5/30/2015

'n Freedom Challenger gebed.

Dankie Here vir u wonderlike liefde en genade, dankie dat u ons toerus met talente en gesondheid en baie dankie vir die voorreg om aan die Freedom Challenge deel te kan neem.

Dankie Here dat u die wonderlike ervaring vir ons geskape het, dankie vir die wonderlike mense wat u op ons roete plaas, dankie vir die beeldskone aarde waaroor ons gaan beweeg en dankie vir die voorreg om die gansheid van u skepping te ervaar.

Here dankie vir die sportman wat u ons geskape het, dankie vir deursettings vermoë, dankie vir sterk spiere, durf en moed en help u ons om helder te skyn op die race.

Here help u ons om as ambasadeurs van u op te tree, help u ons om ander deelnemers te respekteer en lief te hê soos ons self, Here help u ons om gehoorsaam aan u te wees, en ook gehoor aan die reëls van die Freedom Challenge te gee. Here lei u elkeen van ons in ons ervaring en die soeke na ons self, help u ons om ons doel te bereik.

Here dankie dat u, U hand van bewaring oor ons gehou het in die maandelange voorbereiding vir die Freedom Challenge, Here dankie ook dat u ons geliefdes by die huis beskerm het in die tye wat ons ge-oefen het en nie by die huis kon wees nie. Here dankie vir die wonderlike liefde en ondersteuning van ons geliefdes, help u ons ook om die liefde en omgee opreg te waardeer en in veelvoud terug te gee na afloop van die ervaring.

Here bewaar u ook ons geliefdes gedurende die Freedom Challenge, hou u, U hand van beskerming oor hulle en oor elke deelnemer.

Here dankie weereens vir die groot voorreg om deel te kan neem, hou u ons oë op u grootheid en goedheid gerig, lei u ons met elke trap en tree op die roete en dankie dat ons kan weet dat u ons sal optel en dra wanneer ons val.

Here en laat u Naam geheilig word, laat U wil geskied, vergeef ons ons sonde en weerhou U ons van die Bose en die afdraai padjies.

Amen


No comments:

Post a Comment