6/28/2010

Dag 11 Bucklands - Dam se Drift





Die sleeping beauties ontwaak uit hul hinderlaag, spring goed weg. Die duiwel se wind steek op, waai reg wes, die wind blaas so lekker, dit blaas my van my fiets af. Die rusdag het my lyf in herstel geplaas, gedink die oorlog is verby, my kniee en enkels is dik geswel, my oë is gepof en die lyf weier, met elke kilometer gaan dit beter en stadig besluit my lyf die oorlog is nog nie verby nie, daar is nog nie tyd vir herstel nie.

Net voor 16H00 in Cambria ons behoort voor 24H00 by Damsedrift te wees, net 80 km en die klowe behoort ons te beskerm teen die wind. Ons val in die pad en die verlange pak my beet, ek mis my wonderlike vrou en kinders, hulle ondersteun my 'n 1000% in wat ek mag aanvang en uitdink, ek mis my familie en pelle en besluit toe sommer om almal te bel.

Bo op die berg onder skuiling van fynbos beloer ek en August die sterreprag, ons vorder goed. Die laaste 30 km besluit die wind hy gee ons 'n time penalty, ons beweeg @ 10 km/h as jy nie afgewaai word nie. My middernag planne verdwyn en word 1H40, August leer nog nuwe woorde, die polisiehond modder, die F@kken sinkplaatpad en die F@##%n Duiwelse wind. August val weer terug, ek gaan haal en stoot sy fiets, die pad word alweer lank, heeltemal te lank vir my smaak en kort voor lank het ek en August 'n baie diep gesprek. Ek kan nie so aangaan nie, of  August delf diep vir nuwe kragte en bly by my of ek los hom, ek vra hom sy sel nommer, sodat ek seker kan maak hy is oriaat op my tog vorentoe. August gee my sy nommer en ek beduie hy moet net aanhou met die pad en ek val in die pad teen die duiwelse wind. Blykbaar was dit die aansporing wat August nodig gehad het, harde woorde van inspirasie, want sy liggie bly op my hakke. So 15km voor Dam se Drift vind ons skuiling teen die wind, 'n blaas kans om my bloed af te koel, gaan niks nou nooit weer vir ons regloop nie ? Moeg geswoeg gaan slaap ons 3H00 die oggend in die beskerming van Dam se Drift  met die geloei van die wind in my ore en ek wonder waar bevind Carl Crous homself nou ?

No comments:

Post a Comment