6/30/2015

Rouxpos - Montagu 8H22

Die eerste keer wat ek die nuwe deel van Rouxpos na Anysberg in die dag doen. Toe nou nie so slegte pad en moerse klim as in die nag verlede jaar nie.
Snaaks wat moegheid aan mens doen, dit asof die pad moeiliker en styler word hoe meer moeg jy word. Verlede jaar het ek die stukkie van Rouxpos na Anysberg in 7 ure gedoen, vandag net oor die 4 ure....

Ek kry baie meer slaap, ry dalk baie vinniger,  maar ek gaan nie die wenner wees nie. My goeie vriend Tim het dit reeds gedoen.

Vandag het die Ingelse weer slae gekry, die boere het nie eers hard gery nie. Moet sê dit was 'n lekker dag, die wind het nie te veel gepla nie en ons het met 'n moerse afdraande klaar gemaak. My lyf is mos gebou vir afdraandes en ek glo mos jy trek net die brieke voor jy neer donner,  en dit gebeur mos nie. Ek dink ek het vandag 'n spoed rekord opgestel teen Oubergpas,  die bloed het weer dik gepomp terwyl ek tussen die modder my oog op die pad hou.

Ek en Ivor praat vandag oor race, en ek sê as jy wil race moet jy dit alleen doen. Nou ek beskou myself as 'n klein racer, nie in dieselfde klas as Tim of Martin nie, ek is daai skrikmaker, jy weet nooit wat om te verwag nie.

Vanjaar is die ideale jaar vir race gewees, die paaie is mooi, dis warm, dit reën nie en die wind waai nie te veel nie. En ek, ek smag met my hele hart om te jaag, dis in my, maar nie vanjaar nie. Ivor het my vanjaar geleer om die mooi van die Freedom Challenge te waardeer,  my familie by die support stations in die dag te groet, foto's te neem, kaalgat bicycle te ry en om die ware ervaring van die Freedom in te neem. Posisie maak nie meer saak nie, dalk 'n volgende keer as daar so iets gaan wees. Melanie sê in any case my jaar sal die jaar van die groot swaarkry wees, wind, storms, sneeu,modder al die goed wat die manne briek. Wanneer kan ek nie sê nie, seker maar eendag....

Ons praat oor bondskappe van die verlede,  en Ivor vra hoekom los ek nie 'n man wat my terughou nie?  My antwoord, dan kan ek hom mos gelos het, op die Freedom smee mens bande met baie warm ysters, en soos in die army los jy nie 'n makker wat bloei nie.

Dit bring my weereens by Mike en John, kyk ons tog gebeur net elke trap is 'n breeze. Vir Mike en John is elke trap 'n groot afkak - daar is nie 'n ander woord nie - Hulle ideaal is om klaar te maak ten spyte van alles wat skeefloop. Hulle geniet 'n suffering van note,  en dit wys ons hoe hard hulle eintlik vir hulle kombers werk, ek wens hulle alle voorspoed en hoop om hulle komberse oor hulle te hang by die einde!!! 

Onthou tog die donasies, druk die handjies in die sakke en gee die nodige :

www.matlaabana.co.za/freedom-challenge.php



No comments:

Post a Comment