3/16/2011

Joco Strydom jou Yster

So praat ek toe mos met Jaco Strydom, veteraan Freedom Challenger. Kyk die Freedom Challenge is nie genoeg vir die man so op sy eie nie, hy het nog so ekstra week of twee van vryheid nodig en begin dan sommer in Beitbrug. Jaco was verlede jaar sterk op dreef en moes toe onttrek as gevolg van 'n gebreekte enkel, vanjaar is hy meer as oorgehaal om die epiese tog te voltooi.  Alles het mooi volgens plan verloop en die man het 'n DIK base vir hom gebou, waarop hy kon voortbou vir die Freedom, en so word Jaco met Kanker gediagnoseer in Januarie. Menige van ons sou tou opgegooi het met die nuus, maar nie Jaco nie, hy het 'n doel voor oë en hy gaan sy doel bereik.

Jaco moes gaan vir sewe weke se bestraling, iets wat as dit met my gebeur het, my seker dood in my spore sou laat stop het, en so bel ek maar my ou vriend net om te hoor hoe dit gaan.
Praat toe vandag weer met Jaco, en groot was my verbasing om te hoor die man is op sy fiets oppad terug huis toe nadat hy sy bestraling ontvang het by die hospitaal, selfs die mense by die hospitaal ka dit nie glo nie. Jaco klink gloed en hy's baie positief en ek dink hy is 'n moerse voorbeeld vir ons almal.

Ons kla tog so maklik oor die geringste dingetjie en hier is 'n man wat bestraling ontvang wat nie genoeg van die lewe kan kry nie, soos ek al gesê het : " The Body goes where the Mind goes " en hier is 'n sprekende voorbeeld. Jaco is besig om hom met positiewe gedagtes besig te hou, en is dit nie lekker om eerder die mooi as die lekike raak te sien nie !!!!!

Ou Maat bly Positief dink, SIEN net die MOOI in die lewe, geniet jou lewe, jy is in ons gedagtes en gebede,
en jy is vir ons almal 'n MOERSE INSPIRASIE

Ek bid jou 'n spoedige en volkome herstel toe, en mag dit met jou so goed gaan dat jy my sommer vanjaar wegry !!!

Sterte ou maat sien jou op die Freedom