6/25/2015

Toekomst - Bucklands

Die dag begin maar stadig, in my sneweling gisteraand het my cateye die gees gegee, moertoe gebreek is die woord. Ek ken die landmerke en weet hoe om hulle met afstand padtjies te verbind. Die probleem is die nuwe paaie en onbekende landmerke en in 'n maanlose nag word dit moeiliker.

Ek word wakker met tien ekstra knoppe wat die klippe toegedien het, my spiere is seer, meer seer is my hart van verlange na my Ingelsman en ons kinders en dan is daar die seer om nie te race nie.
Ek is mos nie  regtig 'n race snake nie,  tog verbeel ek my soms ek kan meeding met Tim en die ander voorlopers.

Maar soos in 2009 het ek en Ivor 'n band gesmee van die begin, en jy los nie 'n makker op die die oorlog veld nie. Dis Ivor se eerste race, en hy is 'n regte race snake, nie 'n wanna be soos ek nie. Om die ding te race moet jy dit ervaar en so veel moontlik in die dag te sien, Ivor sê hy gaan nie terug kom nie, maar dis wat ons almal maar sê.........

So in die stilligheid ervaar ek kleinboet Werner se teenwoordigheid op die roete, dit voel soms of ons langs mekaar ry en die ervaring deel, dis nie die eerste keer wat ek die gevoel kry nie, hopelik deel ons die stuk aarde in die toekoms.........

Ek mis my vrou en kinders geweldig baie,  beelde van hulle speel deur my oë, dis soos 'n liedjie wat in jou kop vashak, elke oomblik mis ek hulle meer en maal hulle meer in my gedagtes

Vandag is die vroegste wat ek al ooit by Bucklands aangedoen het 15H30, selfs tyd om 'n uiltjie te knip. Ek wil die hele race jaag, die manne voor my se oë laat rek en hulle laat snak na hulle asem. Ek en Ivor het saamgestem oor ons nuwe plan van aksie

Die plan is noukeurig saamgestel en punte hoog op die agenda is lekker slaap, wel dis die lekkerste wat ek nog geslaap het so op ons eendjie. Tyd, ja wel ek het nie tyd om vir altyd te ry nie, Ivor ook nie en toe kom ons met 'n 16 dae plan vorendag. Die groot dag is dus Donderdag, hou die spasie dop....

en skenk 'n paar pennies bir www.matlaabana.co.za  http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php

No comments:

Post a Comment