7/03/2015

Trouthaven - Diemersfontein

Die roete uit Stetteyns......


Begin die oggend 5H15 besluiteloos, weet nie watter pad ons gaan volg nie,  dit los ek in die Liewe Vader se hande, Hy sal die pad vir my wys.

Ons het basies drie of vier moontlike keuses :

  • Theo en Tim se roete
  • Die normale roete
  • Die hoë roete
  • Die rivier roete.
Die groep klou soos bosluise, niemand behalwe ek was al daar nie en groot oog volg hulle my blindelings. Ek verduidelik aan hulle die werklikheid, ek raak de moer in, ek begin vloek, dan swets en dan word ek stil en bulldoze 'n pad om daar uit te kom. Dit is hoe ek operate en as jy nie kan byhou nie, gaan jy agterbly, ek spandeer geen ekstra tyd in die plek nie.

Die manne knik koppe, ek wys hulle hoe om 'n fiets te dra, verduidelik die roete en wys hulle waar die hemel is, die nek waar ons die hel agterlos.

Ek vra in die stilligheid die Liewe Vader om my die pad te wys en die opmars begin. Ek trap waar die Vader my wys en ons vat die hoë roete, vordering is goed, ek sien die rivier se vlak is laag en ons neuk af na die rivier. Ons beweeg baie vinniger en eensklaps is ons halfpad, by die waterval. Die rivier vernou, die poele is dieper en dit laat my met die keuse van die ou roete, die ongnaakbare hakia roete. Vyf keur het ek al die geveg, geveg en ek besluit, vandag gaan dit nie gebeur nie, dis die rivier of klim teen die suidelike hange uit.....

Steven Bernette het iets gepraat van 150m klim en ek besluit dis 'n goeie plan. Die berg is steil en van onder kan jy nie die bokant sien nie, maar vir my lyk dit so 150m tot waar ek kan sien en dis dan dubbel wat ons by die einde so klim sonder die hakia geveg.
Ons begin klim en op 150 m sien ek Steven het 'n spelfout begaan, want bokant ons lyk dit soos nog 150 m om te klim. Ek beoordeel die situasie en besluit daar is nie 'n manier wat ons weer afgaan nie, dis amper loodreg af en die kans om jouself moertoe te val is goed, so dis op korporaal reguit op. Ons klim onsself in die kranse vas, Ivor kyk my met baie moë groot oë aan, korporaal ons moet rus en weet jy waar is ons ?

Ons is in Stetteyns antwoord ek, maar waar en hoe kom ons hier uit en besef ek dis moer gevaarlik wil Ivor weet.

Ek pluk die kaart uit, wys hom waar ons is, waartoe ons moet gaan en dat dit nou baie meer gevaarlik af is. Ons moet nog op, iewers 'n gat in die kranse kry en bo uitkom, Ivor stoei, ons klim nou sonder die fiets op en sleep en stoot die fiets agterna.

Die kranse omsingel ons, die Vader wys 'n gat en ons is bo, en ek gil dat die kranse antwoord gee, 'n luiperd onwaak uit sy slaap en hol vir die vale om weg te kom voor die gebrul van die Hyena.
Ek vlieg om en skree vra vir Ivor of hy dit gesien het, maar hy het dit gemis. Ons vind 'n waterval met 'n lekker diep poel, en die nuwe tradisie word geskep. Swem was die sweet en bloed van Stetteyns af en maak die tog klaar.

14H55 maak ons klaar sonder 'n crowd, sonder 'n hooha, Ivor kry sy kombers en ek het 'n nuwe moerse pêl van 16 dae 8 uur 55 minute.....


Dankie vir al die skenkings, een of ander tyd maak ons weer so....

http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php



Ons het aan die regterkant van die waterval opgeklouter....

No comments:

Post a Comment