6/20/2011

Dag 2 Centocow - Banchory


Baie vroeg oggend in die ysige koue val ek in die alleen in die pad, die Kruger broers dink ek is mal, maar ek weet alleen beweeg ek baie vinniger as saam met iemand, Marie het my laat weet August wag by Ntsikeni, sy kniee is nie lekker nie, maar my aansporing sal hom dalk motiveer om die dolle jaagtog voor te sit. Ek geniet middagete en August kom te voorskyn, hy het Ntsikeni amper in een haal gehaal maar betaal nou die prys met 'n baie seer knie. August is half moedeloos, maar ons jarelange vriedskap van 15 dae spoor hom aan, my plan was om Masakala te haal, maar Banchory saam met 'n lewenslange vriend sal doen, more voel hy beter en dan kan ons weer jaag.

Die pas is stadiger, maar die geselskap is uitstekend, ek verloor bietjie fokus, maar tyd saam met my bloedbroer is baie beter, in die stilligheid hoor ek op 'n spoedige herstel vir August, ek weet hy kan, maar ek sien ook die knie pla maar baie. Met laaste lig besluit my agterste ratkabel besluit om die gees te gee so 15 km van Banchory, 'n klippie om die derailer te spraq sodat ek die regte rat kan kry sal moet doen tot ek herstelling kan maak in die lig by Banchory. Die teespeod ry my, eers die duikboot sessie in die Umkomaas en nou sommer die gebreekte kabel op my tweede dag, Banchory sal maar moet doen.

Gelukkig het ek 'n spaar kabel en in die koue van die aandlug herstel ek gou die probleem, dalk beter vir August om 'n blaaskans te vat, klink my Alex beplan om in Masakala te slaap, darem nog nie te ver voor my nie. August het gereel vir medikasie in Masakala, nou vir lekker warm slaap en more kan ons uitgerus weer vir Alex jaag.



No comments:

Post a Comment