6/25/2011

Dag 8 Brostelea - Romansfontein


Begin  8H30 en beplan vir Hofmeyer, maar die polisiehond vasbyt en hou modder verras ons, wanneer 'n man moeg is is jy ook nie lus vir die modderspul nie, werk uit dat ons nie op die berg gaan wees in die lug nie en besluit toe maar om by Romansfontein te stop. Modder is 'n show stopper en wat gewoonlik 6ure se ry is word gou-gou 8-9 ure se ry. Brostelea is 'n noodstop en ons was aangewese op ons eie kos wat ons saam met ons ry en ons karige nood voorraad van sop het nie te veel energie oorgelaat nie, stadig kruip ons voort. Dit word 'n rusdag, more sal ons weer baklei en die manne skrik maak, Romansfontein is altyd 'n lekker stop en dan kan Rudi de Wet die plaaslike dokter sommer die skade wat ek my lyf berokken het beskou.

Ek en Tim maak 'n pitstop in 'n vervalle opstal, geniet 'n koffie en 'n warm sop om ons op te beer en te verwarm vir die laaste aanslag van die modder oppad na Romansfontein, laat middag val in in die deur by die warm gasvryheid van Wil en Stefanie, kry sommer 'n saal geleen by Wil sodat ek net beter kan sit, gawe mense die, sal vir hom 'n nuwe saal teruggee. Dr Rudi ondersoek die nou potblou en seegroen skade wat ek myself aangedoen het, ek het die spiere in my skouer ernstig beseer, maar niks is af nie, dieselfde geld egter nie vir my ribbes nie, daar is egter niks wat Rudi vir my kan doen nie behalwe pynstillers gee. Ribbes soos hy sê vat maar 'n tydjie om te herstel tot drie maande en van lag en hoes, iets wat mens gereeld op die Freedom challenge doen,  is daar geen sprake meer nie, ek moet dit te alle kostes beperk. Wel dis nie eintlik of ek regtig wil hoes nie, met elke hoes sien ek net sterrietjies spat en kreun dan van die pyn.

Kom ons kyk wat gebeur more, hopelik begin dinge in plek val. Al ooit gewonder wat is die voordeel vir my om saam met Tim te ry ? Wel hy maak al die hekke vir my oop en dan maak hy nog lekker sop en koffie ook en hy is baie goeie geselskap, 'n moerse voorreg om saam met hom te kan ry !!


1 comment:

  1. hi! mens dit is KOUD,KOUD!KOUD!!! dink genr Crous sou nou eerdeR DAAAR wou wees!! MEL e A +D kan nie wag om uit Klerksdorp te kom nie! Dalk is ek ook in 1 v d tasse!LAAT DIT GOED GAAN ,DINK AAN JULLE met die laaste deel.....en GO IT V 1 HOTSPOT NA DIE VOLGENDE.... en Marnitz ,hou op om ma so grys te maak!!!LUV U ALL

    ReplyDelete