5/30/2015

'n Freedom Challenger gebed.

Dankie Here vir u wonderlike liefde en genade, dankie dat u ons toerus met talente en gesondheid en baie dankie vir die voorreg om aan die Freedom Challenge deel te kan neem.

Dankie Here dat u die wonderlike ervaring vir ons geskape het, dankie vir die wonderlike mense wat u op ons roete plaas, dankie vir die beeldskone aarde waaroor ons gaan beweeg en dankie vir die voorreg om die gansheid van u skepping te ervaar.

Here dankie vir die sportman wat u ons geskape het, dankie vir deursettings vermoë, dankie vir sterk spiere, durf en moed en help u ons om helder te skyn op die race.

Here help u ons om as ambasadeurs van u op te tree, help u ons om ander deelnemers te respekteer en lief te hê soos ons self, Here help u ons om gehoorsaam aan u te wees, en ook gehoor aan die reëls van die Freedom Challenge te gee. Here lei u elkeen van ons in ons ervaring en die soeke na ons self, help u ons om ons doel te bereik.

Here dankie dat u, U hand van bewaring oor ons gehou het in die maandelange voorbereiding vir die Freedom Challenge, Here dankie ook dat u ons geliefdes by die huis beskerm het in die tye wat ons ge-oefen het en nie by die huis kon wees nie. Here dankie vir die wonderlike liefde en ondersteuning van ons geliefdes, help u ons ook om die liefde en omgee opreg te waardeer en in veelvoud terug te gee na afloop van die ervaring.

Here bewaar u ook ons geliefdes gedurende die Freedom Challenge, hou u, U hand van beskerming oor hulle en oor elke deelnemer.

Here dankie weereens vir die groot voorreg om deel te kan neem, hou u ons oë op u grootheid en goedheid gerig, lei u ons met elke trap en tree op die roete en dankie dat ons kan weet dat u ons sal optel en dra wanneer ons val.

Here en laat u Naam geheilig word, laat U wil geskied, vergeef ons ons sonde en weerhou U ons van die Bose en die afdraai padjies.

Amen


5/22/2015

The reason behind the madness.....

After a lot of years and wanderings on the trails of the Freedom Challenge, I finally got to the reason behind my madness to compete in the Freedom Challenge !!!!

I've got a burning desire to satisfy the following needs :


  • To experience the people and the land
  • To explore my limits and to push my boundaries
  • To learn to appreciate life itself
  • To complete the route in the shortest possible time
  • To navigate only by means of a compass, maps and narratives
  • In a personal challenge against myself, facing and conquering my fears

By mountain biking non stop under my own power across remote parts of South Africa on unmarked off road terrain, through dirt roads, farm roads and tracks, footpaths and animal tracks, navigating only by means of maps and narratives, without the use of GPS devices. Doing it in an orderly and unsupported manner, experiencing the true splendor of the country and the warm hospitality of its people, while adhering to the rules of the Freedom Challenge under my own power without the aid of others, finishing in the shortest possible time.

The Soul of Mountain Biking !!!!



5/16/2015

Die Hyena's en Operasie Cycle Ops

Oor 'n maand trek die Hyena weg op die Freedom Challenge, die bene voel goed, die kop is reg, ek is versigtig maar nie bang nie. My pa het nie bang kinders groot gemaak nie, versigtig ja, maar glad nie bang nie.

Ons is die heel laaste batch wat wegspring, die sweepers of in Afrikaans die Hyena's, bly voor ons en jou kos is veilig, vang ons jou kan ons dalk die lekkernye in jou boks opvreet......




Dis die jaar van die Hyena's, ek glo die wenner gaan een van of dalk al die Hyena's wees, daar mag 'n donker perd iewers in die donker skuil wat dalk 'n opskudding in die trop kan veroorsaak, net tyd sal leer........

Al wat ek weet is dat ek my gat af oefen, 'n heel ander oefen program die jaar gevolg. Aan die begin van die seisoen wat vir my eers laat in Januarie begin het, het ek gefokus op lank en vrek ver, tyd in die saal, brei die boude en maak die spiere wakker ritte. Die vrek ver brei die boude oefeninge is gestaak na die 361 in Outshoorn, na die 361 was die boude leer en ek glo die spiere wakker en ek was so half gatvol vir lank en ver, dink die toestand van ons verkrummelnde paaie het ook iets daarmee te doen gehad.

My spanmaats het iets gedoen wat hulle HIIT noem, blykbaar klim jy op 'n fiets en bliksem jouself goed op vir so 3 of 4 sessies van 12 minute met 'n klein bietjie rus tussen in. Vir my het dit soos 'n goeie army opfok geklink, ek was in die army vir 'n lang tyd, gedurende die eerste jare was ek aan die ontvang kant en latere jare aan die uitdeel kan, en klink vir my ek was 'n baie vernuftige en bekwame uitdeler.

Ek het voor 'n keuse gestaan : Lank en ver op ons lank vergete opgeneukte paaie of ek reël  my eie army opfok vir myself, eintlik maar 'n maklike keuse gewees te kyke na ons paaie.......

Ek beskik oor 'n kapstok wat op 'n baie gelyk vloer staan, hulle noem dit 'n Cycle Ops of so iets, die ding staan stil op een plek, jy sweet verriklik op een plek en sonder om 'n tree te beweeg fok jy jouself lekker op. Ek besluit toe maar op Operasie Cycle Ops, die ander manne noem dit HITT's, stof die ding af en begin die watts maak. Ek trap die rook uit die aarde uit, kyk jy kan nie ophou trap nie, want as jy ophou bliksem die ding jou oor die handle bars vir jou straf, iemand praat iets van ek moet vir 'n uur lank trap en dan die gemiddelde Watts kry wat ek vir die load shedding opgewek het.

En ek trap die kapstok, en ek sweet 'n plas bloed wat my plankvloer wil oplig en na 'n uur kry ek 'n gemiddeld van 130 Watts, en ek vra die slim manne en hulle sê ek moet kyk of ek dit nie kan opstoot na 140 of einlik 160 Watts gemiddeld in 'n uur nie. Heel trots op myself besluit ek om meer kundigheid in te win oor my nuwe opfok Opersaie Cycle Ops oefen program en dis toe ek uitvind dat ek of heeltemal kak is of daar is groot fout met my kapstok.

Die hoog leraars beweer ek behoort baie maklik 500 Watts te kan trap met my piekante lyfie as ek net opstaan en trap, ek begin fout soek en vind uit die kapstok beskik oor batterye, wat seker nie meer goed werk na sewe jaar se kapstok werk nie en dan moet die kapstok nog gekalibreer word ook en dadelik weet ek hoekom die ding 'n kapstok geword het !

Ek kry toe nuwe batterye en leer hoe om die kapstok te kalibreer en walla Operasie Cycle Ops neem volle swang en op 'n gereelde basis fok ek myself op, Melanie en die kinders sê ek maak baie snaakse geluide tydens die sessies en ek verseker hulle ek was die meester van 'n army opfok, dit moet so klink.

Werk dit ? Ek weet nog nie, net die tyd sal leer en as dit nie werk nie, is ek besig om vir my 'n ordentlike opfok te reël tot in Rhodes waarna ek weer my normale self sal wees........

5/12/2015

2015 Freedom Challenge.....

Dis weer ek en Tim, ons het laas in 2011 saam gery en dit was 'n baie spesiale ervaring vir my.

Ons ry weer die Freedom Challenge, hoekom sal net ek alleen weet en ek weet nie, nog nie genoeg ervarings opgebpu vir my ou dag nie.

My Pa het my nou die dag gesê ek moet die dinge doen wat ek graag wil doen terwyl ek nog jong is en terwyl ek dit nog kan doen.

Ek lees nou die dag iets wat ek glo nogal betrekking op my lewe het :

Life's journey is not to arrive at the grave safely in a well preserved body, but rather to skid in sideways, totally worn out, shouting "Holy shit... What a ride!

en dis hoe ek my lewe wil lei !!!

Ek weet nie wat die jaar se Freedom Challenge ervarings vir my gaan inhou nie, ek het so vermoede dit gaan baie hard wees, om een of ander duistere rede het die Freedom Challenge komitee besluit om my in die laaste groep te plaas, volgens my hoort ek nie regtig daar nie, die manne wat saam met my wegspring is heeltemal te vinnig na my sin.....

Die grootste voorreg vir my is om weer saam met Tim te kan ry, oor die jare het ons baie groot vriende geword, ons deel dieselfde uitkyk oor die Freedom Challenge, dieselfde spoed, wel hy is heelwat vinniger as ek in die dag en ek dalk meer aanhoudend in die nag.

Ek bevind my in 'n drieman span saam met Stuart Roos ( die Ingelsman) en Ivor Jones ( die Boer ) en dit klink my hulle is baie goed voorbereid vir die Challenge, die "mix grill train" kan my dalk net aanspoor tot nuwe hoogtes en minder slaap........

Oor 'n maand en 'n bietjie sal ons egter weet wat gebeur, hoop dis net goeie ervarings !!!