6/30/2010

Dag 12 Waste of time to Willomore




Dis soos ek gesê het moenie beplan vir die race nie, ek moes vanaand in Prince Albert geslaap het en waar is ek ? In Willowmore oor 'n simple wind wat ons beperk teen 6 tot 10 km/h, die wind waai tot die asem uit my longe uit, my bene en my fiets is ge-sandblast, my ooglede is 'n paar keer soos ballonne opgeblaas, my humor is gisteraand al weggewaai, trek seker teen die tyd verby Australia. En ek, ek is gatvol vir die wind wat al my mooi planne beduiwel.

Die duiwelse wind briek ons om elke hoek en draai, dis 'n sieldodende wind met 'n voordurende geveg om regop te bly, die wind waai enige kans op gesprek weg, nie dat ek krag het om enigiets te gesels nie. Ons stoei voort, in die verte verskyn Willomore, maar die dorpie kom nie nader nie, die wind hou ons afstand, in my kop maal die planne. Gaan ons aanhou stoei teen die Helse wind, gaan die Helse wind een of ander tyd gaan lê, moet ons deurdruk na Rondawel, met die wind is Prince Albert heeltemal buite die kwessie, wat staan my te doene ?

Ek besluit om net eers Willomore te maak, inligting in te win oor die weer en waar Crous homself bevind en dan op 'n vol maag 'n ingeligte besluit te neem. Net na 16H00 betree ons Willomore, ek maak gou 'n paar oproepe, dit het Carl 12 ure geneem om 100 km te die helse wind te wen, dit wil voorkom of die wind moontlik sagter gaan waai in die vroee oggend ure. Carl vermoed ek gaan in Prince Albert slaap na die geveg. Ek beluit om laer te trek, ons is nou in die finals en dis nodig om slim besluite te neem, nog 'n 12 ure geveg teen die wind gaan nie werk nie, ons eet, slaap en staan 12 uur op en pak dan hopelik 'n matiger wind vroeg oggend, as die wind gaan lê behoort ons vroeg middag in Prince Albert te wees, wat ons met genoeg tyd laat om die Hel te maak. Gelukkig kan ons nuwe planne maak. Al wat my nou nog 'n moerse smile kan gee is julle donasies vir Miles for Smiles. Gaan kyk op die website www.milesforsmiles.co.za en maak jou donasie sodat ek weer oor iets kan Smile !

No comments:

Post a Comment