6/22/2011

Dag 6 n baie siek Dag

Was veronderstel om 3H00 saam met Glen te vertrek, toe al my planne 1H00 verander met n maagontploffing, 15 minute later 'n erger ontploffing. Teen 3H00 is ek 'n gekwalifiseerde spraypainter, ek het al die gang en die hele badkamer geverf, maak dit nou al met die tweede spray slag tot by die toilet. Nogal snaaks hoe vinnig rehidrate van kleur kan verander. Glen en Andrew wil hê ek moet saam, maar ek dink nie so nie, om 'n bib teen die spoed van weerlig af te kry gaan nie werk nie. Val maar toe terug in die bed, waar ek die heeldag spandeer het, kry myself baie jammer, oorweeg dit self om tou op te gooi, al my beplanning en oefening in 'n oogwink opgedonner, indien ek wil aangaan sal ek eers gesond moet word.

Ek was lanklaas so siek, het eenmaal voedselvergiftinging opgedoen tydens 'n 12 uur oefen sessie waar ek met kabanossie ge-eksperimenteer het, dit was die vinnigste wat ek nog ooit 5kg verloor het..... en die gevoel wat ek nou het voel dieselfde, ek is besig om 'n padjie deur te trap na die badkamer. Andrè se arme kinders help al om die oom se gemors skoon te maak, die oom se enigste krag lê nou in sy maag ontploffings. Niks wil binne bly nie en ek besluit toe maar om die kiem uit te honger en eet niks nie, lê net en probeer die kiem dood honger. Elke keer as ek poog om op te staan, gee my maag 'n wille draai en vel my weer op die bed neer, ek baklei nie meer nie, lê maar net.

August daag op en praat my moed in, so ook Estelle en Errol en daar daag Tim op en sy beplanning werk ook nie lekker nie. En ek besluit hierdie ding gaan ek klaar maak al is dit net vir die Miles for Smiles kinders, maar klaarmaak gaan ek klaarmaak al grom my maag nogsteeds vir my, dit bly darem nou al binne.

Andrè maak vir my swart gebrande rooster brood, 'n ou boere raad vir 'n omgekrapte maak, die aanbrandsel verdryf die klieme met elke happie en stadig kry ek weer kleur, nog nie krag nie, maar kleur en lewe. Met aandete besluit ek om 'n klein bakkie yougurt aan te vat, net om die nodige bakterie terug in my maag te kry om die kieme finaal te oorwin. Gedihidreer en pap val ek in die bed, ek, Tim en August gaan more vroeg in die pad val, wel eintlik gaan ek 'n poging aanwend en hoop vir die beste.......

No comments:

Post a Comment