6/21/2015

Chesneyworld - Kranzkop

'n Baie beter dag in die saal, Ivor leer my om bulte en berge te klim en ek leer hom om afdraandes vreesloos te ry.

Begin vanoggend met die perlemoen duiker wat eens op 'n tyd by Minky aangedoen het. Een van hulle besoekers het vir Carl Crous in sy winter fietsry broek waargeneem en hom toe die perlemoen duiker gedoop.

Die dag verloop vreesloos, Ivor leer van op betekin regop en af regaf, en so donder ons oor die berge, regop en regaf koporaal! 

Dis vadersdag en ek wens my Pa 'n gelukkig vadersdag en ek hoop sy seun maak hom 'n baie trotse pa. Al wat my pa my toe wens is 'n vreugde volle en gelukkige Freedom, en vir hom gaan ons so maak.

Alles is nog hard gevries toe ons by Joyce en Andrè van Slaapkranz opdaag, nog een van my wonderlike Freedom Challenge families. Verlede jaar het ek hulle gemis, maar vanjaar is almal daar, ons gesels oor ons planne, oor die mense by die huis, oor alles terwyl ons 'n baie lekker plaas ontbyt geniet. Dis spesiale mense die my eie freedom Challenge familie en ek wil die tyd stop sodat daar meer tyd vir gesels is, maar die race snake in my knip die tyd kort, ons het nog baie ver om te gaan...


Gister se aanvanklike plan was om by Slaapkranz te slaap, wat nie gebeur het nie en een van die onderliggende redes daarvoor is om die drie portages op te breek en die polisiehond modder te vermy. Behalwe dat dit altyd moeilik is om 'n keuse te maak by watter spesiale Freedom Challenge  familie ek gaan oornag wat grootliks bepaal word deur waar ek my in die middel van die nag bevind, speel polisiehond modder 'n groot aandeel in my besluit, POLISIEHOND MODDER spel MEER TYD en hoe meer tyd jy mors met die modder hoe minder het jy om te gesels. Die hele wêreld van Rhodes tot by Moordenaarspoort is besaai met die swart klei, en sou jy die klei in die dag trotseer wanneer dit ontdooi het, of in die reën verdubbel of vertrippel jou tyd sommer maklik. Die nagmerrie Klei vries egter in die nag wat dit maklik oorwinbaar maak indien jy kans sien vir die middernagtelike temprature van - 8 en minus verder.

Ivor maak vandag sommer vinnig kennis met die polisiehond modder, kyk die modder byt soos 'n polisiehond en dan los dit nie weer nie, al genade is om die fiets te dra en die modder groei onder jou skoene te verdra. Jou skoen kan sommer gou 'n paar sentimeter hoër groei, dit insigself is nie 'n probleem nie, die gewig waarmee jou skoene groei maak vir goed ge-oorloofde keuse van waar jy jou pote plaas en hoeveel modder jy nog wil opneem en hoe lus jy is om jou gat af te gly en op jou gesig te lande te kom. Dit my liewe vriend is hoekom ek by Slaapkranz wou slaap, nie om myself rond te donner in die laat nag oppad na Slaapkranz nie, nie om vrek koud te kry op die gevriesde klei nie, nee om die geselskap van my ware familie te waardeer en om sommer baie tyd te spaar.....

Danielle mis haar Pa en het beveel dat ons gou moet maak en dit gaan ons doen, Ivor en Stuart het gesê ons moet ons tyd vat na Rhodes en van Rhodes kan ons die pap dik aanmaak. Ek gaan die pap sement maak, dis tyd om voor te kom waar ons hoort....

Die pligte van die sweeper word onseremonieel aan Nic en Mike oorgedra by Loutebron, hulle is nie genee daarmee nie,  en handig dit terug aan ons op Bontehoek
.

Net na 16H30 by Danie op Moordenaarspoort, altyd lekker om by Danie aan te doen, 'n Boer met 'n plan en hy weet ook sommer hoe om die plan te maak werk. Ek pons Ivor oor Brostelea, ons behoort so net voor middernag daar aan te doen en hy val vir my plan, net voor agt by Kranzkop, dis vrek koud en Ivor dink nie meer dis so lekker plan om in die koue na Brostelea aan te stoot nie en aangesien ek nog nooit regtig by Sandra en Diederik op die plaas geslaap het nie, gaan ons nou so maak. Die hele gesin is hier om my te groet, nadat ons ons tuisgemaak het in die ou opstal beweeg ek terug na die hoof huis, vir 'n lekker gesels en melktert, man dis lekker om net daar te sit en die gasvryheid in te asem, die kinders hang aan my lippe, vertel my weer van my ou sêgoed wat ek al lankal vergeet het : " My lippe is so droog hulle voel soos omgekeerde Jeep tyres....."

Ek sal sommer die hele nag met my support station familie kan kuier, maar aangesien ons plan om aan te gaan ontspoor het, sal ons more 3H00in die pad moet val, ek wil nog kuier, die kinders wil nog kuier, Sandra en Diederik wil nog kuier en met my belofte dat ek weer sal terugkom en kom en regit kuier betree ek die koue. Ek het regtig geheg geword aan my Freedom Challenge families, daar is deur die jare ware gasvryheid bande gesmee met vuur warm ysters, dis meer as net 'n vriendelike groet, dis ware omgee en belangstelling, ek ken hulle, hulle ken my en dis moerse lekker om so wonderlike familie op die roete te hê




Ek het egter vanaand die pligte formeel oorgedra aan Mike, Nic, Mike en John. Dis nou hulle verantwoordelikheid om toe te sien dat almal voor hulle bly, alle hekke toegemaak word en enige gebreekte drade gerapporteer word. Indien hulle hulself goed van die taak kwyt sal ek hulle formeel insweer na afloop van die race.

www.matlaabana.co.za moenie die donasies vergeet nie, hoe meer julle skenk, hoe minder slaap ons.... http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php


No comments:

Post a Comment