7/04/2015

2015 Freedom Challenge

Wat 'n ervaring!!!

Wanneer jy die Freedom Challenge race gebeur alles teen spoed, daar is geen tyd om te verloor nie. Daar word die heeltyd gejaag vir sonlig, en geen tyd word in daglig verkwis nie. Jy eet vinnig, pak vinnig, ry vinnig, dink vinnig, alles bly vinnig.

Wanneer dit donker word breek die besadige tyd aan, tyd om die geliefdes by die huis te bel, jou blog op datum te kry, asem te haal en bietjie stadiger te ry en meer te konsentreer om nie foute te maak nie.

Vir vyf jaar het ek myself gekondisioneer en verfyn om te jaag en die jaar het ek daarvan afgesien en getoer. Vir my het dit gevoel of ek heeltemal ontspoor het, ek was in 'n vreemde onbekende wêreld en dit het tyd geneem om die metamorfose aan te neem.

Redelik bekend vir my middernagtelike eskapades op die Freedom moes ek telkemale baie vrae antwoord oor hoekom ons 15H00 stop en nie verder gaan nie. Vir my support station familie was dit vreemd, vir my soms onaanvaarbaar. Verandering is gewoonlik 'n proses wat met  weerstand gepaard gaan, maar soos enige verandering moes ek eers die voordele en die vreugde daarvan ervaar voordat ek daarmee genee was.

Ek was daar vir Steward en Ivor, en anders as ek wat al my kombers gekry het en die volle aanslag en ervaring van die Freedom ervaar het, was dit nou hulle beurt om dit te ervaar. Middernagtelike ervarings is deel van die Freedom,  maar nie altyd so lekker nie. Ek het Ivor so paar dae laat voel, hoe die skerp kant van die race voel, sodat hy weet waarvoor hy homself inlaat wanneer hy terugkom.
Nadat Ivor die skerpkant ervaar het, is die brieke aangedraai om die moeilike dele in die dag aan te durf, Modor moet verkieslik in die dag ervaar word.

Die deel van die Baviaans tot in die Kaap is vir my soos die laaste 100 m van 'n 400 m wedloop, jy gee jou alles. Ek wou graag triples doen, maar dan mis jy die Willows, die wit lakens van Prince Albert, Tannie Ronel se waffles, 'n lekker bier by Montagu en jou eie braaivleis by Trouthaven...
En dis toe die plan waarop ons besluit, ry elke dag lekker sodat jy vroeg namiddag by 'n support station is, 'n middagslapie kan neem, lekker aandete kan geniet en die res van jou 12 ure gemaklik kan deurbring.

Die plan het ons maak werk, en ek moet sê ek en Ivor het baie lekker saamgery, die man het elke hek vir my oopgemaak, my elke oggend baie lekker koffie in die bed gebring en probeer om my metamorfose wat hy veroorsaak het so gemaklik as moontlik te maak.

Ek glo ek het Ivor baie geleer oor die Freedom en ek glo hy kyk nou met ander oë na die Freedom en dalk na my ook. Die bangste wat ek die man ervaar het, was met ons klim uit Stettyns,  self het daar 'n versigtigheid in my opgewel. Op 'n staduim het ek gedink hulle gaan ons met bergklim toue en 'n helikopter kom haal, maar my versigtigheid kon ek nie vir hom wys nie.

Wat ons gedoen het sou baie bergklimmers met toue sonder fietse nooit eers aangepak het nie, maar dis die Freedom en op die Freedom word bande in vuurherd van die oomblik gesmee. Ek en Ivor is nou Freedom Challenge bloed broers, baie dinge het ons saam ervaar en vir ewig sal dit deel wees van ons.

Well done Bulletjie, jy het my suksesvol convert in 'n toer challenger en dit was moerse om ervaring met jou te deel!!!

En die kersie op die koek, was my Pa wat my kom verras het by die wenpaal !!!!


Dankie Pa vir alles wat Pa vir my doen 
en dat Pa altyd daar is met goeie raad !!


http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php

No comments:

Post a Comment