6/19/2009

Dag 4 Malekholonyane - Vuvu



Trek die oggend vroeg weg, ek het weer 'n groep mense om saam te bondel, ek is maar 'n eie wys mannetjie en doen gewoonlik dinge maar so op my eie en die nuutgevonde bende van my bespiegel heet te veel orr waar hulle eintlik heen wil gaan en binne 20 minute bevind ek myself weer alleen, met my eie versekering ek is op die regte pad. 'n Rukkie later bevestig ek my vermoede toe ek Deon Botha inhaal naby Ongeluks Nek, hy het die Bundu Bash, donga strompel grapol in die hol moeiliker roete vermy,die Ride toe Rhodes manne volg 'n "makliker roete" en so elke nou en dan deel ons dieslfde roete en ek weet nou ons is op die regte pad. Nog Ride to Rhodes manne vang vang ons en ek vorm my eie nuwe bende, ons besluit saam waar om af te draai en betree die vallei met ons ook op die skool en die water tenks in die verte. Ons vind die skool, kry die water tenks, maar nie die pad waarvan David praat nie, bepyns die kaarte en bevind ons is op die regte plek , maar van david se roete is daar geen sprake nie....... Steven Thomas een van die Ride to Rhodes guardians daag op, hy bevestig my vrees ons is op die verkeerde pad en ek het 'n keuse of ek kom op die regte pad of ek kry 'n Time Penalty as ek op die verkeerde pad bly.

Daar is geen keuse vir my nie, 'n Time Penalty sal betekin dat Crous my inhaal en moedeloos verlaat en my nuwe bende, alweer op my eie, kry gelukkig weer 'n skool nog 'n water tenk en david se regte pad en ek maak soos beesmis : Val in die regte pad.

Die pad na Tinana
Die pad na Blackfountain is tricky en ek volg die kaart en roete aanwysings tot op die woord, kry Blackfountain en foutloos pak ek die tog aan na Tinana, maak weer so wilde draai net voor Tinana, die Freedom Challenge is genadeloos, net wanneer jy 'n goeie dag beleef en dink jy's die Mackie van die plekkie dan sit die Freedom Challenge jou netjies in die stof neer waar jy hoort.


Ek het al gehoor van die Vuvu vallei,
My Spoorsnyers
hier het jy 'n keuse van hoe ver jy wil verdwaal enig iets van 30km tot aan die einde van die aardbol waar jy af kan donner, ek kan nie bekostig om weer 'n fout te maak nie en die keer volg ek die kaart stiptelik. Dis so asof ek die laaste strale van die son oor die horison trek, ek moet die plek in daglig vind of ek val van die aardbol af, my geluk is die sigbare vure van die hulle net onder die Vuvu plato. Ek klim tot by die hutte al vraend na pad en ek kry 'n paar gretige spoorsnyers, hulle sal my die pad wys, en ons donner teen die kranse uit, dis nie 'n pad nie, dis 'n opfok bobbejaan klim teen die krans met jou fiets op jou rug uit en ek begin wonder of ek in 'n lokval ingelei word, is die manne nie dalk agter my fiets aan nie........

Bo gekom sien ek die ligte van die toring naby die skool en ek kry amper 'n gemoedsbekaking van vreugde, my spoorsnyers het my op die regte pad geplaas, uit dankbaarheid deel ek my laaste padkos uit en jaag na die ligte, ligte van beskerming, kos en rustigheid........

My Vuvu kombersbed

Fiona en die res van die manne wil weet waar ek die pad byster geraak het, en ek wonder self oor hoeveel keer ek vandag die spoor verloor het. Ek wonder nog of ek nie maar Lehana's pas in die nag moet aandurf nie, ek weet Crous is op my spoor, Steven oortuig my om eerder vir daglig te wag, hy sal dit nie vir 'n eerste keer aanbeveel nie, daar kan die aarde jou insluk as jy mis trap...

Ek en Deon Botha deel 'n huis van een van on Vuvu weldoenes, hulle trek uit hulle huise uit om die hele nag langs 'n warm konka te spandeer sodat ons veilig en snoesig onder die lae komberse in hulle huise kan slaap.

Ek wonder vanaand sal ek uit my huis uittrek om in die snerpende koue langs 'n konka te gaan waak, sodat 'n vuil stinkende fietsryer in my bed kan slaap ?

Dis hoe dit hier werk, mense wat niks het nie is eitlik baie rykers as ons wat alles het........



No comments:

Post a Comment