7/08/2013

ABLE CENTRE making the difference

 ABLE CENTRE
AUTISM TREATMENT CENTRE
FOR CHILDREN IN ZULULAND

My memory perception
are disordered
Be patient with my
limited vocabulary
Focus and build on what I
can do rather on what
I can't do
Help me with social
interactions
Try to identify what
trigger my melt down
I am very visually
orientated. Show me how to do something rather than 
just telling me

last and most important
Love me unconditionally



Put a smile on a child's face, make their life a breeze, love them for who they are

Your donation will definitely make a difference in their life.

ABLE Centre
ABSA Acc 4080948054
Branch 334230

The start of new beginnings

Elitza & Werner, Marnitz & Melanie en pa Johann


One day we will return........

7/06/2013

2013 Freedom Terugblik

Wat kan ek sê ?

Dit was een helse ervaring, ek kan nou in alle eerlikheid sê ek het die hele Challenge van begin tot einde, behalwe die stuk tot by Hela Hela op my eie gedoen. 'n Ervaring wat ek ongelukkig net met myself kan deel.....

Hoekom die tandem ?
Werner, die trein en die Umkomaas

Dis 'n mal droom van my gewees, die hoof rede was eintlik om die tog met iemand te kon deel. Melanie was my eerste keuse, maar o wee sy is nie bestand teen die koue nie, sy is tough genoeg en as ek haar net bietjie die moer in maak sal sy my ver wegry. Ek en sy het baie op die tandem ge-oefen en dis baie lekker gewees om voor te berei saam met haar. Toe Melanie nie wou ingee nie, besluit ek toe maar op my broer en ek boelie hom gou in die "lekker race" Werrie val toe sommer dadelik vir die ervaring en saam pak ons die tog aan. Dit was sy 4de keer op die tandem, sien hy bly in Richardsbaai en ek in Klerksdorp en saam oefen is buite die kwessie. Die ander rede vir die tandem was om geld in te samel vir ABLE Centre in Richardsbaai, die doel agter die malligheid was juis om dit moeiliker te maak, sodat ons so ietsie kon ervaar van wat die kinders van ABLE Centre ervaar, nie dat dit juis kon gebeur nie.

www.ablecentre.org.za


Wel ons het lekker gesuffer, veral in die Umkomaas portage, dis geen grap met 'n tandem nie en soos ek maar is moes ons druk, en Werrie het maar ingeval, wat sou hy nou eintlik vir my kon sê wat die spoed sou afdraai ? Niks.......Na drie kringe in die bos val ons by2H00 by Centocow uit, Werrie is moeg, maar sê niks.


Die volgende oggend storm ons voort, Werrie sê niks, praat iets van Moerse opdraandes en ons maak Ntsikeni so teen 16H30, eet en val in die pad. Die aand sê hy die eerste keer iets van sy knie, ek sê hy moet vasbyt so 25km om te gaan, hy byt vas, sluk 'n paar myprodols, raak aan die slaap en vernader in 'n Venter waentjie. Ons het nie pleister nie en insulation tape moet die ding doen, Werrie lyk soos 'n 2de Wêreld Oorlog gewonde, maar hy sê niks en om alles erger te maak vat ek 'n afdraai te vroeg en donder deur die wêreld oppad na Masakala. Boet begin praat en ek kom agter ons moet stadig, hier is groot fout en ons kruip na Masakala. Ek stel voor ons rus op Masakala en kyk dan more, ek stoot die trein en 'n groot  mamma prewel iets van aikona of so iets vir Werrie wat met moeite die opdraande uit kruip en net daar besluit Werrie dis klaar.. Ek bel vir Glenn om sy fiets van hom af te neem, hy sê ek kan met graagte die single speed kry en ek oorweeg en die trein wen. Werner maak planne om hom te kom haal en stel voor ek vat sommer die Rush en ek willig in alhoewel die Rush nie gedien was vir die tog nie.

6 UUR DAYLIGHT Penalty


Ek bel vir Lehana en hoor wanneer en waat ek met my daylight penalty vir fiets ruil kan begin. Die reël sê by die volgende Support Station - Masakala en ek begin 15H00 tot 18H00 die dag, rook 'n hele pakkie sigarette die nag en hervat die volgende oggend 6H00 tot 9H00. Die rush arriveer so 8H30 en ons poog die nodige diens en verstellings en so teen 11H00 verlaat ek vir Werner met 'n stywe handruk, 'n moerse knop in my keel en huilerige oe. Dis nie hoe dit moes wees nie !!!!!!


Die jaagtog.

Ek vlieg weg, want ek weet ek is 'n dag of meer as 'n agter en ek maak goeie vordering tot die duiwel besluit om die Rush toe maar in any case in 'n single speed te verander en ek dink : " Jy wou dit mos moeilik maak om te probeer ervaar wat die kinders ervaar, ervaar dit nou " as dit vir die kinders is dan doen ek dit en so single speed ek toe maar, glad nie te bad nie, maar ek worrie oor wat nog vir my wag............

Francois Riekert jou YSTER !!!!!

Francois kom tot my redding en ek kry parte van sy fiets, ek spook tot 23H00 om die veranderings te maak voor ek 5H00 in die pad val na Vuvu oppad na Rhodes. Lehana vra of ek nie die alternatiewe roete wil doen, hy wil graag die tye vergelyk, Robbie sê hy ken die pad en ek stem in.

Die alternatiewe roete - NOOIT WEER NIE !!!!

Soos ons die roeteaanwysings ken is dit nie altyd polities korrek nie, en ons soek die roete wat tot eintlik 8km verder begin. Lehana's is 'n bliksem vir iemand wat nie daarvan hou om 'n fiets te dra nie, dis so 2km stoot en so 2 km dra. Die alternatiewe roete is 'n groter Bliksem vir my, ek hou nie van my granny gear nie, ek hou ook nie van fiets stoot nie, dra sommer dis baie makliker. Nou die "makliker roete" is volgens my "n moeiliker langer roete, dis 'n 3km stoot en 'n 20km klim in granny en as die wind waai neem die hele grappie jou 2 ure meer tot groot vermaak van Lehana...........

Die Ranking sege.........

Die laaste ding wat 'n "probeer racing snake" wil hoor 2H30 in die oggend by Rhodes is dat hy nie eers in die rankings is nie, hoe het Lehana my laggend gevra : " Wat gaan aan Marnitz, jy is seker 15de of 25ste.....?" en toe besluit ek maar om bietjie ranking te kry.

Navigasie - Wooha !!!!

Na die 3de keer is navigasie eintlik natuurlik, jy moet net nie dink jy is baas nie, die nag apie het baie rusbank racers tot baie laat in die nagte voor die rekenaar vasgepen in hulle hoop dat ek dalk onder Glenn se boom kon gaan slaap. Ek moet sê as ek die Osseberg portage vir die eerste keer moes doen sou ek in Musina opgeëindig het, Mordor is nie die woord nie, dis die duiwel se kuierplek en ek was baie bekommerd tot ek vir Avril en die manne so laat in die dag in die gemors kry. Ek weet ten minste waar om te gaan en met die slaapsak val ek sommer enige plek neer, enige tekens van 'n sogenaamde jeep track is met die 2011 vloed verwoes. Kom ek verduidelik gou vir enige toekomstige Osseberg vegters hoe die gemors werk :

  • Daar is 'n pad aan die oorkant op die lae grond, so kyk dus voor jy heel onder is of jy iets aan die oorkant wat soos 'n pad lyk kan raaksien.
  • Jy beweeg altyd stroom af, uit die klowe uit van hoe grond na lae grond.
  • In die rivier is daar geen tekens van 'n jeep track nie, maar stap net so entjie op teen die wal op die lae grond en jy sal iets vind wat soos 'n track lyk.
  • Kyk vir enige merkers wat vorige vegters aan die riete vasgemaak het.
  • Naby aan die einde het die boer 'n lugkanon om die diere uit die lande te hou, klink soos geweer skote. Indien jy heeltemal in jou moer is beweeg na die klank, daar is blykbaar 'n hek, en indien jy sein het kan jy vir Alex bel en hoor hoe dit voel om deur die elektriese draad geskok te word.
  • Vat vir jou vuurhoutjies saam, daar is baie droë hout en jy kan sommer die hele duiwelse spul aan die brand steek en dit makliker maak vir die res indien jy moet oornag............

Die moeilikste deel van die race.......

Om vir Klaas Vakie van my rug af te hou.............my bene het moeg geword, maar hulle kon aanhou. Ek kon alleen ry en as ek baie alleen was het ek vir Melanie en die kinders voor my opgedroom, my hele fokus was net op hulle en dit was net hulle wat my ogies op die pad gehou het. Nou kyk as jy mos moeg raak dan sien jy dinge beweeg........ so sien ek 'n grys ding 1H00 in die oggend so 30km van Damsedrift en ek maak myself wys dis Klaas Vakie wat 'n drog beeld van 'n bees in my oë geplaas het, maar die Baviaans het nie beeste nie, dalk Buffels. Ek kom nader en so waar as wragtig dis 'n Renoster, nogal 'n Swart Renoster, ek het nie eers geweet die plek het renosters nie, blykbaar hulle ook nie so van tyd tot tyd. Adrenalien skop in, ek donner vir oom Klaas Vakie omdat hy my so verlei en ek vlieg weg teen my beste 40km/h en in die bosse gewaar ek vir Oom Renoster, hy vlug maar saam met my........

Die ander geleentheid waaraan ek so vinnig kan dink, was die modderspul in die Hel, nou kyk as hulle pas 'n pad geskraap het en dit begin reën, verander dit in een k@k spul, veral as jy so paar lekker op- en af draandes byvoeg. So kom ek teen 2H00 die voor laaste afdraande af nadat ek al 'n paar bewegende dinge gesien het, Klaas Vakie hang swaar aan my oë, ek gly en haal amper 'n jong doringboom uit en besluit toe maar dis hier waar ek gaan lê.

Klaas Vakie

Die ander keer was oubergpas, 'n vreeslike lekker afdraande as jy wakker is en ek besluit toe maar om net voor ek heelbo is so power nap te vat. So sak ek met my rugsak op, neer teen die fiets, hak op die ander knie en vang 'n power nap. Hoe dit werk is jy nap tot jou voet van jou knie afval en dan vlieg jy op en ry verder. Nou net so voor my voet van my knie afneuk, want jy voel dit gebeur toe stop 'n boer en vra my :" Is jy oraai boetie ? " Ek antwoord ja en toe kom die normale vra :
  • Wat maak jy ? 
  • Wat van Pietremaritzburg na die Kaap met 'n fiets ?
  • Is jy Mal ?
  • Waar kry jy kos ?
  • Is jy Mal ?
  • Slaap jy altyd so langs die pad ?
  • Is jy Mal ?
  • Is jy nie bang nie ?
  • Hoe ver moet jy nog gaan ?
  • Soek jy 'n lift ?
  • Hoekom nie ?
  • Jy is mal, lekker dag en sterkte !!!!!
Die ander wil nie saam my ry nie..........

Soos wat die ranking inskop, begin jy mense inhaal in die hoop vir geselskap en so het ek 'n klomp manne en vroue verbygesteek, groot was my vreugde tot ek die manne in die Hel ontmoet, dit was sommer 'n lekker groep en ek ken ook nog vir Dave en Pierre. Ek eet toe maar my kosies klaar gesels lekker met Pieter Joubert en val in die pad in die hoop om hulle teen die leer te vang. Al wat ek van hulle gesien het was spore en 'n paar skaduwees net voor Rouxpos en toe gaan ek hulle maar ook verby.

Die volgende geleentheid was by Anysberg, ek sien die drie liggies, dog eers dis werkers wat vir my kos bring 5H00 in die oggend waar ek vir my sop germaak het, dit kon ook Klaas Vakie gewees het. Nee dis nie werkers nie, die Freedom Challengers !!!!!! Ek groet met :" More, wie's dit ? " hulle : " Wie's jy ?"

Ek maak die FOUT en antwoord :" Marnitz" en die jaagtog begin !!

Ek sluk my sop en val met nuut gevonde vreuge in die pad, ek het nuwe maatjies en hulle lyk nogal of hulle kan ry. En ek jaag hulle en dan kom ek nader en dan raak hulle verder en so speel ons kat en muis tot annnerkant Touwsrivier, waar my maag my tot stilstand bring en ek my nuut gevonde vreugde maar laat gaan.

So ontmoet ek weer die manne by Montagu Hotel en ons skud blad en sekerlik nou gaan ons saamry, maar toe ek my mes en vurk neersit is hulle weer weg en ek besluit dan moet ek maar ranking kry. Racing snakes is nie so vinnig nie hulle is net so aanhoudend en ek vang die manne net voor die Kasra portage en die 29nr en die 26ser word een toe ons die fietse in die hoogvoor vat en ons begin stap en dit kan ek baie ernstig doen en daar laat gaan en my nuutgevonde geselskap. Klaarmaak gaan ek nou klaarmaak dis verseker, my bord kos is al besig om pensmis te word toe daag die manne daar op, ek verduidelik trappiekraal, groet vir Charles en maak klaar.

Nienader nie en oki verder nie, so doop Scott my- en dit was so gewees.

Kyk my doel was om die manne te vang en ek het dag en nag probeer, ek dink Klaas Vakie het my in my jaagtog ontspoor. Jaag is in my bloed en as jy eers die sweet reuk en die spoor gevat het word dit 'n dolle jaagtog. Die naaste wat ek aan die drie manne ( Scott, Christo & Charles )  kon kom was Damsedrift, hulle is 2H30 daar weg en ek het 3H00 daar opgedaag, ek kon wel vir Charles verbysteek maar moes maar settle met die 12 uur voorsprong waarmee hulle geëindig het. Met 2 ure kan jy nog planmaak maar 6uur + raak moeilik om in te haal en so kon ek Nienader kom nie.

Samevatting

Net soos die Autisme kinders nie altyd alles kan oordra soos wat hulle graag aan ons wil oordra nie, was dit die Here se wil vir my om die race alleen te doen, ek moes dit alleen ervaar, elke hekkie self oorbrug, elke rivier alleen kruis en die hele pad alleen loop. Tog was die Here en Mel en die kinders daar elke tree en elke trap. Die ervaring sou ek graag wou deel en met tye sou ek selfs op iemand wou leun, maar daar was niemand nie. Ek was vasgevang in myself en in my eie omstandighede, net soos die Autisme kinders en dis hoekom dit moes gebeur, ek het dalk so klein ietsie ervaar van wat in hulle lewens gebeur..........

Ondersteun hulle, hulle het al ons hulp nodig.

Skaak speel ? Ek weet nog nie lekker daarvan nie, wat ek wel weet is dat ek nie een keer op die race gatvol geraak het nie, seker maar Mel en die kinders se motivering !



7/05/2013

The Beauty of the Freedom Challenge

Umkomaas


Stywe handdruk Masakala
Stormberg
Aasvoëlberge oppad na Hoffmyer


Struishoek sonsondergang


Grenslyn net voor Struishoek
Sonsopkoms Tretyre







Klaas Vakie wag in die maan Baviaans


Hannes se beeste Bucklands


Baviaans uitkyk Jeffreys baai
Baviaans uitkyk die kloof



Sons opkoms Anysberg


Sons opkoms Anysberg


Hello Klaas Vakie


Alwyn VandeVenters kraal



AA Werkswinkel Gwaas valley



Iewers

Glenn Harrison's post Marnitz die Nag Apie

Sunday, 30 June 2013

Marnitz die Nag Apie

Marnitz and his family reunited

The first finisher of the day has rolled across the finish line at Diemersfontein – Marnitz Nienaber, the Lone Ranger, the Sleepwalker, the ex-tandem rider and now the proud owner of his fourth blanket – an honour he shares with FC stalwart Tim James.
He started out on a tandem with his brother Werner and they pushed hard from the start. They were making good time but at Glen Edward on the third morning, things started to fall apart. Werner had developed major knee issues and they limped into Masakala. It was clear he couldn’t continue – what now? Marnitz was determined to carry on and after consulting the race director about his options, he decided to get hold of a spare bike and take a 6 hour time penalty. The bike arrived early the next morning and after waiting out the required penalty, he made his way across the floodplains to Malekholonyane. Along the way he had a few mechanicals, so had to rebuild the bike with some spares he got from another rider who had just pulled out. By the next morning he was ready to roll and immediately started his charge. A big double to Rhodes, briefly interrupted by a long ‘kuier’ at Slaapkranz and then many ‘slaapies langs die pad,’ saw him move steadily up the rankings and slowly start to reel in the riders ahead of him. He chose to ride at night and because he carried a sleeping bag, was happy to bed down whenever the sleepmonsters paid him a visit. Once up to speed, he managed to keep the wheels turning on only 2-3 hours sleep a night, stopping only to raid kitchens at support stations and to nap along the way, with Klaas Vaakie as his only companion.
The tandem brothers together again.
To come back from such a setback at the start and go on to chase down the rest of the field in the way he did and then finish 5th overall in a time of 15days 8hours40min, is a really impressive feat – ‘knap gedaan Nag Apie, slaap lekker vannaand .‘

7/01/2013

Laaste Dag Trouthaven - Diemersfontein. Nou kom ons NADER !!!!

Na my gespek met Martin besluit ek wyslik om maar eers die ligte te laai en 'n laaste slapie te vat voor die finale aanslag. Eet 'n ietsie, drink 'n ietsie en slaap 'n ietsie.....

Spring 4H10 weg die donker nag in, 5H00 begin ek met Stetteyns, dis nog donker en ek maak goeie vordering, teen 6H00 is ek by die 1ste rivier kruising en die Bulldozer kom in werking. Dis ek en Stetteyns en die keer is ek stoksiek alleen, nie eers 'n kraai of 'n bobbejaan nie, net ek en Stetteyns, en Stetteyns is weer besig om toe te groei. Ek weet nie wanneer dit 'n lekker plek gaan word nie, dis 'n plek van marteling en alleen is dit uitmergelend, al wat oorbly is om te fokus op die nek in die verte. Ek is onder die indruk ek is besig met my 14de dag en ek skraap 'n pad vir die ander manne, na drie jaar het ek al elke moontlike opsie gevat en die keer oefen ek net die regte opsies uit, word bietjie vasgevang in die vaarings net voor die laaste rivier kruising. Met geweld breek ek 'n pad vir my oop deur die rivier en onsnap ek van die laaste greep van Stetteyns, 5ure toe's ek klaar met die kloof en oppad uit na Mel en die kinders !!!

Teen 14H00 is ek nevermind Nader ek is Klaar, ek is lus om te huil, die gevoelens speel in my oë, en ek wonder gaan ek nou leer skaak speel, of gaan ek weer eendag die Challenge aanpak ?

Dag 13 Anysberg - Montagu - McGregor - Trouthaven. Nog nie Nader

Klaas Vakie oorval my so 30km van Anysberg, eintlik besluit ek, ek moet slaap omdat ek 24 uur laas so gemaak het. Dis donker maan en hopelik wanneer ek wakker word kan ek weer die landskap raak sien en seker maak ek is op die regte pad.

Ek klim in my mummy Freedom slaapsak, voor ek begin het was ek 'n groot seun, pas nog steeds styf in die slaapsak. Maak net seker ek stel die wekker en sit dit in my baadjie se sak net incase my kniee en die koue my nie wakker maak nie. Nou het jy al gesien hoe spartel ek om die foon in my sak in die hande te kry as die wekker afgaan, jy moet jouself eers afrol en uitrol so tipe van 'n Houdini trick.

Met 2 ure slaap rol ek by Anysberg in, maak gou 'n warm noodle sop, kraggies vir die tog. Ek sien liggies aankom in die verte, dog eers dis die werkers, dis team onion, nie vir die reuk nie maar vir die lae wat die 3 manne dra. Ek is bly daar is weer iemand om saam te ry, hulle vra wie's dit en ek antwoord: Marnitz

Nou hoekom is dit dat wanneer jy jouself voorstel die ander manne in erge race mode gaan ??? Hulle ry, ek sluk my sop en neem aan ek gaan hulle nou-nou vang en die jaagtog begin en soos Scott my gedoop het Nienader en ook Nieverder bly ek op hulle spoor. Dan kom die liggies nader en dan raak hulle verder en toe besluit ek maar om die bos toilet te gebruik en die aftog te blaas.

In Montagu ontmoet ek die drie racing snakes, hulle is ook oppad na Kasra, hopelik kan ons nou saamry. Een van die drie vra my uit oor die pad, ek verduidelik en sê hulle moet net wag ek wil net 'n stort vang en eet dan ry ek saam. My kos het nog nie eers kans gekry om maag te vat nie toe ek gereed is vir my nuwe vriendskap en weer moes uitvind my nuwe vriende is weer weg, en ek weer op my eie, soos altyd, me myself and I, en ek kom Nienader en ook Nieverder nie. Ek ruik die manne se sweet en net voor Kasra vang ek hulle, vat my kans en verlaat hulle op die portage, ek is dalk nie so vinnig op 'n fiets nie, maar 'n fiets in die hoogvoor kan ek baie goed doen en as hulle nie my maatjies wil wees nie, sal ek maar met myself gesels tot by die einde.

Elsa en Alda van Oestervanger voer my van hulle spesiale gasvryheid en kragkos en ek slaat Trappiekraal met 'n moerse krag, eintlik wat gebeur het is dat in 'n oomblik van helderheid onthou ek van die gummy berry juice wat my pa my gegee het om vir Klaas Vakie op te donner. Ek sluk die goed en die afterburners kom aan, ek maak sommer nou kla en die pad raak kort.

1H10 val ek by Trouthaven in, wonder nog of ek Stetteyns in die nag moet aanval. Martin het gesê ek moet wag vir eerste lig, maar ek is lus om hom bloedneus te slaan. Al probleem my ligte kort 'n 2 uur charge en ek besluit toe maar op 'n aanval 4H00......