6/12/2011

2011 Freedom Challenge met bottervlieë

 
Pieter Cordier van DP&L my borg vir vanjaar se FC

Verlede Donderdag klaar gemaak met die gevreesde antibiotika, man kyk dis net goed vir een ding en dis om jou gesond te maak, glad nie vir fiksheid nie. Saterdag weer vir die eerste keer gaan ry in twee weke, dit het gevoel of dit die eerste keer is wat ek fietsry, my hart jaag sommer as ek net 'n bult sien en dis maar baie plat hier by ons. Sondag beter gevoel maar nog nie reg nie, alles pla, my sak, my helmet, my skoene en ek sweet soos 'n vark, ek moes ernstig waak teen negatief raak.

Gelukkig het ek 'n voorryer alias Jongman August, hy het bietjie oorleg gaan pleeg met ons foutjie van verlede jaar voor Centocow, kan nie glo hoekom ons die fout begaan het nie, dis bykans alles afdraande na Centocow van ons foutjie. Hy gaan die pad vir my mooi merk met Milobars, hoop nie die anner manne eet dit nie. Jongman klink vir my baie fiks en gereed vir die race, hopelik raak ek gou weer gewoond aan die pas en kan ek hom dalk vang en weer so jaagsessie insit.

Today's Achievements are Tomorrow's Targets

En daar gaan Mike en sit 'n teiken op sy rug, ek praat net gister met Allan en sê ek sal maar kyk hoe ek voel, mik maar vir Centocow tewyl ek nog nie so lekker, lekker is nie en daar beplan Mike sommer my race vir my. Ek dink hy en die Commander is aan die konkel, ek kan al hoor wat die commander vir my gaan sê :
" As Mike dit kan doen moet jy net beter !!!!! "

Een ding is seker, my kop is reg, of is dit verkeerd ? Ek hoop net alles skop in en uit wat geskop moet word, en ek vertrou nou ernstig op daai muscle memory ding.

Hier kom 'n ding...........

Miles for Smiles DONASIES

http://www.milesforsmiles.co.za/component/content/article/101-freedom-challenge-.html

Ek sal die pyn op my dra, sit julle die Smiles op die Kinder gesiggies !!!!!!!

No comments:

Post a Comment