6/27/2015

Kudu Kaya - Willomore

Begin 5H00 nog geen sig van Pierre Oosthuizen nie, ons is iewers in Modor verby die man sonder om hom te sien. Hoop hy het warm geslaap.

Ivor praat iets van wil en moet, kyk hy probeer om my te leer ons soos 'n pro te klim, ek is blybaar nie baie gehoorsaam nie, of te dik....

My plig is om Ivor te leer om te downhill soos 'n wooligan, en dis eintlik baie maklik en laat kom geen keuse nie. Sy woorde vanoggend aan my, hy wil nie die afdraande na Modor gery het nie, maar hy moes. Sonder my was hy blykbaar verlore, dalk kon hy vir  Pierre ondek het.

By die Baviaans hek waarsku hulle ons teen die buffels, hulle is blykbaar in die Bergplaas omgewing. Ek maak dit af as wolhaarstories, wat sal die buffels nou besiel om al die pad uit die kloof te klim?
Aangesien die anderkant van die mother 'n moerse downhill is en dit my plig is om Ivor se vaardigheid op te skerp, neem ek die voortou. So halfpad af teen die berg vind ek my in die midde van 'n trop buffels, drie in die pad en 'n spil langs die pad. Kyk hier moet 'n man vinnig besluit wat om te maak, jy kan of die briek trek dat die rook uitkom en tussen hulle stop en dan vrienderlik groet.

Of jy kan jou momentum gebruik, 'n lastige pypkan uitvoer die een buffel op die bout klap en vir hulle skree hulle moet uit die pad kom, daar's nog 'n man oppad. Ek kies toe opsie twee, moer een van die buffels op die boud en skree vir die ander om pad te maak. Ek ry verby en hulle spaander die bos in, so 50m verder kry ek my stop en hou die spulletjie grensend dop, Ivor is oppad en ek weet nie watter opsie hy gaan uitvoer nie en aan die buffels se snok neem ek aan hulle is ook nou redelik die moer in.

Ek begin solank lag, want met sy nuwe downhill skills glo ek gaan Ivor ook opsie twee uitvoer, die buffels breek bos, hulle snok en Ivor verskyn. Sy vraag aan my: Het ek die buffels gesien?
Ons ry rustig voor, ek leer vir Ivor om te loop teen die opdraandes, die enigste manier om warmte in jou voetjies te kry.....

Wanneer mens in die Baviaans indraai, is dit soos daai laaste 100m van 'n 400m wedloop, jy gee jou alles en as jy jou oë uitvee is alles verby, ons is nou in die pylvak en dis tyd om klaar te maak.

Die enigste probleem is die laaste 30km na Willomore, dit hou net nooit op nie......

www.matlaabana.co.za  http://matlaabana.co.za/freedom-challenge.php

No comments:

Post a Comment