6/19/2010

Dag 2 Centocow - Banchory




Trek 5H00 weg dis tanneklap koud, August wonder of hy sy tog met die ou manne moet voortsit, in die bibberende koue roep ons herhaaldelik na die jongman en hy gee in op die geroep en kom te voorskyn gewapen met sy mediese blou rubber handskoene teen die koue. Ek gee die handskoene so kyk en wonder by myself wanneer gaan die jongman se vingers afval, dis spierwit geryp en ek kan nie dink hoe gaan die dun rubberhandskoene die koue afweer nie, gelukkig word ons sommer gou warm met die eerste 600 m klim.

Ons 3 ry lekker saam net na 13H40 in Ntsikeni, dis weereens bewys dat 'n David kilometer langer of korter kan wees, dit hang net af hoe hy dit meet. Byvoorbeeld van Ntsikeni lodge na die hoofkamp meet ons met gebrekige toerusting 6 km, David kry dit as 4km maar ek glo dis korter sonder 'n rugsak en as jy die natuurskoon waardeer.

Druk deur na Banchory waar ons vermoedelik voor dooie mans deur kom, gelukkig het ons vir die Commander en met sy generaal stem, bulder hy lewe die huis in, net voor ons verkluim maak hulle die deur oop en toe so ons uitvind ons slaap op 'n ander plek gelukkig nie te ver nie. Carl lei aan hipotermie, die man bewe tots sy koffie uit sy koppie uit, ek ken die tekens van hipotermie en toe Crous nie wil eet nie begin ek worrie. Ek jaag hom in die warm stort in en daarna onder 'n berg komberse in, na 'n hele ruk besluit hy om iets te eet en ek voel toe sommer ook beter. Die boer maak skottels vol water, stel die koue kraan op so drup-drup sodat ons water kan hê vir more.

More trotseer ons -10, ek het alweer 'n lastige hoesie en Carl bewe nog steeds soos 'n riet.


No comments:

Post a Comment