6/24/2015

Stuttgaurd - Toekomst

Struishoek
'n Vroeg oggend ekspedisie, begin 3H00 en die koue van die nag groet ons. Ons werk ons pad op deur die sterrenag oor Schufteberg, net nag 9uur by Grootdam.

Die duiwel se wind is aan die opsteek en ons gaan hom seker later voel. Indiana Jones neem vir Staalburger op sleeptou, kyk  ek is aanhoudend, maar nie noodwendig vreeslik vinnig nie.


Indiana leer weer van af is regaf, al betekin dit jy neuk regaf oor al die klippe, en daar's baie 'n hele berg vol.

Ons dice weer vandag, nog 'n 200 + dag en ek en Ivor loop soos jam in 'n koshuis, blitsig. Ek weet nie heeltemal van die feite nie, maar ek glo ons hou die spoedrekord tussen stasies met die meeste slaap.

Ons maak goeie vordering, ek voorspel die kleur van die hek wat oppad is en Ivor bevestig of ek reg was met ons aankoms by die hek, nog 'n nuwe pad geskraap op pad na Struishoek, nuwe mense ook in die eens verlate en vergete opstalle, op 'n staduim het dit vir my gevoel of die Freedom Challenge roete ontvolk, nou voel dit geskraap en bevolk, snaaks wat goeie paaie doen.

Ivor ontmoed die Struishoek ploeter en die baie spesiale boer aan die onnerkant se hand om ons veilig onder te kry. Ek vertel hom van Oom David wie se volk die klippe wit kalk sodat ons nie verlore moet raak nie,
Oom David en Tannie Verity Hobson wat my met geen keuse laat as om by hulle te oornag nie,
Oom David wat altyd met 'n flits vir my staan en inwag by die opstal, Oom David wat vir my slaap plek reël terwyl hy op vakansie in Namibie is,
Oom David en Tannie Verity wat 'n baie diep plek in my hart besit.

Oom David is weer op vakansie in Namibie anders sou hy ons nou hier onder ingewag het, en ek besluit sy groen grasperk is die regte plek vir 'n piekniek. Ek voel nou nog sleg omdat ek hulle soos 'n sleg skurk verlede jaar vermy het en in die bokkraal gaan slaap het, wel ek moes dit doen, elke aand buite was ekstra geld in die kinders se sakke wat dit baie meer as ek nodig gehad het.




Hy wat Ivor is vermoed ek kan baie beter doen op die Freedom,  ek moet blykbaar net van my dikgat siekte en my tenk van 'n fiets ontslae raak. Maar hy wat Ivor is het vanaand gesien hoekom ek 'n tenk dryf, 'n tenk breek nie wanneer jy neer donner nie.




Soos dit van 'n Freedom Challenger verwag word en dan eintlik 'n voorreg is, is dit gepas om ten minste een keer op die race goed neer te donner en daarom het ek vanaand aan die vereistes voldoen. 'n Mens ken die gevoel van die point of no return, die punt is gewoonlik wanneer jou boude hoër as jou ore is. Wel vanaand was my boude baie hoër as my ore, en dit op 'n baie klipperige stukkie aarde. Om alles te kroon, land my getroue tank ook op my soos dit van 'n goeie en getroue fiets verwag word, altyd naby aan sy baas.

Ivor is dood stil, ek sou natuurlik my gat afgelag het, maar hy spreek geen woord, blykbaar omdat ek klaar al die groot woorde gebruik het. My hande voel of my skool juffrou hulle met 'n moerse liniaal gedonner het, daar is heelwat meer knoppe op my kniee, en Ivor swyg soos die donker van die nag, hy weier om te lag, ek is blykbaar 'n groot man en hy ken my nog nie goed genoeg om vir my te lag wanneer ek my gat afval nie. Ek het my cat eye moertoe geval, daar was net nie-werkende dele van die ding oor, gelukkig weet ek waar om te gaan, kan nou net nie meer presies sê hoe ver ons moet ry tot by die afdraai nie.

Ons sal maar more kyk of ek nog kan ry en dan sal ons besluit waarna toe ons wil toer

Onthou die donasie www.matlaabana.co.za   http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php

1 comment: