6/26/2015

Bucklands - Kudu Kaya

Modor of anders bekend as Osseberg lê voor, mens is altyd haastig as jy oppad is na Modor. In Modor wil jy nie vasgevang word nie, dis die duiwel se speelplek, vol doring bosse en doolhowe wat jou weglok van die regte pad.

Ons maak vinnig, oppad dink ek die heeltyd aan my wonderlike vrou en kinders, hulle haak soos 'n liedjie in my kop vas, en maal oor en oor in my gedagtes. Ek mis hulle verskriklik en sal nou eerder by hulle wil wees. Die Freedom doen sulke dinge, mens moet eers lekker suffer voor jy die klein dingetjies in die lewe waardeer. Amper klaar dan is ek weer by julle.

Die toegang tot Modor is Ivor se ergste afdraande ooit, die takke piets sy hande en bene en jy kan nie die brieke los nie, want indien jy dit doen sal jy heel ingesluk word.

Ek probeer vir hom sin maak uit die warboel deur te verduidelik watter pad ons vat. Hy wat Ivor is sien gee pad nie, want daar is al vir 'n paar jaar nie meer 'n pad nie. Iemand het iets gepraat van 40 perde wat die pad oopgetrap het, dis seker 10 bleddie klein ponies gewees....

'n Vriend van my het op 'n keer genoem dat sy skoonma heel moontlik in Modor woonagtig is, ek dink dis heel moontlik so. Ivor se boude was vandag amper hoër as sy ore, maar die vrees dat ek vir hom sou lag was te groot en hy het sy fout gou reggemaak.


Ek mag dalk dik wees, maar gelukkig is ek lank genoeg dat my broek nie nat word met die rivier kruisings nie, geweet my lengte en gewig moet iewers tel.

Vandag was 'n baie interessante dag, ons het die dag vir ons heel kleurvol gemaak, wat gaam ons more doen?

Ek hoop julle maak genoeg donasies.
www.matlaabana.co.za   http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php

No comments:

Post a Comment