6/20/2010

Dag 3 Banchory - Malekholonyane




Spring 5H00 weg, alles gevries kan nie eers water kry vir bottels nie, gelukkig begin warmkraan te drip.
Dis so koud August se baard vries, ek hoop dit was water en nie 'n neusafskeiding nie. Ons bevind ons nou weer in die onmiskenbare deel van die land waar paraffien nog die hoof energiebron is, die reuk is so dik jy kan dit sny.
August het nie meer kaarte nog nie, hy het vir Carl en Marnitz, Carl is altyd regs en Marnitz donner altyd links. Gelukkig kom ons altyd op die regte plek uit sonder om te ernstig af te dwaal. Ek en Crous raak aan die redekawel oppad na Queen Mercy, ek wil links en hy wil regs, August volg maar net en ons gaan toe eers links en draai toe maar regs en kom toe by Queen Mercy uit.

Ons informante het ons ingelig dat Mark en sy vennote jaag om voor ons te bly, hoe sê Crous nou weer ?

Hy ryk hom, die trein het nou twee Commanders en een jong stoker.

Met laaste lig val ons by Malekholonyane se deur in, 'n goeie dag agter die blad, ons jaag nou om Mark en sy vernote te vang en dan jaag ons ook om voor Andrew Barnes te bly, Crous het hom die aand voor ons weggespring het, belowe dis die laaste keer wat hy ons op die race gaan sien......

Dit sit nou 'n helse smile op my gesig en alles moontlik gemaak deur PG Glass Klerksdorp om nuwe glimlaggies op gesiggies te sit. www.milesforsmiles.co.za

No comments:

Post a Comment