6/21/2010

Dag 4 Malekholonyane - Rhodes







Begin 5H00 ry alles werk lekker, net na 16H00 in Vuvu ek en Crous stry nie oor links en regs nie, daar is blykbaar net een pad

August het ook nou geleer dat graspolle net goed is om jou wakker te hou en jou alie op te foeter. Hy sê sy alie is nou al so seer, dit voel of hy op 'n byl sit en 'n kaktus ry, nogal baie na aan die waarheid. Ek besluit om Lehana's in die nag aan te val, Carl twyfel, dis gevaarlik redeneer hy, maar ek oortuig hom en 17H00 val ons in die pad. Dis 'n dolle jaagtog om by die begin van die pas te kom voor die laaste lig wyk, ons maak dit, oorienteer ons met die landskap, kry ons merkers en  begin Lehana's klim teen 18H00 met 'n string Engele en 'n hoop vol gebede. Net toe ek dink ek en Crous is nou op een pad, begin ons weer met die links of regs kwessie, ter will van oorlewing en tyd besluit ons toe maar op Crous se pad, dis baie styler maar gaan ons wel op dieselfde kruin uitbring.

Die maanlig is so helder ons klim sonder ligte die hemelruim in, die sterre is naby en verlig die sprokiesmooi sneeu wat plek plek vir ons loer. 11H00 klaar geklim en carl besluit ons roep halt by Tena Head, hy sal vir almal betaal, ek weier botweg en die beslissing val in my guns. Ons val in die pad na Rhodes, dis vrek koud, die wind waai nie, maar die lang afdraandes vries my binneste, 1H00 kliphard gevries val ons by Rhodes Hotel in, kyk my pikante lyfie is gebou vir afdraandes, maar nie vir -14 afdraandes nie.

Ons sit voor 'n warm kaggel en eet ribbetjies en groente, seker maar gedink ons gaan aan skeerbyk lei, David verlekker hom in ons links en regs tog en met groot smiles gaan slaap ons, ons het vir Mark en sy vernote gevang, Andrew Barnes het die aftog geblaas en nou is die nuwe man is die visier Ales Harris. Alex het 'n paar dae voor ons weggespring, maar tydgewys is ons nou voor hom.



No comments:

Post a Comment