Ek en August staan lekker uitegrus 4H00 op, dis weer vrek koud, August is die keer gewapen met ordentlik handskoene, vorige ervaring het hom geleer dat blou mediese rubber handskoene nie voldoende beskerming bied nie. Ons vorder goed, August se knie pla baie, maar die geselskap maak op vir die seer, ek en August vang 'n blaaskans op ons ou plek net na die Klein Umzimvubu rivier, hy weet nie of hy verder as Masakala gaan maak nie, maar ek glo ons gaan.
Die dag omvou tussen jaag en stotter, ek jaag om Malekholonyane te maak, en August met sy seer knie klu soos 'n bosluis om by te bly, stop vinnig my Masakala om vorraade aan te vul, nie tyd vir eet nie, ons moet malekholonyane vandag nog maak. August kry sy mediese voorraad en ons val in die pad, daren baie meer plat en nie te ver om te ry nie. Stop vir 'n vinnige Coke by Queens Mercy voor ons die tog hervat, wil so na as moontlik aan Malekholonyane kom voor die donker ons vang.
In ligdag van die Mpharane kruin af net om vas te val in 'n gevreesde modderspul net voor die Gladstone opstal, August verloor sy skoen in kniediep modder, delf hom na 'n paar minute se gesukkel uit die modderskul uit en met laaste lig betree ons malekholonyane se stoepe. August se knie is gaar en ons tog van twee dae is klaar, hy gaan dit more stadiger vat en ek is weer op my eie. Hoor Andrew barnes en Martin Dreyer is op my spoor, sal heel moontlik laat nag die kamer saam met ons kom deel, hulle is iewers tussen Queens Mercy en Mpharane. Ek sal my fokus moet opskerp en my gat roer as ek in my 12- 13 dae doel wil slaag, selfverseker met 'n nuwe plan raak ek aan die slaap. 1H00 word ek wakker, dis Andrew en Martin, hulle het vieslik verdwaal op die Mpharane kruin, vir 2 ure in die donker rond geploeter, eindelik die pad gevind en toe in dieselfde modderspul gaan vassit, Andrew is duidelik nie baie gelukkig met die stand van sake nie. My beplanning was om 3H00 weg te val in die pad, maar met Andrew en Martin op my hakke besluit ek dis 'n goeie tyd om sommer nou weg te spring, 'n ekstra uur slaap gaan nie 'n verkil maak nie, ek roep August vaarwel en val in die stuk donker nag so op my eie in die pad, nie eers 'n skaduwee om my te begelei nie.
Voel baie beter, August se knie nog nie heeltemal reg nie, ek verlaat my goeie vriend van 17 dae.
Nevermind Generaal Crous my vrou het gepraat, iets van Alex is besig om vir my weg te jaag en dan is daar nog 'n spul wat my jaag ook. Voel heelwat beter, net die hoesie wat nog pla. Vandag was n baie voorbeeldige dag, Crous sou baie trots op ons gewees het, so reguit soos n naald na die plekke gery !!!
No comments:
Post a Comment