7/21/2014

" Freedom Challenge 5 Jaar se wedervaringe " Die Boek


Ja julle lees reg en julle het my oortuig om die boek te skryf, dis blykbaar nie so maklik soos druk die knoppie en walla daar's 'n boek nie, toe nou nie.......

Die beplanning is om my blog te omskep in 'n boek met bykomende inligting.

Ek benodig inligting spesifiek oor die Freedom Challenge waaroor julle graag wil lees :


  • Wat wil julle graag lees ?
  • Die titel van die boek
  • 'n Unieke hoek vir die boek, en die inhoud
  • Waaroor moet ek skryf wat nie in my blog verskyn nie.
  • Foto's wat julle graag wil hê ek moet plaas.
Die boek gaan vir eers in Afrikaas verskyn, ek sal eers my Ingels moet opknap voordat ek dinge in Ingels probeer vaspen, Ingels rol nog nie so lekke van die tong nie.

Die boek gaan basies handel oor 5 jaar se wedevarings deur myself onderneem en daar behoort baie van die bestaande hoofstukke uit die blog gebruik te word.

Dankie vir julle insette.....

7/12/2014

5 Freedom Challenge's die vol sirkel.....

Van die begin het ek die gevoel gehad dat dit seker my laaste Freedom Challenge in 'n baie lang tyd gaan wees.........

Hierdie Challenge, my laaste een in 'n lang tyd moes dus sy merk maak, ek was nooit gepla oor wen of enige poduim posisies nie, die doel was net om my eie persoonlike beste 15 dae rekord te breek en daarom moes ek elke dag verder ry as wat ek in die verlede kon doen. Ek moet sê my pogings om voor die jaag duiwels Graham, Glenn en die res te bly was ook 'n aansporing, ek weet hoe voel dit om iemand te jaag, hom te ruik, sy vars spore te sien, die warm bed te voel waarin hy minute gelede geslaap het en hom net nie kan vang nie.

Daar was tog tyd in die dolle jaagtog om plekke te besigtig en kwaliteit tyd te spandeer op spesiale plekke om dit vir 'n laaste keer in te neem, een was die Maria Zell kerk, moet sê dit was regtig die moeite werd. 'n Ander een is bo-op Bontehoek, dis nogal 'n spesiale plek vir my, Klerksdorp is maar 'n plat plek, miershope is ons hoogste berge, afgesien van die mooi is dit vir my die skeiding tussen regte berge en platter wêreld vorentoe, baie makliker en vinniger vir my.

'n Ander baie spesiale ding vir my is die sterre, ek het regtig elke aand geniet wat ek buite geslaap het, dis wonderlik om jouself wakker te hoes, jou oë oop te maak en vir 'n oomblik die hemelse skoonheid van die sterreprag in te neem en dan verder te slaap. Die sterre op die Freedom Challenge is regtig so naby, jy kan hulle pluk, jy voel ook sommer baie nader aan die Hemelse Vader en die gerustheid dat Hy op jou neerkyk, bring 'n rustigheid in jou hart wat jy net op die Freedom Challenge kan ervaar.

Die sterre en die volmaan het my al baie per geleentheid na my slaapplek gelei, ek onthou spesifiek my 2de Challenge toe ons sonder ligte teen Lehana's uit is. Dit was 'n wonderlike ervaring, so asof jy met elke tree nader aan die sterre en die Here klim. Die sterre het my ook vyf keer in 'n ry na Elandsberg gelei.

Vuurwerk vertonings, die verskietende ster, 'n helse bol vuur wat die wêreld verlig is ook heelwat beter op die Freedom Challenge, dis so asof jy moet koes vir die vallende ster....

Dit het my 5 jaar geneem om te besef die Freedom Challenge gaan eintlik oor 'n baie hegte vriende kring, dis soos weermag, net die manne wat daar was kan saam praat en die ervaring oor en oor deel. Vriende ja, in tye van afkak word hegte bande gesmee en die Freedom Challenge is 'n baie warm yster, maar daar word nie net hegte bande tussen deelnemers gesmee nie, ook tussen die support stations, ek dink aan mense soos Christo Botha, die Freedom Challenge is half leeg sonder die groot man.

Dan is daar ook vriende wat familie geword het, Andrè en Joyce van Slaapkranz het my nuutste familie geword en het 'n baie spesiale plek in my hart. Dit was altyd 'n groot voorreg om by hulle oor te slaap, hulle was altyd behulpsaam, besorg en vertroosdend en genesend, ek het hulle altyd met 'n warm gevoel en nuwe lus verlaat. Dan is daar ook Danie van Moordenaarspoort, altyd gereed met 'n plan, Sandra en Diederick van Kranzkop, Geloof Hoop en Liefde is al wat ons nodig het. Stefnie en Wil van Roomansfontein, ek kon altyd op Wil staatmaak vir iets van sy fiets in 'n noodgeval. Amanda van Stuutgaurd geseles die Freedom Challenge borrelend aan die brand, Oom Gawie van Gansvlei in die Schufteberge, my lewensredder beskermer van 'n ontmoeting met Rageltjie de Beer.

Oom David en tannie Verity van Struishoek, dis nou wragtig spesiale mense, wag vir jou tot laat nag, jy mag eenvoudig nie verby sonder 'n kuier nie, oorslaap is eintlik 'n moet. Oom David het selfs per geleentheid terwyl hy in Suid Wes was vir my 'n oorslaap in sy Struishoek Hotel gereël, hulle is die mense wat my hart altyd baie warm laat klop het. My beplanning die jaar was om naby Gegun iewers onder die sterre te slaap, maar ek kon net eenvoudig nie verby Oom David hulle gaan nie, geweet as ek aanklop sou ek in my eie hotelbed by hulle moes slaap en kies toe maar die afdak langs die gerage. In my hart was ek naby hulle en het ek hulle liefde en ondersteuning ervaar, sal verseker weer 'n draai daar moet gaan maak.

Dan is daar ook mense soos Hestelle van Dam se Drift, waar in die lewe kry jy goeie kos en gasvryheid met 'n haarsny ? Die volgende baie spesiale mense is Johann Rissik altyd gereeld met 'n lekker koppie koffie al is dit in die baie vroeë oggend of laat aand ure van die Challenge, man so koppie koffie gee mens net weer nuwe moed vir die wind. Ria en Lindsey van Dennehof, in my oë die 6 Ster hotel van die Challenge, jy word op jou hande gedra vandat jy daar aan land tot jy weer vertrek, jy word letterlik vernuwe by Dennehof en dis met nuwe krag wat jy die laaste deel van die tog aanpak. Oom Gerhard en tannie Ronel van Rouxpos verdien ook 'n spesiale plek in my hart, altyd bly om ons te sien, gereed met lekker kos en die heel lekkerste waffels en roomys op die aarde !!!

Die  mooi van die Challenge, die eerste deel van die Challenge tot in Rhodes is altyd vir my die ergste, deels omdat ek van plat wêreld kom en jy in jou moer in klim en dan ook omdat alles al ewig afgebrand word, die enigste mooi deel is die deel van Blackfountain na Tinana en dan ook die sterreprag van Lehana's as jy dit in die donker aanpak. Dan volg die deel van Rhodes na die Baviaans waar die mense vir my die mooiste deel is, warm hart mense wat jou enige tyd sal in nooi vir 'n koppie koffie, 'n biertjie en selfs 'n skaap tjoppie, dis so asof hulle jou wil vashou en jou vol ware omgee mens wil prop. Sout van die aarde mooi mense en die mooi oorskadu die mooi van die naruur by verre.

En dan volg die regte mooi van die Freedom Challenge, die Baviaans en Gamkaskloof en net om dit baie meer aanliklik mooi te maak gooi David die Osseberg nou Modor genoem in, kyk om die mooi te geniet moet mens eers swaarkry en suffer en dis presies wat die osseberg doen, dog ook mooi in eie wese, maar dit bring 'n wildheid en vrees in baie challenger mee. Kyk daar wil jy nie verlore raak nie, al is dit hoe mooi, dis as die Osseberg jou verswelg, dit dreineer jou energie, vreet die tyd en dis ongenadiglik, die dorings verteer jou en dis so asof die plek jou siel opvreet, jy smag na lewe, na beskawing en al waaraan jy kan dink is dat jy daar wil uit.

Net wanneer jy dink jy is verswelg verskyn die Baviaans, ongeskonde mooi en nuwe lewe borrel deur jou are en jy spons die mooi op en vernuwe jou aanslag en dan kom die winde van verandering tussen Prince Albert en Willomore, 65 km per uur winde laat jou gou van die mooi vergeet en jy nodig iets soos die Swartberg pas en Gamkaskloof om weer nuwe lewe in jou in te blaas en dis presies wat dit doen. Dit tel jou op en plaas jou op 'n nuwe " High " jy weet die einde is nie ver nie, dis eintlik oogknippe en oomblikke ver en dan vind jy jouself in Stetteyns....

Stetteyns die plek wat jy met 'n baie heilige ontsag betree, heilige grond sê ek jou, dit worsel die laaste emosie uit jou uit, bring jou letterlik op jou kniee, slaan jou oë op na die Hemel en jy vra die Liewe Vader om jou tog net krag te gee om jou deur te sien.

Terwyl jy worstel, wonder jy baie hoekom David die deel ingebring het, jy verwens en vervloek David, gaan sy nek omdraai as jy eendag Stetteyns oorwin en jy swoeg voort, stoei, breek gooi en ploeter en stadig kom die einde in sig. Huil soms van moedeloosheid, soms van woede en soms omdat jy weet die einde is in sig en wanneer jy eintlik bo uitkom wil jy vir David soen en omhels van vreugde en nou weet jy eintlik hoekom hy die verswelgende deel ingesit het. Stetteyns dreineer jou, wurg die laaste emosie uit jou uit om plek te maak vir die Freedom Challenge ervaring, met 'n knop in jou keel pak jy die laaste deel aan, en emosies spoel oor en oor in jou heen, trane vloei vrylik en jy het 'n nuwe waardering vir die wêreld........


Die Du Toit's Kloof pas louter die nuwe ervaring, emosies word gesmee in vlees en bloed en 'n hunkering word gebore, dalk nie dadelik nie, maar in die komende weke sal 'n soeke ontstaan om jouself weer te ondek op die Freedom Challenge........

,
 Hoekom jy wil terugkom weet jy nie, maar jy weet jy wil terugkom.....

Die Freedom Challenge verander jou, verseker ten goede, jy bekyk die wêreld met nuwe oë en waardering en jy hunker om terug te kom om verder in die hoogoond van die Freedom Challenge gesmee te word....

Dankie my wonderlike vrou en kinders vir julle ondersteuning, dankie dat julle in my vermoëns geglo het en dat julle altyd daar was vir my. Ek hoop ek het julle nie te veel afgeskeep in die soeke na myself nie, maar ek kan julle een ding verseker sonder julle ondersteuning en liefde sou ek dit nooit gemaak het nie. Altyd net 'n oproep ver vir vertroosting en liefdevolle motivering, baie keer was ek soekend na sein, smagtend net om julle stemme te kan hoor. Saam is julle in my Freedom Challenge ervaring in murg en been gesmee, Melanie het die jaar selfs met die ervaring van die jare vir my 'n werkende sub 15 dae plan opgestel en dit maak werk. Ek kan nie genoeg dankie sê vir alles wat julle vir my betekin het nie !!!! Ek dra julle in my hart, julle bruis deur my are en julle was altyd in my gedagtes, sonder julle kan ek nie.



Sonder die hemelse Vader sou niks vir my moontlik gewees het nie, dankie Here vir die voorreg om aan die Freedom Challenge te kon deelneem, dankie dat U altyd u beskermende hand oor my gehou het, dankie dat U ook my kosbare familie beskerm het tewyl ek weg was. Here dankie vir elke dag se krag, dankie vir die voorreg om in U paradys te kon deelneem, dankie dat ek U kon ervaar in die sterre prag, in die majesteuse berge, in die wonderlike mense op die roete en in elke stap en trap. Here dankie vir gesondheid en die voorreg om die Freedom Challenge herhaaldelik te kon geniet, neem U ook nou my hand in my soeke na 'n nuwe avontuur. Amen


7/01/2014

Final Push


23H00 trek ons weg by Good Hope, dit voel of ons nog 30 min langer vat om by trappieskraal uit te kom, ma nou ja ons maak darem nou klaar.
Net voor die teerpad mik Klaas Vakie vir my, ek dodge hom en sak sommer net daar in die veld neer vir 'n 30 min uiltjie.
Met die opstaan slag voel ek sommer goed en storm die teerpad, ek ry lekker en die pad is stil. Net voor Klipbokkop trek 'n bakkie agter my in, ek dog die man wil gesels, maar hy bly net daar en gooi sy ligte die hele pad vol sodat ek mooi kan sien. My ligstraal van die nag verlig die pad tot by die Brandvlei tronk pad, waarna hy links draai.
Ek jaag opsoek na sein, soekend na my wonderlike vrou se motivering, wil net graag haar stem hoor, dis al wat ek nodig het. Die mis hang dik, dalk 'n teken van wat vir ons wag by Stettyns.......

Graham is so uur of wat voor my by Trouthaven en vergeet die Yale Lock aan. Met my aankomslag vind ek die plek gesluit, klop en roep, maar as 'n man moeg is hoor jy nie sommer nie.
Aangesien ek soveel kere buite geslaap het, lyk die tafel vir my na 'n goeie slaap plek en ek sak sommer daar neer. Na 40 min is ek wakker, probeer weer vir Graham wakker te maak en die keer hoor hy.
8H15 trek ons weg na Stettyns, die eerste helfte gaan baie goed, netso oor die 2 ure, en daarna moes ons maar die Bell Bull Dozer inspan. Hulle het die plek so baie water gegee, die rivier het amper weggespoel. Ek oorweeg dit op 'n staduim om in die rivier op te ploeter. Die padjie wat daar was het toegegroei en die twee perde wat voor ons daar was moet verskriklik uitgeteer wees, rietskraal is dalk die regte woord, want hulle het nie 'n pad gemaak nie.

Nou kyk ek was een van Sean Badenhoert se buffels voor die aanvang van die slagting, ek is dalk nou 'n Blouwildebees, die sogenaamde arm man se buffel, maar beslis nie rietskraal nie. Dan is ek ook nog deur Bell ingespan en ek maak 'n PAD, Graham kyk met 'n hamburger smile reg rondom die kop na die pad wat ek maak. Gewoonlik by die punt in die race neem die woede in die buffel in my oor, my liggewig 17kg mtb word deur die lig vorentoe gewerp met 'n paar Afrika karate krete en die pad word lekker breed gebou vir almal om te kom.

Graham belowe om die volgende pad te bou en sy beurt breek by die laate rivier kruising aan. Die keer staan ek met die hamburger smile ten aanskoue en aanhoor van sy Afrika karate krete. Dis hoekom mens twee moet wees in die duiwel se speel plek, humor is 'n goeie ding, dit hou mens aan die gang.

Uit die kloof soekend na sein bel ek my liefste vrou, ek is klaar, nog net so 10km van Du Toit's Kloof pas en dan afdraande tot by die huis. Ek belowe my vrou die keer is ek regtig klaar, en ek is, my voete is klaar, my kniee is gaar, my gat is so seer ek weet nie of ek moet staan en sit nie. My kop is moeg, dis 'n harde uitdaging gewees, buite slaap is nie grappies nie, nooit koud gekry nie, maar kos, water en higiene stel ander uitdagings.....

Die pas is klaar nou net die laaste woers warts afdraande, die trane spoel in my oe, ek herleef die hele challenge, ek mis my vrou en kinders, dis donker en die volgende oomblik is dit pikdonker. My battery is pap en net my flou kopliggie bly oor, hy is so flou as ek te vinnig ry, ry ek bo-oor die skynsel. Voel voel my pad in die donker, vind ek die Diemersfontein hek. My goeie vriend, nou bloed broer in die race Glenn wag my in, altyd bly om die broer van my te sien volg ek sy ligsoor na die einde.

My wiele rol oor die eindstreep en my pa en ma wat my reg groot gemaak het, groot gemaak het om dinge soos die aan te pak, te veg en te oorwin wag vir my by die einde !
1ste Graham Bird 12 Dae 13H00

2de 14 Dae 13H20

Tyd om die kombers te geniet.......

Dankie Ma en Pa dat julle van my 'n oorwinnaar gemaak het, hierdie kombers is vir julle, vir al die kosbare tyd en opofferings wat julle in my ingeploeg het en vir die mens wat julle van my gemaak het. Sonder julle insette sou ek nooit so hardegat mannetjie kon gewees het nie......

Dankie Ma en Pa !!!!








6/30/2014

Anysberg na Good Hope

5H00 in die pad, go go go wil vanaand Trouthaven toe.....Jaag tot by die grondpad, Klaas Vakie moer my plat net voor die grondpad, maar die 20 min cat naps is besig om vir Klaas Vakie die skrik op die lyf te jaag. Die pad vlieg verby en netso oor die 6 ure toe is ek in Montagu. Gelukkig hoef ek nie meer oor Klaas Vakie te worry nie, ek het nou 2 saal sere wat my wakker hou !!!

Saal sere is eintlik wonderlike goed, hulle laat jou staan en trap en dan vlieg die kilo's sommer vinnig verby. 2H45 later toe drink ek 2 coke's in McGregor alles mooi in plek vir Trouthaven behoort so oor 2 ure en 'n bietjie in Good Hope te wees.

David het 'n nuwe pad na Good Hope gemaak, hy het ou apartheid era Eskom padjies herontdek, apartheid is lankal verby en die pad is al 20 jaar in sy moer in. Wat ons gewoonlik net so oor die 2 ure na Kasra gevat het, vat my nou so oor die 4 ure na Good Hope en dis maar net so 7 km verder.....

Dis 20H00 en as ons nou ry, dan is ons 4H00 in Trouthaven, en dan ry ons meer as 24 uur aan mekaar. Ek is moeg die moer in, dan moet ons maar meer as 'n cat nap vat.......

Prince Albert - Anysberg

3H00 in die pad, gaan 'n lang dag wees......Die mis waai stringetjies oor my en Swartberg is 'n lekker lang klim, bo gekom wil ek met Melanie praat, niks sein nie, te veel wolke. Klaas Vakie spring op my rug en soos 'n bok wat die doodskoot ontvang het val ek neer en slaap vir 20 min........

Voel sommer baie beter toe ek daar opstaan, nog steeds nie met my wonderlike vrou gepraat nie en daar is nogsteeds nie sein nie en ek mis haar baie, vrek baie...... Neuk maar in die kloof af en daar waar daar nie sein moet wees nie, daar kom die boodskappe deur, en ek en my wonderlike vrou kan praat. Vol nuwe moed sien ek 'n pragtige sonsopkoms en raak weer lus vir ry.



Van hier af is daar net een woord en dis AFKAK, geen ander term of beskrywing nie net AFKAK. Ek weet as ek gelukkig is gaan ek meer as 2 ure per nag slaap, ek weet ek gaan soos 'n oos indiese resies hoender moet trap en daar gaan nie eers tyd wees vir blog skryf nie.

Die duiwel se kombuis vlieg verby, tannie Ronel van Rouxpos se water tand waffels steek lekker vas en die moerse lang 40km klim van Roupos na Anysberg draai my brieke heeltemal vas. Jy weet Anysberg is net daar, maar dit kom nie. Jy's moeg en gatvol en jy wil graag slaap maar Anysberg kom nie. Jy trap harder, vloek meer, skree maar die aarde gee nie antwoord nie, en Anysberg kom nie nader nie. En dan uit die donker, soos 'n spook verskyn Anysberg se kantore. Tyd vir 2 ure slaap.......



6/26/2014

Die baie winderige dag !! Willomore na Prince Albert

Kyk ek het spesiaal die kak wind aangevra, net om te dien as herrinering dat dit my laaste Freedom Challenge is. Vandag was daar nie kans vir moeg speletjies nie, die wind het jou oe sommer mooi groot oopgewaai, sommer die snot uit jou neus ook as jy dink jy's punt in die wind.

3H00 begin ry en 18H30 klaar gemaak met net 150 km = 10km per uur, ek kon net sowel gestap het. Melanie het my teen die wind gewaarsku, maar hoekom sal ek nou luister, die wind gaan lê dan altyd in die nag, maar nie die een nie, hy word erger.....

Gelukkig is dit ek en Graham Bird, maar na 10km besluit hy, hy moet sy ontbyt afslaap en dis soos die klik van 'n skakelaar toe slaap hy......Ek beer voort, soek die positiewe om op te fokus, gelukkig is Klerksdorp baie winderig, maar 65km/u winde is nie grappies nie. Ek lees die woorde op my headset :

"Fear Nothing" en hou die Polar dop, ek vorder stadig maar kom elke kilometer nader aan Prince Albert....

Graham vang my weer, hy is baie gefokus, wel vir hom is dit eintlik werk, Merell borg hom, daarom die kliniese vordering. My tenk hou my terug en ek sê hy moet gaan, eintlik hou ek van alleen ry, alles gebeur teen my spoed en met my wil en wete en Graham verdwyn net om, om die volgende draai met 'n koppie koffie wat hy aangekoop het vir R10 te verskyn......

Die wind waai harder, hoor dit was
65 km/u en al waaraan ek kan dink is David en die res van die spul wat lekker kry tot in hulle klein toontjies....

Dit begin reën en om te fokus op die positiewe raak al moeiliker, gelukkig vind ek 'n ligpunt, as dit reën kompakteer dit die sand paaie en dan gaan ons mos makliker teen die wind ry..........

Val onbeplan by Rondawel in, teen die wind het mens vertroosting nodig en dit kom in die vorm van lekker geselskap en vetkoeke en 'n paar glase coke, wonderlike goed die coke, gee my sommer nuwe krag teen die wind.

Met die hervat van die nuwe aanslag teen die wind is my kniee moer seer, dit vat so 5 km om hulle weer warm te maak en van die pyn te vergeet, my kniee is lekker dik geswel, die quads se ligaamente lyk soos 2 piesangs wat my knie omhels en ek weet ek moet spoedig 'n einde aan die race maak, hulle gaan nie hou nie.

Lindsey neem van die pyn weg met 'n lekker koppie koffie, die sinkplaat pad draai die brieke aan en die wind het nou al sy brieke verloor....... en al waaraan ek kan dink is die feit dat ek heel moontlik 'n halwe dag gaan verloor oppad na Gamkaskloof....

Prince Albert is eintlik die ideale Cape Epic dorpie, jy sien hom al van ver, al die wonderlike liggies en dit voel naby, en dan vat hulle jou op 'n ompad met so lekker klim en jy bekruip die dorpie so van agter, gelukkig verdwyn die wind ook so met die bekruip slag.

Ria vertroos ons met 'n lamp skenkel wat wegsmelt in my bord, ek sluk sommer ook 'n bier ( Robbie Mcintosh se recovery drink) af en top dit op met 'n goeie glas rooiwyn. Al my klere word vir die 2de keer gewas en ons sal vroeg oggend weer die aanslag hervat, slaap is al wat nou gaan help.......

Ek is moeg, my droopy oë hang oor my Bob the hitman Skinstat tong, ek moet met een oog korrel om
sien wat ek maak.

Moedeloos moeg is die woord, ek moes nou al ver oppad na die Hel gewees het, nog 'n halwe dag verlore en dis soos die wind verby, ek kan dit nie opmaak nie. Dis maar hoe die Freedom Challenge werk, jy moet beplan, en jy kan beplan soos jy wil, maar moeder natuur klrap dit altyd om.......

Lekker slaap......


6/25/2014

Klaas Vakie dag......Cambria - Willomore

Klaas Vakie kom donner my sommer vroeg rond op pad na Dam se Drift, en as dit nie genoeg is nie kom neuk die wind ook !!! Waai my 2 keer om op die berg en dis toe sommer dat ek met een klap vir Klaas Vakie en die wind donner.

Bergplaas, 24H00 sak ek neer op die mooi groen gras, dit was 'n lang dag, ek het bosbreker in Modor gespeel en moes toe nog 'n plan met die fiets ook maak. Trek 3H00 weer weg, gelukkig hou die koue my wakker, maar o wee toe die son opkom ry ek ses spore. Ek raak ge-irreteerd met my mopkop en my baard en Hestelle doen die nodige regstelling, sny soos 'n ware boervrou die mopkop skoon met 'n nommer 4 kammetjie knipper.

Trek weer weg, 'n half uur later vang Klaas Vakie my, my Droopy oe hang oor die handel bars, my Bob the Hitman Skinstad tong sleep op die grond en die spoeg drup, drup soos 'n ou parkie kraan. Hoe de moer bly jy wakker as jy so voel, slaap boetie slaap en dis wat ek nou gaan boetie. Ek gaan nou slaap......

My wonderlike vrou waarsku my teen die wind en reën van more, maar ek is moeg, en hopelik gaan lê die wind....

6/24/2014

Dag 10 ook nie seker nie Bucklands- Cambria

Kom 21H40 by Hannes aan, eet gou en slaan kamp op, slaap lekker snoesig in my slaapsak. 3H00 op, maaak 'n koffie eet 'n beskuit en val in die pad.

Die beplanning is om so 14H00 by Cambria aan te kom en dan deur te skiet na where ever. Alles loop wel tot ek met my gat in modor land en sommer by die eerste kruising kry ek vir Liehann en Jill. Die verligting staal sommer op hulle gesigte, vra of ek hulle sal help en hoe sê mens nou nee. Ek het verlede jaar vir Avril daar gelos nadat ek aangeneem het sy en die twee mans ry saam. Modor is nie 'n lekker plek nie, nie eers vir my wat weet wat in die deurmekaar spul aangaan nie. Ek weet ek gaan tyd verloor deur die twee te help, maar doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê, ek gaan in any case nie vir 'n rekord nie en ek weet ek gaan baie beter voel as ek hulle help.


'n Song wat van die begin van die race deur my kop maal " What if God was one of u ? " maal weer deur my kop en ek maak my eie verse : Wat sou ek doen ? Wat as dit Jill en Liehann was ? Sou ek my lewe dieselfde gelei het ?  en dan kom dit weer..... " What if God was one of us ? "

 David praat iets van hulle wil 'n pad maak, ek weet nie wie's die hulle nie en ook nie van 'n pad nie, dit gaan beslis nie gou gebeur nie....... My beplanning vlieg in sy moer in, maar goeie gevoel om ander te help voel sommer baie beter. Ek sou beslis nie daar wou rond ploeter nie. Met die padbou -bosbreek neuk ek sommer my fiets ook op, buig die hanger en verloor 'n skroefie, ek hou sommer op ry. Ek dink aan my wonderlike vrou en 'n boer maak 'n plan,  Boer Werner van Kudu Kaya help sommer gou gou om die plan te maak werk.

20H00 trek ek weg na waarheen ek nie weet wanneer ek gaan slaap nie, ogies maar lekker gepof, maar klaarmaak gaan ek klaar maak. Ek het gelukkig saalsere wat net as ek aan die slaap wil raak, my herriner hulle is nog daar......en dis 'n stywe sit die pas uit......

Bergplaas bo op die Baviaans 'n lekker slaap plek op die groen gras......

6/23/2014

Dag 9 Oom David se Struisberg na Bucklands

Dag 8 se plan was om Gegund te maak, maar Struisberg se aandeel in seer voete en knie, het my net daar laat neersak in die oopte. Ek was bang oom David sien my en lê toe maar hinderlaag, lê laag en hinder niemand nie.

3H00 op los vir oom David en tannie Verity choclates vir al die jare se gasvryheid en val toe maar nie die pad. Al wat ek kan se dis warm, die wind waai die groot woorde uit my uit en dis net jaag, jaag en jaag.
Dis warm, somer son warm, ek sweet, my hare en my baard irreteer my grensloos en ek wil net die dag omkry. Die wind steek op en bring stof en meer iritasies, ek wens die dag om en jaag tot by die werkers huise. 'n Tuinslang bring koel lafenis en ek betree die Gwaas, sommer voor die rivier kruising het die son my droog gebrand, hoop ek het genoeg water.......Stop by die AA huis en kry brak water van die windpomp wat volspoed water uit die aarde tap. Skielik kry ek 'n bevlieging, in 4 jaar het ek nog nooit die Perde Poort in daglik gesien nie, 'n dringendheid beer in my op en ek trap sodat ek die keer, in my laaste Challenge die Poort in daglig sien.

Vir die eerste keer in 5 jaar sien ek die Perdepoort in daglig, nogal 'n belewenis en om dit te vier maak ek nou vir my lekker Johann Risik Koffie by Kleinpoort, dis mos afdraande van Kleinpoort na Hannes van Bucklands.......

Wat gaan more oplewer ??


Bucklands slaap plek, onder die sterre, wonderlik, as jy jou oë oopmaak sien jy net sterre........

6/22/2014

Dag 8 Skaap Skeer Stoor Andrew Jordaan na Struishoek

Recap net gou die dag aan die bokant van Struishoek Portage, as ek dit nie nou doen nie gaan ek vergeet. Het gister oggend 4H00 opgesstaan in die Engelse Blokhuis en gery tot vanoggend 2H00. Geen Engelse in of om die Blokhuis gewaar nie, hulle het seker gehoor daar is 'n regte hardegat boer oppad.....Moet sê, ek het nogal baie lekker geslaap in die Blokhuis, seker die dat die Engelse maar gesukkel het om die Boere raak te sien.

Mik vir Stuttgaurd maar die koue wind briek my, ek beluit om in Irwin Tam Safari's agter die muur van die groot hek te slaap. Gelukkig pla die wind so ek besluit toe maar op 'n skaap skeerder stoor om uit die koue wind te kom. Spring vanoggend 5H30 weg en toe ek die hek oopmaak waar ek wou slaap, loer die buffels vir my. Ek dog toe maar, staan net stil, jy stink soos 'n Leeu en lyk so deurmekaar soos een. En so kyk ons mekaar in die oe, 10 voet uit mekaar, en ek dog toe om maar 'n foto te neem, net as evidence as die buffel die leeu so storm.

Ek dink die buffels se verbasig was so groot, hulle staan nou nog daar, ook maar gelukkig dat ek nie baie bad nie......
 Die buffels kom my seker ook verwar het met die leeus se gebrul aan die oorkant van die pad, hulle was duidelik baie ongelukkig met die koue. Wys jou net hoe werk die Liewe Vader, as ek geslaap het waar ek wou slaap sou ek seker onder die neus van een van die buffels aan die slaap geraak het en dit kon dalk baie onplesierig ge-eindig het....
 Ek het al gehoor van 'n brandende doringbos, maar 'n gevriesde een, nog nooit nie, moet sê dis asemrowend mooi om te aanskou.

By Amanda van Stuttgaurd spring ek in die stort, probeer om van die leeu ontslae te raak, dink dit het so semi gewerk, ek het net een stel klere en twee broeke en Sandra van Kranzkop het hulle laas gewas.......

Mik vir Gegun en daar's nie tyd vir speletjies nie, Oom Gawie vlieg verby, so ook Schufteberg en die pad na Groot Dam, betree Groot Dam in daglig, die krag is af en ek wurg 'n paar broodjies af en val weer in die pad na Struishoek.

Ek probeer Melanie se sub 15 dae plan maak werk, hoop ek kom reg.... al wat in my kop maal, is push, push, push ! As ek die plan wil maak werk moet ek elke dag verder push as in die verlede, ek moet Gegun maak !!!!

Met laaste lig betree ek die klim by Tollie's safari's, bly maar altyd 'n stywe klimmetjie, maak goeie tyd tot by die hobbel pad klim, iemand het 'n skraper gekry en die hele pad omgedolwe en nuwe paaie geskraap......


Met die afdraai na Struishoek is my verbasing groot, hier is 'n Highway geskraap< en ek wonder of ek op die regte pad is, blykbaar was ek.......

Oom David se manne het Struishoek weer mooi gemerk, nog 'n plek wat ek nog net in die nag agter ligte beskou het, hier is 'n vrag water af, dit moes een of ander tyd vreeslik gereën het, oral lê los klippe. My voete is seer, stud pressure, en die ongelykte terrein doen hulle nie juis goed nie, my knie skree ook al en die tyd vlieg verby. Dis verbasend hoe lank die portage mens vat, altyd baie langer as wat jy dink, 23H00 slyp ek verby Oom David se huis, die ligte is aan en ek weet hulle wag vir my en om nee te sê vir Oom David en Tannie Verity se gasvryheid is onmoontlik......

My voete is seer, vrek seer, my knie skreeu vir ophou, pyn pille werk nie meer nie en ek gee in, dis vir my verbydend om naby Oom david hulle te kan slaap, dis amper of hulle daar is en ek sak neer onder 'n afdak, maak koffie, eet beskuit, sluk nog pyn pille en kom tot ruste, more is nog 'n dag, 'n ver dag.

Vroeg die oggend los ek 'n choclate en 'n paar pakkies lekkergoed vir Oom David hulle op die stoep, hoop hulle kry dit, voel baie skuldig omdat ek nie gaan groet het nie, maar ek moes buite slaap om fondse in te samel vir die Scholarship Fund en dit sou onmoontlik gewees het met Oom David se uitsonderlike gasvryheid......

Dag 7 Stormberg Blokhuis na Skaap Skeer stoor naby Tam Safari's

Die Kaki's is so bang vir die boer, hulle het nie eers naby gekom nie. Dis weer vrek koud, water bottel en Camel Bak pyp vries weer. Gelukkig is Mel net 'n oproep weg om my warm te hou.

Dis jaag, jaag en jaag en al waaraan ek dink is hoe om die 15 dae ding te breek en minder te maak. Vlieg soos  woeste warrel wind deur Romansfontein. Vlieg oor Aasvoëlberg en met die afgaanslag ry ek amper oor 'n likewaan in die middel van niks en nêrens. Wat maak 'n likewaan in die middel van niks op die Freedom Challenge roete.


Ek verlang huis toe, ek verlang my vrou en my kinders en bel sommer elke nou en dan net om beter te voel. Jaag, jaag Hofmeyr toe, lus vir 'n lekker koue coke, Hofmeyr hou blykbaar van die goed aan, kry sommer 2 van die goed en geniet 'n bietjie niksdoen by Karoo Bos. Hulle was klaar toe, maar vir my sal hulle oopmaak. Sit op die bankie en trek warm aan, dis nog 'n entjie Elandsberg toe, bel vir Mel, kry die nodige inligting en ons besluit op 'n plan vir die oorblywende deel van die dag. Ek mis haar, vir haar en die kinders, en dis nie sommer net mis nie, dis erg verlang. Mel is my ligpunt wat die Freedom Challenge roete aanmekaar werk, sonder haar sal dit maar sukkel gaan.

Ek en Mel bespreek die sub 15 dae ding en sy kom met 'n vreeslose plan voor die dag. Al wat oorbly is ek moet die plan volg. Oppad na Elandsberg draai ek op Glen se verdwaal paadjie af, gelukkig besef ek dit en verloor so uur, jy voel half magteloos in die donker maan, ek weet ek is op 'n pad, maar ek weet ook ek is op die verkeerde pad, ek kan enige plek slaap, maar as ek nou slaap verloor ek baie tyd.......

Draai maar om en soek die regte pad tot jy hom kry, bietjie meer as 'n halfuur is ek op die regte pad, alles lyk meer bekend, ek besef ook vir die eerste keer die portage na Elandsberg het ek nog net in die donker gedoen, sal seker in my moer in verdwaal in daglig.......

Vlieg deur Elandsberg en oppad na Stuttgaurd sien ek ln verkietende ster, einlik meer soos 'n ster wat ontplof, eem helse vuurbol wat die hele wêreld verlig en ek dink aan my vrou en ek wens ek was al klaar en by die huis. So entjie verder kry ek Steven se Aardvark, 'n bakoor jakkals wat vir my knipoog en 'n ystervark, die hele wêreld is wakker.

Daar's 'n nuwe hek aangebring by die Spekboobberg afdraai oppad na Andrew Jordaan se plaas, skielik is ek onseker, die pad lyk reg maar ek ken nie die hek nie en huiwerig ploeter ek voort, by Andrew se opstal weet ek, ek is op die regte plek en kies 'n pad tussen die werkers huise deur. Ploeter so 2km aan teen die koue wind, die plan is om agter die muur van Tam Safari's se ander hek naby die teerpad te slaap. Ek twyfel in die pad, draai om terug opstal toe, kry 'n ander pad, maar dis nie dieselfde wildshek wat ek ken nie, draai weer om. Ek is moeg, dis laat en ek is nie lus vir verdwaal en rond donner nie, kies die skaap skeer stoor, dis uit die wind en sommer 'n lekker slaap plek......

6/20/2014

Dag 6 Skeer Stoor Rossow na Stormberg Blokhuis

Dag 6 skop verskriklik koud af, kyk ek hou van die koue maar - 14 is nie grappies nie, tot my Polar wil vries. My waterbottel vries, my camel bak se pyp vries, die snot in my neus vries, my trane vries en ek is te bang om te pee....

Ek trek alles aan wat ek het, tot my reënjas en ek vrek nogsteeds van die koue. Later die dag voel my gesig of ek in 'n moerse bar fight was, dik geswel, maar ons like mos die Freedom dis mos dinge soos die wat jou terug lok vir meer punishment, en blykbaar het ek nog baie punishment nodig voordat ek genees gaan word van die Freedom..........

Alles is gevries, dis vrek koud, die afraande na Danie van Moordenaarspoort help nie juis nie, my hande vries, my voete vries en ek is bang as ek ophou trap vries ek en Moordenaarspoort vlieg in die donker verby, ek het nie water nie, niks nie alles is gevries....... In die donker dink ek skielik aan Bear Grylls :

" The difference between ordaniry and extra-ordinary is just a little word.     EXTRA
Give that little bit EXTRA !!! "

Ek dink ook aan die keer wat Bear nie water gehad het nie en toe maar sy pee gedrink het, ek oorweeg dit, maar ek is bang dit vries voordat ek dit kan drink en byt toe maar vir 5 ure vas tot my water ontvries.....

Sandra van Kranzkop vertoos my, was my kleure skoon , gee lekker kos en gasvryheid en ek kry so 2 ure slaap. Voel sommer baie beter, ry sommer vinniger.

Die pad vlieg verby, my kniee is lekker seer, ek kan nie glo hoe maklik die pad eintlik is as dit dag is nie, maar die kniee pla en ek stop om te bel. Vra my Pa of ek pynpille in die dag ook kan drink, ja sê hy as die pyn erg word kan ek, maar oordeelkundig en ek weet dit help nie jy drink pille om van die pyn te vergeet en donner jouself dan verder op nie, maar nou is dit seer, sommer baie seer, dalk die koue......

Iets nuuts vir my, ek sien plekke in die dag wat ek nog nooit in daglig aanskou het nie, Brostelea vlieg verby, ek moet daai bietjie ekstra gee, elke dag !!!!

Esme en haar dogter waai vir my deur die venster, dis donker en die koue is besig om op my neer te sak, ek groet vriendelik terug, volgende oomblik roep hulle my van die agterdeur. Ek wou nog altyd by die mense stop, hulle nooi my vir koffie of iets en ek sê dis reg !
Pierre en Esme van die plaas Wetvreden naby Stormberg, lok my met braaivleis, 'n paar biere en gasvryheid soos jy net op die Freedom kan beleef. Dis eintlik hoekom mens terugkom. Met my magie nou vol kos gaan ek gou 'n paar kakies opdonner in die blokhuis, dis nou te se as hulle mans genoeg is om vir my te wag.....

Tim het my lank terug vertel van die blokhuis en gesê dis 'n lekker plek om te slaap, heel beskut teen die elemente, behalwe die koue, maar daarvoor het ek warm gedagtes......



6/19/2014

Dag 5 Elliot afdraai na Rossow Skaap Skeer Stoor

Nog 'n daggie rol verby, al vegtende teen die wind, gedink die wind sal gaan lê, maar op die Freedom moet jy nooit dink nie jy moet net doen ! Vroeg opgestaan in die gerage van die verlate plaashuis waar ek gister oornag het. Die man van Rhodes het my vertel van die huis, ek het eintlik gemik vir Brankstone plaas, maar hy het vermoed daar bly nou mense, wat toe wel die geval was. Groot was my verbasing toe ek 'n ou Landcruiser in die oop gerage vind, hier is dit blykbaar heeltemal te koud en afgelee vir skems om te oorleef....

 Oorweeg om Chesney World 'n skip te gee, Christo is nie meer daar nie, maar uit respek draai ek toe maar af en geniet Christo se gasvryheid en lekker kos vir 'n laaste keer. Jaag, jaag  en jaag moet ver verby Slaapkranz kom, dit sal ook 'n eerste keer wees, Andrè en Joyce is soos familie, maar ek is besig met 'n plan en dis my laaste Challenge, moet die ding maak werk......

Oppad na Slaapkranz kry ek 'n boodskap van Joyce, my kos staan gereed in die spens, ek moet dit net warm maak en geniet en dan kan ek weer in die pad val. Baie spesiale mense, nou familie van my, by Slaapkranz kry ek my lekker bord kos, die ander drie sal eers vanaand hulle lekker kos kry.....

Slaapkranz portage vlieg verby, my linker knie kry 'n snaakse klapgeluid by, seker maar om in ritme met die Freedom te bly.........dit bly maar 'n stywe klim, maar dit moet vinnig gebeur want Bontehoek lê nog voor en daglig maak dit baie makliker........

Met laaste lig maak ek die bokant van Bontehoek, uit die ysige wind maak ek gou 'n oproep na Mel, ek verlang haar en dis sommer 'n lekker plek om te gesels en die verligtende sterrre hemel te aanskou, vol nuwe krag val ek in die pad.

Dit word al hoe kouer soos die aand aanstap, 'n bakoor jakkals kom kyk wat maak ek in die vreeslose koue, waarsku my teen die koue van vanaand. Ek voel dit byt, oorweeg om my reënjas ook aan te trek, gelukkig is daar 'n hele paar klimme na Rossow.

By Rossow is ek 'n bewegende gevriesde blokkie, kry myself jammer, oorweeg die Polisie stasie vir slaap plek, 'n sel sal nou lekker werk, maar alles is di toe, soek 'n ou huis maar my ou huis is afgebreek en nuwe RDP huise in sy plek gebou, ja hulle bou tot RDP huise in Rossow.......

Die wind sny deur my, mik maar vir 'n ou opstal net voor die groot afdraande na Moordenaarspoort, maar dis dam koud en enige bos langs die pad sal ook doen, gelukkig nie 'n groot genoeg bos om die snyende wnd te keer nie en ek eindig in die ou Skaap Skeer stoor van die opstal. Dis vrek koud en ek weet ek moet uit my fietsry broek kom, my ali lekker seer, moet roompies smeer.......

Eerste ding, kook koffie water, kry die slaapsak uit, klere uit, room aan ali, PT broek aan, in die slaapsak en geniet 'n lekker koppie koffie saam met Ouma se beskuit, more ruil ons die roetine net om, vat gewoonlik so 20 min.....


6/18/2014

Dag 4 Tinana Skaap Kraal na Elliot afdraai Gerage

Die dae trek alweer te vinnig verby. Francois het besluit dis die laaste keer wat hy buite slaap, hy kan nou maar die tick maak. Vir my is dit nog net die begin van baie buite slapies. Skaapmis is baie goeie isolasie teen die koue, dit proe en snuif net nie so lekker in die vroeë oggend ure nie......

Ek neem weer vir Francois op 'n besienswaardige toer, sien self goed wat ek nog nooit gesien het nie. eerste lig is ons reeds in die Vuvu vallei, ek vat die hoë lyn, gisteraand se uitslaap het so bietjie aan Francois gevat, hy raak agter en ek het 'n plan wat moet werk !! Vroeg oggend by Vuvu, kos nie gereed nie, gelukkig mis ons niks nie, 'n glas melk en droë wors doen die ding en ons is oppad na Lehana's.

Die wind van die hel is besig om op te steek en ek snou nuwe woorde toe op Lehana. Kyk dit wil gedoen word om 'n dikgat soos ek 'n paar keer om te waai. Lehana's voel vir my baie hoër en moeiliker in die dag as in die donker, seker maar omdat jy kan sien waarna toe jy nog moet gaan. Die wind pla en ek raak vinnig en Francois raak agter, bo-op die pas trek ek al my klere aan, moet Rhodes in die dag maak en doen dit ook 17H00 in Rhodes. Ons bly by 'n nuwe plek, dis lekker en uitlokkend, dalk moet ek oorslaap, David vra my wat is my plan en dadelik besluit ek om aan te stoot. Na 'n lekker bord kos val ek in die pad, die wind het so bietjie gaan lê, maar die koue is oorweldigend, vannaand gaan dit lekker koud word en ek stoot aan....

Melanie praat iets van 'n advertensie na die pool toe, wat die man wat elke dag die slegte weer trotseer het eerste daar aangekom het. Wel dis verseker my laaste Freedom en ek moet seker met spoed daar aankom en maar vasbyt en die weer trotseer.......



6/17/2014

Dag 3 Masakal na Tinana Skaap kraal

Ontmoed vir vriendelike Francois vroeg oggend by Masakala, hy wil graag saam ry en ek vat die sterk man vir 'n paar draaie. Ons dink eers dis rook, die hele wêreld brand mos hier, alles moet mos gebrand word en die Vader alleen weet hoekom, maar dis mis, en as jy nou gedink het donker maan is 'n bliksem, try mis.

Aangesien dit my 5de Challenge is pak ek nie meer kaarte van die bekende dele nie, net die nuwe dele, ek het 'n kompas in my horlosie, maar die kompas is niks werd sonder 'n peiling nie en 'n peiling kan net van 'n kaart gemaak word en ek het nie kaarte nie........Dis redelik maklik om op die spoor te bly tot by die Kinra vleilande en dis waar ons begin rond tas in die mis, eers neuk ek neer en skenk bloed, toe word dit bedonnerd koud en toe word die mis so dig ons kan wegkruipertjie speel 20m van mekaar sonder om enigiets te sien..........

Dis so mistige ek vat vir Francois sommer vir 'n paar draaie, hy sê niks en trap maar net. Die mistigheid klaar net betyds teen 11H00 op, anders was ek en Francois weer terug by die start...Mparane vlieg verby, Gladstone volgende en by Maria Zell roep ek halt, nog nooit die kans gekry om die plek in te neem nie en aangesien dit my laaste Challenge gaan wees gaan ek dit bietjie inneem......



Net na 13H00 by Ongeluksnek, Francois stel meer belang in die rofslaap ding, en vra my waar ek gaan slaap ? Weet nog nie, maar ons sal weldrae uitvind, Tinana is 'n opsie en dan die donga oppad na Vuvu, maar ons moet eers daar uitkom.......

Die Quebekka MTB's begelei ons na Thaba Chita, so nou en dan ontaard dit in 'n resies, en met die gelaaide Cannondale gee ek hulle nogsteeds slae. 'n Dringendheid beur in my op, nie lus vir die tog van Blackfountain na Tinana in die donker nie en skielik vang ons spoed, die laaste deel vang ons in die nag en die sleep padjie kom en gaan, ek soek die krans afklim padjie en vind die skelm afdraai net voor ek moed opgee, Tinana hier kom ons.........

By Tinana besluit ek op die Skaap Kraal, heel beskut teen die wind en weer, vergeet heeltemal van die kerk wat se deure eintlik wawyd oopstaan en vir ons wag. Die skaap drolle dien sommer as goeie isolasie, ek vra weer vir Francois of hy nie maar by die huis so 2km weg wil slaap nie, maar uitslaap saam met my is op sy bucket list en hy gaan dit vanaand aftick.........

Dag 2 Boshelweni na Masakala

4H00 weg uit my Boshelweni rusplek, 6 perde het my mooi opgepas deur die nag. Die wind waai so erg, klink of dit reën soos die blare wapper. Wou deel word van die Ntsikeni groepie, maar die berg is aan die brand, en as my slaapsak brand waarin slaap ek dan ?

8H00 by Ntsikeni, eet gou en jaag na Glen Edward vir 'n shower, hulle sal dit nie sê nie maar ek ruik soos 'n leeu, glad nie goed nie. Gister aand 'n groot fout gemaak om in my fietsry broek te slaap, my ali is lekker seer en dit lyk nie goed nie.

Net na 14H00 weg na Masakala, dadelik word ek bewus van die feit dat  wattle sleep paaie nie meer so gereeld  gebruik word nie, die mense het nou of elektrisiteit of 'n ander vorm van energie. Dit word donker oppad na Gnolintaba platkop, gewoonlik mik jy net vir die nek en tel dan die padjie op, maar met die nuwe energie bron is dit asof die wattles oorneem en ek soek die pad in die donker. Dis donker maan en dit donner lekker rond, kan nie eers my eie oë sien nie, gelukkig vind ek die pad en is net na 21H00 by Masakala en besluit om te slaap, nie veilig in die veld nie, het my fietsie more nodig.

Dag 1 PMB na Bosheweni

Die doelwit wat ek vir myself gestel het is om elke dag verder te ry as in die verlede. Dit werk sover !!
Spring die oggend weg, saam met Anton Maybery en 'n paar ander sterk manne......

Dit voel so asof hulle 'n erewag vir my staan, niemand kom verby nie en almal bly agter my al ry ek stadiger, net tot ons die teerpad verlaat, toe vlieg die manne weg. gelukkig is ek gewoont aan my eie ding doen teen my eie pas, sal hulle nou-nou weer vang.........

So karing ek op my eie pas aan tewyl die 5de Freedom Challenge stadig in my insak, hopelik is vanjaar my jaar, ek is nie gepla oor wen nie, ek het my eie persoonlike doelwitte, 12 of 13 of 14 dae enigiets onder 15 moet ek doen, dis my laaste keer en ek moet moet dit doen.

Die nuwe pad wat Ian oopgekap het is 'n droom in 'n fee verhaal, dis soos die Sani, ons moet dalk vir Ian kry om die Osseberg en Stetteyns oop te kap, gaan op my normale plek deur die rivier, moet afkoel dis ongehoort warm. Betree Hela Hela, dit voel soos 'n oond, halfpad op gooi ek myself nat met die waterval se water, my bene mik mik om te kramp. In Klerksdorp is 'n miershoop moer hoog, hier is MOERSE berge en ek sal myself mooi moet pace, vanaand en more sal dit sommer baie beter gaan. Ek kom by Allandale aan, die ander manne Anton, Daniel en Axel lank vergete al verby. Laaste lig in Donnybrook, koop vir my 'n coke en laat waai, alles gaan goed tot so 3km van Centocow. Kyk ek is gebou vir spoed en afdraandes is my kos, ek vat altyd so klein sneak langs die laaste bloekombos af na Centocow, en ek vang lekker spoed teen die afdraande, heeltemal te laat sien ek die draad van die draadhek sonder hout droppers. Die een draad vang my onder die slaapsak en die ander een vang ek met een van die trappe, dis soos 'n bungy cord, iets vang my, my spoed neem af, ek is oor die handle bars, my oë loer vir die grond en dan word ek terug gewerp. Wat de moer het nou net gebeur ?????

Gelukkig nie seergekry nie, helmut bietjie stukkend, een van die briek kabels 90 grade gebuig en dis dit......

Centocow is altyd laatnag toe, sukkel altyd om die mense wakker te maak en ek besluit voor ek die ander manne wat hopelik daar slaap wakker maak, verbeur ek my ete en steek hulle saggies verby in die nag. Kry water langs die pad by een van die baie krane, klim die helse berg uit net om te sien Ntsikeni in die verte is aan die brand ????

Ek wou deel raak van die Ntsikeni klub, maar die brandende berg is 'n goeie verskoning om maar in die Boshelweni bos te gaan slaap......

Net baie warm, mens sal sweer dis somer, lekker buite geslaap onder die sterre met 6 perde wat wag gehou het. Een les wat ek geleer het, is om nie met jou frot fietsry klere te slaap nie....

Boshelweni bloekom plantasie, slaap onder die sterre, klink soos die see soos die wind die blarre en takke kasty en ses perde hou wag oor my.

6/11/2014

Groot oog Nag Apie

Met groot bewondering besigtig ek die nuwe generasie Freedom Challenge race snakes se vordering.....

My maag maak draaie as ek hulle so kyk, hulle moet op Red Bull of iets wees, want hulle vlieg. En ons, die sogenaamde race snakes, wat bly oor vir ons ? Centocow op die eerste dag is nie meer 'n opsie nie, dis nou Ntsikeni of jy verander in 'n pofadder. En die wat Ntsikeni al in die verlede gemaak het, wel vir hulle bly seker net Glen Edward op die 1ste dag oor.

My maag maak wilde draai en ek bedoel WILDE DRAAIE, ek kry sommer 'n gemoeds bek@king, wat moet ek nou maak ? Wel ek moet seker maar net begin en vergeet van die res, my eie pas vat en my gat in die Kaap kry...

Gelukkig het ek my eie teiken sub 14D7H55 en dis al waarvoor ek mik, ja die race van die verlede is weer aan. Al verskil is daar is net een aap wat 'n tyd jaag. Hopelik sleep een van die regte race snakes my in my eie nuwe rekord in, dis nou as ek by die Red Bull Flying Squad kan hou......

Wat se die een nag apie vir die ander nag apie ?
>
>
>
>
NAG APIE
Sent from my BlackBerry® wireless device

6/07/2014

Gebed vir 'n Freedom Challenger.

Dankie Here vir 'n liggaam wat U sterk en gesond gemaak het.
Dankie Here vir die vermoë om dit goed aan te wend vir sport,
dankie vir die groot voorreg om aan die Freedom Challenge deel te kan neem.
Here dankie ook dat U ons bygestaan het met ons voorbereiding vir die wedloop,
dankie vir gesondheid, kennis en ervaring en vir die talente waarmee U ons toegerus het.

Here help U ons ook om die panserdrag waarmee U ons toegerus het tot U eer aan te wend,
help U ons om elke dag helder te skyn tot U eer.
Dankie Here dat ons weet dat U wil altyd geskied, dankie dat ons weet dat U beskermende hand
altyd oor ons is, wys U ons die regte pad, nie net gedurende die Freedom Challenge nie,
maar ook op die pad van die lewe, weerhou U ons van die sondige afdraai paadjies,
en hou U ons oë te alle tye op U gefokus.

Here U weet wat elkeen van ons se doelwitte is, help U ons om gefokus te bly en hard te werk om dit moontlik te maak, gee U ons krag wanneer ons moeg is, motiveer ons wanneer ons nie meer kan nie
en wys U ons die mooi van die wonderlike wêreld wat U vir ons geskape het.

Here dankie ook vir 'n wonderlike ondersteunende familie, gesin en vriendekring wat ons elke dag
tydens ons voorbereiding ondersteun het, Here hou U ook u beskermende hand oor hulle wanneer
ons besig is met die race, Here bring U ook rustigheid in hul harte met die wete dat U elke trap en stap van die race met ons is.

Dankie Here vir die groot voorreg om aan die race deel te kan neem,
dankie vir die wonderlike ervaring wat U vir ons moontlik maak.
Here herrinner ons ook elke dag dat die beloning vir enduit volhou in die wedloop van geloof,
baie groter as enige medalje of  kombers is.

Skyn U helder vir ons elke dag, wees U elke dag 'n helder brandende lig vir ons.
Ons loof en prys u Heilige Naam, laat U wil geskied,
ons vra dit alles aleenlik uit genade.

Amen

5/27/2014

Rough Sleep in support of Freedom Challenge scholarship Fund !!!

I might have gone completely mad, but here is my plan.....

First of all this plan is not about me, it is about you and what you can do for the Freedom Challenge Scholarship Fund and our Heavenly Father giving me an opportunity to make it happen.

This plan will depend on your involvement and how much you want to make a difference in someone's life and how big a smile you want to put on their face.

 The plan is for you to make a pledge from R 10 to whatever per night that I sleep rough during the Freedom Challenge. Sleeping rough will mean that I don't sleep in a support station, or any other inhabitant accommodation.

Sleeping rough will mean sleeping under the stars, or in an abandoned building.

Are you willing to make the plan work and to change a life for the better ?

The Rough Sleep rules as compiled by David Waddilove........

  • I will eat and sleep at the start and the finish.
  • There are 25 Support Stations where I will receive meals, a shower and charge batteries.
  •  There are 5 Intermediate Stations where I can call for soup or whatever food they offer.
  •  I am allowed to make use of 6 Support / Intermediate stations for emergency accommodation.
  •  I may not sleep within a 2 km radius of any Support Station.
  •  Maximum time allowed at a Support Station will be 2 hours, in other words no unnecessary time wasting.


Please help me to make this plan work, by making your pledge on the blog.


Give some academic approved willing child the opportunity to make a change for the better of this world. 

5/06/2014

Time is near.............

One week and a moth away from the start date, hopefully I have done enough training to complete the race in my planned time. For me it always feel if I could have done more, if ever you can do enough training for the Freedom Challenge........

I now only need to keep focus on the last month's training, however it's getting more difficult by the day, it might be the dirt roads that's in very poor condition. You know the condition is very bad when a bakkie is unable to over take you on a dirt road, I now mostly stick to friendly farmers jeep tracks, I don't get the desired distance but a do get a 100% peace of mind and there is no swearing involved.......

Butterflies in the tummy, I will just have to make it happen !!!

At least I don't have any second thoughts about making it happen, I just need to push as far as possible every day......
Hopefully I would be able to blend into the race as the "trapsiekie" on my sponsored shirt, I last saw one in my teens.

Only time will tell what I would be able to accomplish, I have leaned from the past that it's good to set yourself a target, just don't cast it in stone, because the Freedom Challenge will destroy it.......

The other very important thing I had to learn was that you just can do it on your own, you need the Lord's blessing and you need to thank Him with every peddle stroke for giving you the opportunity and making it possible to take part in the event.
My accomplishment in the race will depend on His will and what He think is best for me.

You also can not do it without the blessing of my wife and children, and luckily I have got 100% from them, we have however decided as a family that this will be my last Freedom Challenge till one of them decide to do the race and that might only happen in another six years time.


I have set my goals, I have done the training, now I will have to make it happen........

3/26/2014

2014 Freedom Challenge Rough Sleep

So I have signed up for the next challenge..........a rough sleep Freedom Challenge.

Thanks to Bell South Africa for making the rough sleep challenge possible !!!

I hope that I would be able to move the earth for you, and secure tons of pledges for the Freedom Challenge Scholarship Fund.

The rough sleep madness became reality after a couple of beers shared between friends during the Swazi Frontier. I was asked the famous question :
Why do I sleep rough during the Freedom Challenge?

And my reply were :

  • To save time.....
  • To have some quality sleep, nobody snoring or waking you up......
  • Sometimes you just get so tired you can't move forward.........
  • To enjoy the Freedom Challenge completely.
Well then the next question was posed : Do I think it's possible to sleep rough all the way to the finish ? and without thinking, taking another sip of beer I answered : YES !!!!

Yes it's possible, and with the sponsorship from Bell, it will be made possible.

The better idea around the "Rough Sleep Challenge" is to source pledges from you the viewers, follower and late night trackers.

You are urged to make a pledge of whatever amount you're happy with per night that I sleep rough. Pledges can be made by replying with your pledge on my blog, or replying to the article on the HUB  

http://www.thehubsa.co.za/forum/topic/136922-2014-freedom-challenge-madness/

All pledges will be calculated, collected and transferred to Freedom Challenge Scholarship Fund after completion of the race.

Happy Pledging !!!!