6/18/2015

Dag 3 Glen Edward - Malekholonyane 10H35

Ek verlaat Sheila se kospotte 5H00, dis die eerste keer dat dit nie -14 grade is nie, Ek sal die manne nog moet leer, 5H00 betekin 5H00 nie vyf of tien minute na 5H00 nie. Ek verduidelik hulle dis 'n reguit pad, hulle moet net reuit aanhou met die pad en ek sal vir hulle wag by die afdraai en val toe maar alleen 5H00 in die pad. By die afdraai aangekom saal ek af, en met die afsaal slag lui my foon, die manne is onseker oor die pad, ek verduidelik reguit aan, moenie afdraai nie, ek is so 5 km af in die pad, by die afdraai waar ons moet afdraai, hou net reguit aan......

Net Ivor en Stuart daag by die afdraai op, van Ingrid wat ons gisteraand by Glen Edward raakgeloop het is daar geen teken nie, ek vra uit oor Ingrid en die manne antwoord, hulle glo nie sy gaan saamry nie en het haar nie sien aankom nie.

Ons ry lekker ek dink dis picture perfect tracking vir die arm chair racers. Gister raas gekry van die arm chair racers dat ons van die roete afgedwaal het,  afgedwaal / verdwaal, dis 'n lelike woord en ek kan nie onthou dat ons 'n ompad geneem het nie. Die armchair racers stry, ek het die manne op 'n ompad gevat, ek vra waar en hulle sê op pad na Politique, glo aan die linkerkant van die draad in die onherbergsame berge afgedonner. Wel ek kan julle verseker, ek en boet Werrie het die foutjie al in die verlede met die tandem gepleeg en in my kort bestaan sal ek wragtig nie weer die selfde foutjie maak nie en toe beself ek, hello het julle al gehoor van ysreën en sneeu en hoe dit blykbaar met 'n tracker se gal werk.

Die pligte van die sweeper Hyena mag dalk oor gedra word aan geskikte persone wat my goedkeuring dra. Dis is ongelukkig nie beskore vir Race to Rhodes deelnemers nie, daarom kan ek met trots aankondig dat ons nog die amptelike Hyena's is.

So gepraat van Trots, ek dink Ingrid Avidon kan damm trots op haar wees, so op haar eie het sy al meer reggekry as ek, Pmb na Ntsikeni op een slag, ek droom net daarvan.

Ek is besig om 'n regte sweeper te word, dit mag die eerste keer wees wat ek swaarder klaarmaak as wat ek begin het. Robbie McIntosh het my geleer bier is 'n beter recovery drink as enigiets op die rak, moet sê dit gaan goed af. Stuart en Ivor geniet ook die recovery drink, ek leer 'n nuwe woord : Zamalek - Freedom Challenge recovery drink - lekke koue bier.

Stuart se kniee begin neuk, hy het dit vir 'n oomblik vandag oorweeg om halt te roep by Masakala, my antwoord : Absolutely not !!!!

Ons ontmoet vir Tony, Karen en Ann by Malekholonyane, hulle wil graag more saamry, ek sê dis reg solank ek vir niemand wag nie en ons vertrek stiptelik 5H00, en ek bedoel stiptelik 5H00 vir die wat saam wil ry, ek wag nie.

More is Vuvu en sy pool tafel en bier blykbaar op die spyskaart, wel persoonlik het ek nog nooit pool by Vuvu gespeel nie en ook nie hulle bier geniet nie. Die keuse is maklik wit opgekookte werf hoenders of 4 corts bier, watter een sou jy kies?

Indien daar dalk meer donasies op www.matlaabana.co.za gemaak word kan ek dalk minder slaap en meer race, die keuse is julle s'n

1 comment:

  1. 4 Biere vir my!
    1 hoender en 2 Biere Ouboet!!! Dan slap vas!

    Sterkte, geniet dit!😳

    ReplyDelete