6/16/2015

Dag 1 PMB - Centocow 13H30

Elke dag begin met goeie aspirasies, my hoop was om Ntsikeni vir die eerste keer te maak. Vir die eerste 4 ure het ek soos 'n 40 ton bulldozer gekreun, die aarde het my size gemaak en daarna het die bulldozer se diesel engine ingeskop. Kyk ek is lelik en dik, glad nie vinnig nie, maar so damm aanhoudend....

Ivor en Stuart is voor en ek en Ingrid dek die agterhoede, Ivor hulle besluit om, om die rivier te ry en ek en Ingrid trotseer die Umkomaas, die water is maar vlak vanjaar en ons ploeter sommer vinnig deur. Ek en Ingrid se kortpad steel so 45 minute uit Ivor en Stuart se tyd, ek moet sê Ingrid is 'n yster girl, dis nie elke girl wat my op my fiets hou teen 'n moerse opdraande nie. Ingrid hou net nie op nie, byt op die bolip en trap vir die vale in die hoop om vir Mike Woolnough te vang.

Vir die eerste keer het die dikgat meeste van Hela Hela uitgery, en die ou Bergie bly 'n bliksem op die mooiste dag.  Ek dink Stuart is vandag deur die Bergie vasgetrap, hy is alergies vir pasta en toe raak sy tenk leeg. Ek haal my hoef af vir enige man wat na 4 ure deur die berg raak getrap word en dan nog vir 9 en 'n half ure vasbyt en klaarmaak. Ons is 'n hele uur agter Tim en Andrew by Allandale, Stuart is bleek, Ingrid is reeds in die pad en ek is op hete kole, Ntsikeni lê nog ver......

Na amper 'n uur val ons in die pad, hopelik kry Stuart sy kragte terug na 'n goeie bord kos, ons maak Donnybrook in daglig en ek weet Centocow is net 'n uur of wat se ry, Stuart struggle, ek en Ivor dek die voorhoede, hy wat Ivor is sê daar is nie baie te sê vir Stuart nie, hy ken hom en die man sal die ding self uitmaak in sy kop sonder enige gesprek van ons kant af. Ons vang vir Ingrid en dit blaas nuwe bloed in Stuart in, snaaks hoe 'n sterk girl 'n gevalle man nuwe asem kan inblaas. 'n Man het eens op 'n slag vir my gesê, 'n girl ry hom nie weg nie, dit gebeur nie, en Stuart lyk vir my soos een van die manne.

My raad aan die man was : " Moet nooit sê 'n girl sal jou nie wergry nie, jy ken nie die girls van die Freedom Challenge nie......." Ek ken 'n paar Freedom Challenge girls, onder andere vir Jeanie Dreyer en ek probeer al vir 'n paar jaar om myself te "unchick" sonder sukses, mag dalk wees dat ek nie so suksesvolle racing snake is nie, gelukkig ken ek 'n paar snakes wat ook sukkel om hulself te unchick....

Die Freedom Challenge is nie die Epic nie, nog minder enige ander stage race, hy bly hard en 18 ure op ' n dag, elke dag kan groot manne seermaak. Na 11 ure in die saal kom ons net na 19H00 in Centocow aan, my planne om nog 6 ure aan te stoot word in die wiele gery, ons slaap by Centocow en ons gaan ook nie soos Andrew wat ook hier slaap middernag in die pad val nie, ons sal eers later so maak.

Die span het na die dag se verrigtinge en verpligtinge besluit op die gepaste naam van die Sweepers. Bly voor ons of ons vreet jou en dan verander jy in 'n Hyena en dis baie harde werk om 'n Hyena te wees....

O ja en maak tog 'n donasie van welke aard vir www.matlaabana.co.za en plaas 'n skaterlag glimlaggie op 'n kind se gesiggie voor die Hyena jou byt....

1 comment: