7/01/2015

Montaqu - Trouthaven

Die Ingelse het die Boere nodig om hulle bietjie aan te wakker. Met groot oë het hulle saam met ons weggetrek en met groter oë het hulle twee en 'n half uur later in McGregor aangekom. Vandag het ons hulle geleer hoe om nie te vleg wanneer ons stop nie, dit alles was ter voorbereiding vir more.

More gaan daar nie gewag word nie, as die bulldozer start, stop hy eers in Diemersfontein. Die roete wat ons gaan volg, wel ek weet nog nie, of ons klim die 600m na bo, of ons donner halfpad in die kloof op en klim dan soos 'n bobbejaan 150m teen die kant, of ons donner halfpad in die kloof af en bly dan in die rivier tot ons uit klim, een ding is egter seker, ek gaan nie die ou roete volg nie,  verseker nie.

Vandag met huimwee gery, wonder ernstig of ek weer gaan terugkom?  Ek weet nie, indien dit gebeur sal dit net wees om te jaag en om te jaag gaan 'n nuwe fiets kos en baie ander dinge.....

En hier sit ons 16H00 in die middag, by Trouthaven elke met 'n glasie wyn, vuurtjie aangesteek om 'n vleisie te braai, waarvoor kan ons meer vra?

Stetteyns lê soos 'n berg voor my, ek is nie baie lus om daar deur te sukkel nie. Om dit erger te maak het ek vier makkers wat op my vertrou en ek moet die regte besluite neem, hulle gemotiveerd en aan die gang hou en almal daar uitkry voor laaste lig val, en dit gaan ek doen!!

Onthou die donasie, groot seblief !!!


http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php

No comments:

Post a Comment