7/06/2015

My wonderlike kinders


More Pappa🌻 baie sterkte vir hierdie Freedom Challenge !!  Dit gaan baie goed gaan ,, glo en vertrou net op die Here ♡ en gee pappa se beste !!⭐
Lief vir pappa baie ❤
Sent from my Sony Xperia™ smartphone

Freedom Challenge Pragstukke

Marnitz op Lehana's

Die padjie uit die Leer

Die nuwe padjies uit Stetteyns....

Haluluja die wind waai nog nie tussen Willomore en Prince Albert nie.......

Nic Jordan se stunning foto net voor Good Hope

Die Leer

My nuwe pad uit Stetteyns, klouter regs van die waterfal op tot bo Korporaal..... 
Uit die leer...
Rouxpos sonsondergang.


Op pad na Masakala

Klein mannetjie geniet sy koeldrank geskenk van my...

Waar woorde van Danielle

Sneeu op Lehana's

My kind verlang na haar mal Pa

Windpompe oppad na Elandsberg

Bontehoek af, ons gaan af !!!!
Luiperds spoor Elandsberg
Darlingtondam Windpomp
Oopbek los handles Darlingtondam
Geskraapte Gwaas pad

Nog Freedom Challenge Pragstukke

Pappa wens.....

Baviaans se agetrkant

Die eier wat die Gemsbok vermoor het....

Baviaans beesies

?????

Osseberg se strome

Osseberg se riete......

Osseberg se Jeep Tracks ?????


Osseberg se lank verlorenes.....

Wat gebeur as jy te kort is......

Baviaans se water strome

Kaalvoet deur die water

Waterdruppel draad....

Ons gaan soontoe in die Hel.......


Anysberg


Stetteyns nuwe pad swemgat

Ons was die bloedsweet van Stetteyns af

Laatmiddag oppad na Koedoeskop

Prince Albert se sandpaaie....

Die Freedom Challenge uit Nic Jordan se oog

Modor, kan Modor ook mooi wees ?
Mike Potgieter, Nic Jordan en Andrew Blackburn aka Banana Boyz

7/04/2015

2015 Freedom Challenge

Wat 'n ervaring!!!

Wanneer jy die Freedom Challenge race gebeur alles teen spoed, daar is geen tyd om te verloor nie. Daar word die heeltyd gejaag vir sonlig, en geen tyd word in daglig verkwis nie. Jy eet vinnig, pak vinnig, ry vinnig, dink vinnig, alles bly vinnig.

Wanneer dit donker word breek die besadige tyd aan, tyd om die geliefdes by die huis te bel, jou blog op datum te kry, asem te haal en bietjie stadiger te ry en meer te konsentreer om nie foute te maak nie.

Vir vyf jaar het ek myself gekondisioneer en verfyn om te jaag en die jaar het ek daarvan afgesien en getoer. Vir my het dit gevoel of ek heeltemal ontspoor het, ek was in 'n vreemde onbekende wêreld en dit het tyd geneem om die metamorfose aan te neem.

Redelik bekend vir my middernagtelike eskapades op die Freedom moes ek telkemale baie vrae antwoord oor hoekom ons 15H00 stop en nie verder gaan nie. Vir my support station familie was dit vreemd, vir my soms onaanvaarbaar. Verandering is gewoonlik 'n proses wat met  weerstand gepaard gaan, maar soos enige verandering moes ek eers die voordele en die vreugde daarvan ervaar voordat ek daarmee genee was.

Ek was daar vir Steward en Ivor, en anders as ek wat al my kombers gekry het en die volle aanslag en ervaring van die Freedom ervaar het, was dit nou hulle beurt om dit te ervaar. Middernagtelike ervarings is deel van die Freedom,  maar nie altyd so lekker nie. Ek het Ivor so paar dae laat voel, hoe die skerp kant van die race voel, sodat hy weet waarvoor hy homself inlaat wanneer hy terugkom.
Nadat Ivor die skerpkant ervaar het, is die brieke aangedraai om die moeilike dele in die dag aan te durf, Modor moet verkieslik in die dag ervaar word.

Die deel van die Baviaans tot in die Kaap is vir my soos die laaste 100 m van 'n 400 m wedloop, jy gee jou alles. Ek wou graag triples doen, maar dan mis jy die Willows, die wit lakens van Prince Albert, Tannie Ronel se waffles, 'n lekker bier by Montagu en jou eie braaivleis by Trouthaven...
En dis toe die plan waarop ons besluit, ry elke dag lekker sodat jy vroeg namiddag by 'n support station is, 'n middagslapie kan neem, lekker aandete kan geniet en die res van jou 12 ure gemaklik kan deurbring.

Die plan het ons maak werk, en ek moet sê ek en Ivor het baie lekker saamgery, die man het elke hek vir my oopgemaak, my elke oggend baie lekker koffie in die bed gebring en probeer om my metamorfose wat hy veroorsaak het so gemaklik as moontlik te maak.

Ek glo ek het Ivor baie geleer oor die Freedom en ek glo hy kyk nou met ander oë na die Freedom en dalk na my ook. Die bangste wat ek die man ervaar het, was met ons klim uit Stettyns,  self het daar 'n versigtigheid in my opgewel. Op 'n staduim het ek gedink hulle gaan ons met bergklim toue en 'n helikopter kom haal, maar my versigtigheid kon ek nie vir hom wys nie.

Wat ons gedoen het sou baie bergklimmers met toue sonder fietse nooit eers aangepak het nie, maar dis die Freedom en op die Freedom word bande in vuurherd van die oomblik gesmee. Ek en Ivor is nou Freedom Challenge bloed broers, baie dinge het ons saam ervaar en vir ewig sal dit deel wees van ons.

Well done Bulletjie, jy het my suksesvol convert in 'n toer challenger en dit was moerse om ervaring met jou te deel!!!

En die kersie op die koek, was my Pa wat my kom verras het by die wenpaal !!!!


Dankie Pa vir alles wat Pa vir my doen 
en dat Pa altyd daar is met goeie raad !!


http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php

7/03/2015

Trouthaven - Diemersfontein

Die roete uit Stetteyns......


Begin die oggend 5H15 besluiteloos, weet nie watter pad ons gaan volg nie,  dit los ek in die Liewe Vader se hande, Hy sal die pad vir my wys.

Ons het basies drie of vier moontlike keuses :

  • Theo en Tim se roete
  • Die normale roete
  • Die hoë roete
  • Die rivier roete.
Die groep klou soos bosluise, niemand behalwe ek was al daar nie en groot oog volg hulle my blindelings. Ek verduidelik aan hulle die werklikheid, ek raak de moer in, ek begin vloek, dan swets en dan word ek stil en bulldoze 'n pad om daar uit te kom. Dit is hoe ek operate en as jy nie kan byhou nie, gaan jy agterbly, ek spandeer geen ekstra tyd in die plek nie.

Die manne knik koppe, ek wys hulle hoe om 'n fiets te dra, verduidelik die roete en wys hulle waar die hemel is, die nek waar ons die hel agterlos.

Ek vra in die stilligheid die Liewe Vader om my die pad te wys en die opmars begin. Ek trap waar die Vader my wys en ons vat die hoë roete, vordering is goed, ek sien die rivier se vlak is laag en ons neuk af na die rivier. Ons beweeg baie vinniger en eensklaps is ons halfpad, by die waterval. Die rivier vernou, die poele is dieper en dit laat my met die keuse van die ou roete, die ongnaakbare hakia roete. Vyf keur het ek al die geveg, geveg en ek besluit, vandag gaan dit nie gebeur nie, dis die rivier of klim teen die suidelike hange uit.....

Steven Bernette het iets gepraat van 150m klim en ek besluit dis 'n goeie plan. Die berg is steil en van onder kan jy nie die bokant sien nie, maar vir my lyk dit so 150m tot waar ek kan sien en dis dan dubbel wat ons by die einde so klim sonder die hakia geveg.
Ons begin klim en op 150 m sien ek Steven het 'n spelfout begaan, want bokant ons lyk dit soos nog 150 m om te klim. Ek beoordeel die situasie en besluit daar is nie 'n manier wat ons weer afgaan nie, dis amper loodreg af en die kans om jouself moertoe te val is goed, so dis op korporaal reguit op. Ons klim onsself in die kranse vas, Ivor kyk my met baie moë groot oë aan, korporaal ons moet rus en weet jy waar is ons ?

Ons is in Stetteyns antwoord ek, maar waar en hoe kom ons hier uit en besef ek dis moer gevaarlik wil Ivor weet.

Ek pluk die kaart uit, wys hom waar ons is, waartoe ons moet gaan en dat dit nou baie meer gevaarlik af is. Ons moet nog op, iewers 'n gat in die kranse kry en bo uitkom, Ivor stoei, ons klim nou sonder die fiets op en sleep en stoot die fiets agterna.

Die kranse omsingel ons, die Vader wys 'n gat en ons is bo, en ek gil dat die kranse antwoord gee, 'n luiperd onwaak uit sy slaap en hol vir die vale om weg te kom voor die gebrul van die Hyena.
Ek vlieg om en skree vra vir Ivor of hy dit gesien het, maar hy het dit gemis. Ons vind 'n waterval met 'n lekker diep poel, en die nuwe tradisie word geskep. Swem was die sweet en bloed van Stetteyns af en maak die tog klaar.

14H55 maak ons klaar sonder 'n crowd, sonder 'n hooha, Ivor kry sy kombers en ek het 'n nuwe moerse pêl van 16 dae 8 uur 55 minute.....


Dankie vir al die skenkings, een of ander tyd maak ons weer so....

http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php



Ons het aan die regterkant van die waterval opgeklouter....