasvryheid soos jy net op die Freedom kan beleef. Dis eintlik hoekom mens terugkom. Met my magie nou vol kos gaan ek gou 'n paar kakies opdonner in die blokhuis, dis nou te se as hulle mans genoeg is om vir my te wag.....

Tim het my lank terug vertel van die blokhuis en gesê dis 'n lekker plek om te slaap, heel beskut teen die elemente, behalwe die koue, maar daarvoor het ek warm gedagtes......



3 comments:

  1. het die tommies v d blokhuis toe saam met jou gesnork??! dit was nou n goeie idee om in die blokhuis te gaan slaap!(dat d tommies dit toe al d tyd vir d freedom challengers gebou het!)>>>>........

    ReplyDelete
  2. was bly om van jou te hoor oor die cell. skrik eers nog 'n seun byt in die stof. maar nouja KYK NET NOORD EN RY VOORT. almal by oudorp stuur STERKTE en KRAG vir elke dag. MOEDHOU BEKHOU EN AANHOU==pa

    ReplyDelete
  3. Hi MARNITZ ! jys noual so in die ding: dit kom al amper outomaties: slapie ,hap 'n dingetjie sluk hopelik ietsie warms en daar gaan jy ! MAAK MEMORIES, vir altyd! ons is met jou ALMAL HIER ma pa en al d fam

    ReplyDelete