6/17/2009

Dag 2 Centocow - Banchory

Mnr Dlamini en sy seun
Glad nie geslaap nie, een by siek baba een by simple hoender haan en 'n arsenaal muskiete ook nie geëet nie, deel van die freedom experience. Het dit op 'n stadium oorweeg om maar op te staan en aan te gaan, plaas het ek maar dan was ek nou net so moeg gewees. Mnr Dlamini vra of hy vir my warm water moet kook vir 'n skottelbad, ek dink so bietjie en besluit ek was al vuiler in die army en dis net ek wat my eie stink moet opsnork. Mnr Dlamini vra my watter raad ek vir sy seun kan gee, ek dink so bietjie en besluit toe maar op "Never give up no matter what the situation "

En so begin ek 7H00 met die lang klim, smaak my ek klim hemel toe en as ek geweet het ek gaan 640m klim in 11km het ek dit gisteraand gedoen, weet nou hoekom Tim dit in die aand doen dis beter as jy nie kan sien nie. My granny gear opgef@k in die nuwe Umkomaas deel, het 'n paar van ouma se tanne omgeklink en haar 'n wilde kinkel gegee. Sukkel die berg uit sonder ouma, besluit toe maar om noodsaaklike herstelwerk op ouma te pleeg en kry haar toe so semi reg sodat ek weet my granny kan gebruik. Hier sal jy doodgaan as jy nie 'n granny het nie. Na drie Epic's was ek heilig oortuig dat daar geen erger roete beplanner as Dr Evil Evans kan wees nie, hoe verkeerd kon ek wees ?? Ontmoet sy edele Dr Very Evil David Waddilove, hy gebruik blykbaar net die hoogste berge en maak van geen paaie gebruiknie. Ek dink toe hy die roete uitgedroom het, het hy eerste die hoogste berge uitgesoek net sodat hy kan sien hoe hy moet ry tot by die volgende berg.

David se sogenaamde paaie
Ek vorder goed, gelukkig lieg kaarte nie en ek betree die laaste berg voor Ntsikeni, en as ek nou gedink het die berg na Centocow was erg ontmoet ek nou die monster, die roete is besaai met klippe en dis 'n moerse opdraande. Gelukkig vind ek die pad na Ntsikeni en ek is baie bly om weer vir Jaco Strydom te sien, vra uit oor my yster mededinger Carl Crous, en soos vermoed is Carl op my spoor, ek beter aanstoot. Ek maak kort en mette met die lang gras op pad na Politique, daar is 'n nuwe dringendheid in my, moet voor Carl bly......

Ek verloor myself weereens oppad na Glen Edward, draai iewers te vroeg links op 'n pad, ek beweeg in die regte rigting maar kom op heel verkeerde plek uit, verseker die verkeerde pad, maar daar was dan fiets spore, hoe dan nou. Klop by 'n boer aan en hy lei my weer op die regte spoor, ek sal my gat moet roer as ek vanaand nog by Masakala wil slaap. Dis baie frustreerend om heeltyd die pad te moet soek, jy weet nooit of jy op die regte pad is nie, al is daar fiets spore is jy nooit oortuig jy is op die regte spoor nie.....

Die son hang laag en ek kan voel iemand het 'n moerse vrieskas iewers oop vergeet, so met die donker raak slag stop 'n bakkie by my, dis Mike van Banchory, hulle wag vir my, die huis is oop en ek kan solank smul aan die snacks, hulle gaan net gou iets op die dorp kry. Ek praat iets van ek moet Masakala haal vanaand nog, Crous is op my spoor en hy praat van dis nog ver en ek moenie worry nie die Freedom Challenge het laat weet dis net ek en daar seël ons die deal.

Dis hemel op aarde in Mike en Margie se huis, dis warm, daar is musiek, lekker snacks en ek kan 'n warm bad vat. Baie aangename mense, Mike vra my tot hoe hy my lekker dik steak moet braai en ek lê aan by 'n konings maal, rooiwyn, smul lekker steak, boere poedinge en 'n lekker warm bed.

My beker loop oor en goed gebalsem sal ek more vroeg in die pad val om voor te bly......

No comments:

Post a Comment