6/25/2011

Dag 10 Stuttgaurd - Struispoort


Val met net 3 ure slaap in die pad oppad na oom Gawie van Gansvlei, ek en Tim is nou op 'n ondekkings roete, ons bespeur moontlike oornag plekke vir toekomstige races. Jy weet nooit waar jy jouself doodmoeg in die middel van die nag kan bevind nie, en met 'n slaapsak gewapen kan jy bykans enige plek 'n rusplek vind, enige beskutting sal doen om die koue weg te keer. Oom Gawie het blykbaar geweet ons is oppad, want hy staan sommer klaar reg met die koffie. Oom Gawie wys vir Tim die vergroote foto van die toegesneeude Schufteberg wat ek geneem het in 2009 met my noue ontmoetting met Rageltjie de Beer, die foto hang trots bokant die kaggel. Ons gesels lekker met Oom Gawie, ruil 'n paar ou Freedom Challenge oorlog stories uit tewyl ons plaas koffie en lekker boere beskuit geniet. David het weer regte Freedom Challenge weer gereël, 'n stormsterk wind bring ysreën asof dit nie al genoeg gesneeu het nie.

Die Freedom Challenge se wenresep: wind, modder en reën, een lekker gemors wat jou heeldag kan frustreer en besighou, tap jou energie bietjie vir bietjie en speel mind games met jou gemoed net soos die Freedom Challenge kan. 15H00 weg by Grootdam, David skuif die support stations elke jaar verder weg, en die nuwe pad knaag weer 'n hele paar ure saam met die wind weg, vat ons 5 ure met die helse wind en modder om onder in die poort te kom en ons wou 'n 100 km verder gewees het.

Die wind pla ernstig, daar is nêrens plek om weg te kruip nie en stadig veg ons voort teen die wind op die afdraande na Tollie's Safari's, dit neem ons bykans 2 ure om daar uit te kom, gelukkig bied die portage skuiling teen die wind. Tim wys my 'n makliker manier om by die begin punt van die Struishoek portage uit te kom, nogal 'n voordeel om saam met Tim te mag ry en al wat oorbly is die klipperige Struishoek portage. Struishoek portage word elke jaar deur Oom David Hobson gemerk, te veel challengers het al verlore geraak in die poort en in die donker nag lei die spoor van gekalkte klippe ons na die veiligheid en gasvryheid van Oom David en Tannie Verity Hobson se warm kombuis. Dis nie enige Challenger wat by Oom David en Tannie Verity mag oornag nie, ek en Tim is van die min gelukkiges en ons kamer is reeds gereed gemaak vir ons. Terwyl ons 'n lekker aand ete saam met geniet was Tannie Verity se skoonseun ons modderbelaaide fietse en maak hulle gereed vir more se aanslag.

Dis regtig 'n groot voorreg om van Oom David en Tannie Verity  se wonderlike gasvryheid gebruik te kan maak, hulle het 'n baie spesiale plekke in my hart vir hulle uitgekerf en ek sou graag meer tyd saam met hulle wou spandeer. More mik ons vir Bucklands dit gaan 'n lang dag wees.....


No comments:

Post a Comment