Ek is letterlik uit my skoene toe Andre Britz my sê dat Eduard op pad is met nuwe skoene, 9H00 daag hy op met 'n ekstra geskenkie my wonderlike vroutjie, ek wil sommer huil, die emosies van die afgelope week wel in my op, dis soos 'n dam wat wil bars, ek wil hulle van alles vertel maar ek weet nie waar om te begin nie en die tyd staan nie stil nie. Hulle het gister weggespring uit Klerksdorp, in Bloemfontein oornag en vroeg vanoggend deurgeskiet na Jamestown en toe die modderige pad gly-gly na Kranzkop aangedurf. Sandra en Diederick voorsien hulle van 'n bakkie vir die laaste stuk na Moordenaarspoort, stads karre is nie gemaak vir die modderige paaie nie, my skoene ook nie. Ek wil my vroutjie net vashou, ek is baie broos en het haar liefde regtig baie nodig, wens ek kon haar in my rugsak inpak en saamvat en in 'n oogwink neem ons afskeid en ek durf die baie moeiliker meer emosionele pad nou aan. My hart vergaan van verlange, al waaraan ek dink is Melanie en die kinders en asof dit nie genoeg reën nie stort ek sommer nog 'n traan of twee, moet ek nie maar ophou en saam met hulle terugry nie, ek was in die regte army en ek het mos my deel van bloed en sweet en afkak daar gehad, hoekom dan nou weer ?
In die warboel van gevoelens en verlange sê ek vir Mark hy moet maar gaan, ek nodig tyd om myself weer te vind, maar hoe vind jy jouself in die warboel van ysreën en oneindige modder, hoe vra ek jou ? Mark verdwyn in die verte en stadig vind ek myself, die Freedom Challenge was my keuse, niemand het my gedwing nie, ek het dit begin en ek gaan dit klaarmaak, mens hou nie net op nie, jy veg eers en wanneer jy jou laaste asem uitblaas, dan gee jy eers oor.......
Ek kry vir Andrè langs die pad, hy geniet ook nie die warboel nie, ons ry so rukkie saam en dan groet ek hom, my visie raak weer duidelik soos die gly spore wat Mark vir my agter gelaat het, ek vang hom net voor Vaalbank, Sandra is oppad met lekker kos. Sy vertel my wat 'n wonderlike vrou en vriend ek het, hulle moet baie spesiaal wees om so ver te ry en my in my nood te hulp te snel, en die verlange wel weer op in my.
Mark besluit hy het eers genoeg gehad, hy gaan bietjie rus en van die warmte inneem voordat hy more weer die tog sal aanpak en ek bevind my weer alleen in die alomteenwoordige koue en modder, alles loop goed en ek hou koers met my nuwe skoene. Ek kan nou weer trap en ek bou spoed op, net om weer die pad byster te raak voordat ek die Jamestown teerpad moet kruis, ek is so 3km links van die spoor af en 'n vriendelike boer beduie my so 4km terug na die teerpad en ek vat weer die regte spoor. Wat is nou 8km draai op die Freedom Challenge ?
Vordering is stadig, die pad is glad nie lekker nie, ek is weer alleen in die helse koue en hopelik is ek op die regte pad, sien 'n bewegende liggie in die verte net na die Gansvlei stasie, stadig maar seker rol ek die liggie in, dis Brett en ek weet nie wie is meer gatvol as die ander nie. Dis weer 'n klipperige hobbel pad, die blitse sak op ons neer en die reën verdrink ons en ek wens ek was al by die warmte, net na 21H00 trek ek by Brostelea in, op soos ou skoene, gelukkig blaas die warmte en lekker kos weer nuwe moed in my are in....

My linker knie en regter elmboog bietjie seer, gat verskriklik seer, die potklei en modder maak 'n onvergeetlik grinding paste wat geen agterstewe ontsien nie, probeer nie daaraan dink nie, my gedagtes by my familie en pelle.
Waarvoor is swart potklui goed ? Voel nogal lekker tussen die tone, onaangenaam tussen die boude maar eintlik net goed om 'n fiets op te f@k.
No comments:
Post a Comment