6/18/2017

Dag 3 Glen Edward - Malekholonyane

Die spekkies brand en dit wil wil voel of ek sterker word, gelukkig teen die tyd wat ek in Rhodes aankom, behoort ek weer so sterk soos die ou Rusland te wees.

Melanie en die kinders, wil graag hê ek moet jaag, ek voel ook soms so, maar die bene nog nie heeltemal nie.

More mik ek vir Rhodes, laat ons maar sien hoe die geveg hom uitwoed.

Sent from my Sony Xperia™ smartphone

Slaapkranz - Brostelea

Tim vra my om saam met hom te ry, ek kry die briefie en 'n omkoop chocolate van hom toe ek wakker word. Om vir Tim nee te sê bestaan in my woordeskad nie. Ons het mos al immers amper die hele roete saamgery.

Tim praat my gou gou in 'n 12 dae klaarmaak in, heel malligheid in my oë, maar nouja die plan is om Romansfontein te haal voor die aand draai.

Ons vorder goed, by Danie van Moordernaarspoort vir sy nou welbekende butternut sop in 9 ure. Ek en Tim wonder nou nog oor hoe die manne dit in 5 ure doen, want dis nie asof ons gespeel het of verdwaal het in die donker nie, maar nou ja sommige ouens is vinniger as ander....

So ontvang ek mos 'n oproep van my geliefde vroutjie op André se foon, want lyk my MTN is besig om te ontrek van die deel van die aarde. Ek sou nou wou hoor hoe lief is sy my en hoe baie sy verlang, maar nee ek word geskel, slapgatgeit om 15H00 by Support Station te stop, tot die vrouens ry my weg....en dan wonder ek waar kom my kompeterende aard vandaan, hulle wil maar net hê ek moet goed presteer sodat hulle trots op my kan wees.

Tim praat my in die 12 dae ding in, maar dan moet ons Romansfontein vandag maak, ek stem in, maar oppad na Brostelea verander my wysie, dit was net nou die dag -11 oppad na Chesneyworld, Molteno was -16 op dieselfde dag, ons is net na 19h00 by Brostelea en die 82km in die donker op moeë bene kan gou 9 ure se trap raak. Indien ons, ons gatte roer en nie met moeë bene trap nie en ook nie rond tas in die donker nie, behoort ons teen 3H00 / 4H00 daar te wees.

Dis klaar 2.vrek koud, die nuwe koorsblare vorm nog vars in my mond, ek onthou nog te goed hoe 'n 5 uur skof in 'n 9 uur skof vrrander het en ek besluit ek het mie lus om vir 25 ure+ te ry, waarvan 8 in 2.vrek koud omstandighede gaan wees. Ek kan liewers warm slaap en more vroeg laat waai en breakfast saam met Tim geniet....



Sent from my Sony Xperia™ smartphone

6/16/2017

DAG 4 Malekholonyane -Rhodes

My plan is om 2H00 weg te trek, JT en Leon wil hê ek moet saam ry, maar ek is nog te swaar in die broek, hulle los my by Ongeluksnek, my dif trek nog swaar....

Op Blackfountain vang ek hulle weer, hulle het so bietjie van 'n klein Picasso gemaak, vinnig is ons weer op koers. Blackfountain bly maar 'n bliksem in die donker en 5 ure later trek ons by Tinana in.

Hulle besluit op die alternatiewe roete uit, dis weer 'n moerse klim en my diff wil, wil olie lek en hulle trek weer onder my uit 11h25 herenig ons weer in Vuvu. Ek besluit om die Vuvu hoendertjies te los die keer,  julle weet natuurlik dat hulle honde gebruik om die hoendertjies te jaag en lekker taai te maak....

Op Lehanas pak my diff op, nie genoeg ge-eet nie, moes dalk 'n taai hoendertjie in die keel afgegooi het. Smaak my Afriski het hul sneeu masjien aan vergeet, dit voel of ek in 'n vrieskas inklim. Ek begin bewe soos 'n riet, sukkel om my skoene aan te trek, gee sulke lang floeke wat niemand hoor nie, dis flippen koud, my hande is gevries en die son skyn nog.

Rhodes is een van daai plekkies wat nooit nader kom nie, deels omdat jou bene moertoe is en deels omdat die plekkie wegsteek is en min huise se ligte brand. Daar is 'n moerse afdraande,  net om jou heeltemal te vries en dan daag die laaste 10 km aan, en Rhodes wil net nie gebeur nie, seker maar omdat al die olie uit my dif is...

Sent from my Sony Xperia™ smartphone

6/12/2017

Dag 1 PMB tot Centocow

Blybaar nie 'n dag vir foto's nie, ook nie vir 'm vet seuntjie nie, gelukkig dink ek daar is nou net 6kg oor van die spekkies liquid energy. Wonder bo wonder het ek ook nie gekramp nie, dis 'n eerste vir my. Ek het gedink ek gaan soos 'n riet bewe wat die rittel dans doen.....

Ek kan dit seker toe skruif aan die goeie raad wat ek gekry het, pace jouself,  wel my pace het baie loop en stoot ingesluit, Hela Hela se 1000m klim bly 'n bliksem en ek het vandag amper die hele helse ding uitgestoot.

More is nog 'n spekkie brand dag, hopelik brand ek al die spekkies op voor Rhodes, dan kan ek dalk begin race....

Sent from my Sony Xperia™ smartphone

6/11/2017

Freedom Challenge 2017


Ek voel soos 'n opgewonde hop balletjie met 'n hele span bottervlieë in my pens. My palm nat gesweet, my maag al werkend, wonder ek wat vir my voorlê, nie dat ek nie presies weet nie....

Hierdie Freedom Challenge weet ek al 'n jaar van, oefen ek as jy dit oefen kan noem al van Desember, eintlik Januarie. Dis 'n roller-coaster voorbereiding gewees, want dan ry ek en dan nie, 'n maand gelede het ek vir Meryl ingelig dat ek dit verseker nie gaan maak nie. Haar woorde aan my was dat sy my op los tot die dag wat ek moet wegtrek, maar in my kop het ek klaar afskeid geneem, ek gaan nie ry nie. Ek was in 'n stormagtige see, wat die een duining na die ander op my gestoomroller het, 'n Kaptein spring nooit van sy skip en los sy verwarde bemanning in 'n onstuiming see nie, jy doen dit nie!!!

Die recce saam met Mike en Jacques het weer die kweinende hungerende flammetjie aangesteek, tog het ek bloed geweet, gekramp soos 'n bewende riet, my kop het my bly vertel dat ek nie reg is nie, maar die hunkerende vlammetjie het al duileliker begin brand. Ek het die Here gevra vir 'n teken en Hy het dit vir my gegee, ek moet ry.

En hier is ek 7 kilo's swaarder as my ideale gewig, met 'n fiets wat op 99 aan mekaar gevlans is, sonder broodjie bokse. Ek weet nog nie hoekom ek moet ry nie, maar ek weet ek moet ry, en dat ek die eerste paar dae bloed gaan sweet is 'n feit soos 'n koei....

Sent from my Sony Xperia™ smartphone