4/06/2012

Nuwe Challenge !!!!!

Die nuwe Challenge in my lewe.

In my klein wêreldjie gebeur dinge baie vinnig, eintlik soos 'n groot maagspoel.......

Die een Vrydag oggend gaan ek nog werk toe en teen die aand het ek blitsig 'n besigheid gekoop, sonder dat ek geweet het dit gaan gebeur. So is alle Challenges in die lewe maar, dit kom soos 'n groot maagspoel, en met tye gee dit jou 'n helse Smile en ander kere 'n maagspoel.

Ek is maar gebou vir 'n Chalelnge, uitdaagings vul my lewe en sodra ek my doel bereik het, moet ek die volgende uitdaaging aanval, in die geval Glass North West. Ek is blykbaar 'n moeilike perd om vir 'n baas te werk, te reguit en regied, dis of swart of wit, grys areas bestaan nie vir my nie en ons speel volgens die reëls. Nie almal stem altyd saam met my manier van doen nie, veral nie in die wêreld waarin ons nou leef nie, daarom hou ek van uitdaagings waar ek in beheer is.

Ek het my beste gegee en in die poging het ek twee jaar agtereenvolgens die GM toekenning van "Verkoopsbestuurder van die Jaar" verower, iets wat ek nie sou kon doen sonder die span wat saam met my gewerk het nie, en ek is baie trots op hulle. Ek sê altyd ek is maar net die bestuurder van die vaartuig, ek hou die stuurwiel vas en gee rigting en sonder die enjin en die res van die vaartuig sou ons nêrens heen kon gaan nie. Ek het die top punt van my bestuurs loopbaan bereik en was soekend na die nuwe uitdaaging, ek het nie geweet waarna ek soek nie, maar ek het geweet ek soek.

En so daag "Glass North West" op voor my deur, en in 'n oogwink besluit ek dis my nuwe uitdaaging. Die bottervlieë het al kom draai in die maag en sal seker weer kom draai, maar ek is in my element, ek geniet elke oomblik en dit kan net beter gaan. Alle dank aan die Liewe Vader wat die besigheid oor my pad gebring het, dit is vir my 'n groot voorreg om my talente, kennis en ervaring tot Sy Wil aan te wend.

En die Freedom Challenge ?

Man ek gaan dit mis, net soos in my lewe, glo ek dat ek my beste gegee het, ok ek dink ek kan nog so dag of wat afskaaf aan my beste poging sover, maar my oogmerk het verander. Ek wil dit graag saam met my familie deel, ek wil dit so graag met Melanie deel en die kinders is nog te klein om dit te mag doen, daarom het ek my broer oorrompel en besluit op die tandem.

Die ervaring wil ek graag saam met my broer deel, byde van ons is maar kompeterend van aard en ek glo ons sal 'n goeie span maak, maar ons poging gaan moet wag tot volgende jaar. Ek vind myself baie aande staar na die sterre, diep binne my is daar 'n hunkering na die Freedom Challenge, dis dalk die Challenge van my lewe en dalk die enigste plek waar ek myself kan uitleef en vind. My hart wil skeur as ek net daaraan dink dat ek dit nie gaan mee maak nie, maar soos alles in die lewe met God se Wil gebeur, netso het die Here die besigheid op my pad geplaas en daarom sal ek met my talente woeker tot Hy my weer 'n kans gee om die Freedom te geniet.