2/26/2011

2011 Miles for Smiles Pledge

Pieter Cordier from Design Layout and Print made it possible for me to once again partake in the 2011 Freedom Challenge.

Design Layout & Print has established itself as one of the leaders in the advertising for retailers and wholesalers industry.  They have a huge digital library with the latest groceries, non-food, hardware and cosmetic images.  They are also on-line with Quick Cut in Johannesburg that also supplies digital images.  They have the latest CANON D7 digital camera.  Design Layout & Print have seven designing stations with the latest hardware and software.  Design Layout & Print make use of the biggest printers in Johannesburg and delivers to all their customers Country Wide !

Design Layout and Print will be my Primary sponsor for the 2011 Freedom Challenge, and in doing so Design Layout & Print has made it possible for me to do a fund raise for Miles for Smiles.

About the Cipla Miles for Smiles foundation.

The Cipla Miles for Smiles foundation was formed to assist Operation Smile in creating awareness for the plight of children born with cleft lips and palates and raise funds to perform corrective surgery on them.

The foundation has a fundamental aim, to inspire and challenge individuals to go out and make a difference in the lives of those around them, by challenging themselves to achieve the impossible and by doing so make a difference.

For all enquiries

please contact media@milesforsmiles.co.za

Help Us Make a Difference

For every R5,500.00 donated to Operation Smile South Africa we can facilitate corrective facial surgery on a child and give them their God-given right to a smile.

With a simple operation of some 45 minutes a child's life can be changed forever.

So now I need Challengers, challenging me to finish in a certain time with your pledge ( any amount of money ) Any amount of money will do, it is up to you, and if I made the challenge, you will have to donate youp plegde into the Miles for Smiles account.

You can make your pledge  by replying to this post, all pledges will be shown on the blog.

So start Challenging !!

2/02/2011

Ottosdal Nag Marathon


                                                Hano Oberholtzer, Marnitz en Pieter Cordier


      
 

2/01/2011

Ottosdal Nag Maraton

En so pak ek die Ottosdal Nag Marathon aan na 4 maande se harde oefening, wel ek glo ek het hard genoeg ge-oefen. My mikpunt 4H30 en so trek ons weg, dis nou ek, Hano Oberholtzer 'n Ysterman en Anton Schoeman wat vanjaar vir sy 15de Comrades aantree, ek bly maar by die slim manne.

Ons trek weg teen 'n pas van 6 minute 'n kilo en alles voel lekker, Anton is soos 'n fyn ingestelde horlosie en op die 6 minute maak ons 'n kilo, die manne sê ons stap deur die waterpunte en ek maak so. Iewers hoor ek Frans Lotter se bekende gesegde : " Fly now Pay Later " en ek maak seker ons hardloop nie vinniger as die beplande 6 min/km nie, ek wil nie later betaal nie en ek weet hoe ek voel op 36 km die verste wat ek nog gehardloop het.

Net so voor die 21 km draaipunt begin ons van die Fly manne inhaal, ons draai op 2H11 stadiger as wat ek gedink het, maar ek voel goed en ons kap dit flou.

My sadis vriend Eduard het verspieders op die roete, ou Frankie keer my voor op 28 km net om te hoor hoe ek voel en of ek al enige pyne ontwikkel het, sodat hy vir Eduard kan laat weet hoe gaan dit. Man alles gaan voor die wind en ons voel nog almal goed, Anton haal sy kopliggie uit sy backpack om vir ons lig te maak, hy kom ook met 'n koekie of wat te voorskyn om die kraggies net op vlak te hou. Anton start twee cylumes op die backpack sodat ons hom mooi kan raaksien in die donker en ons pas bly 6 min/kilo soder dat die man eenkeer op 'n horlosie kyk, ek glo vas hy het 'n ingeboude tikker.

Nou my groot vriend wat my tot al die malligheid inspireer enne Mnr Eduard Herselman het my vooraf gewaarsku om nie te vinnig te begin nie, hy het ook iets gepraat van 'n negative split, blykbaar hardloop jy vinniger terug as toe jy gegaan het, en dan het hy ook iets gewaarsku dat die draaipunt van 'n maraton op 32 km is en nie 21km nie

Ek neem al die goeie raad ter harte en besluit om te Pay now en Fly Later, so ons begin teen 6 minute per kilo tot op 32 km, wat die draaipunt is, en Fly dan teen iets vinniger as 6 minute per kilo wenpaal toe, dan split ons nou mos mooi negative in die middel op 32 km.

Man en ek voel goed op 32 km die draaipunt en ons hardloop lekker en daar staan 'n moerse 4 km bult voor ons op, dit voel vir my soos 10 km, maar ons gaan die Fly manne verby in die hordes en ek voel goed en bitter bly ek het my Sadis pêl se raad gevolg, met die negative split gebeur daar niks, ons bly konstant @ 6min/km.

En so hol ons aan 36 km, 37km en toe kom 38 km en my broek skaaf my dat ek bang raak alles gaan afgeskaaf word en dat ek dalk vroulik mag wees na die race, maar ek byt vas,  dis dan net 4 kilo's oor en toe kom 39 km en my regter knie raak seer, en 500m verder raak my voetjies seer en toe my heupies en dit word bliksems harde werk om vorentoe te gaan. Hano praat iets van my tanne in die teer slaan, maar ek dink die teer het tussen my bene geslaan en dis besig om die lewende hel uit my te skaaf. Dit kan dalk wees dat my postuur so bietjie verander het met die moegheid en dat my bene as gevolg van die knock knees nou nader aan mekaar is, tot my lae maagspiere is nou al seer. Maar ek Fly en niemand gaan my verbysteek nie, ek sal die verbysteek werk doen, Hano gooi 'n invisible towrope uit en ek byt so hard ek kan, net so voor 41 km los ek die tou en Hano verdwyn in die donker en ek dink aan die Freedom en ek maak klaar in 4H43 en ek kwalifiseer om Comrades te hardloop !!!!!!!!

Terwyl ek nou so terug dink onthou ek iets van 'n moontlike 4H00 met die negative split teen 5min/km terug van die 21 km draaipunt, kyk op 40 km het ek die gedagte heeltemal verban. Ek het ook so sêding oor die Argus, " Dis vir onfiks mans en huis vroue en bykans almal kan dit klaarmaak met die minimum oefening " in my onkunde het ek ook so iets geopper oor die Comarades, ek trek dadelik alles terug. Jy moet regtig oefen vir die Comarades en dis vir baie fikse mans en huisvrouens wat die heeldag oefen anders gaan jy dit nie maak nie.

Eduard se eerste vraag na die wedloop aan my was " Nou wat nou van die Comarades ?" My antwoord " Is jy bedonnerd, jy moet die hele jaar vir die ding oefen, ek weet hoe ek op 42 km gevoel het, dan moet ek nog 'n 42 km doen plus nog 'n 4 km wat ek nie weet waar ek die krag vandaan gaan kry nie."

Ek het nou moerse respek vir enige man of vrou wat die Comarades klaarmaak om nie te praat van Andrew Barnes nie, en so besef ek weereens dat my 90 kg piekante lyfie eerder vir downhill racing gebou is as hardloop .......

Sal ek dit weer doen, JA en as ek klaar is met die Freedom gaan ek verseker oefen vir die Comarades....... en die Ysterman en ek weet nog nie wat volgende nie.....