6/18/2009

Dag 3 Banchory - Malekholonyane




Sonsopkoms Taylerville
Stap 5H00 in 'n vrieskas in, dis bliksems koud, my waterbottel word 'n slush puppy en ek hou nie van slush puppy's nie !

Ek spoed voort, maar ek maak weer 'n simple fout en draai te vroeg links in Taylerville, gelukkig besef ek gou my fout en ek is net in tyd om die asemrowende sonsopkoms te sien. Vandag gaan 'n goeie dag wees......


Alles loop re altyd reg Freedom Challenge, kan dit waar wees, ek bevind myself vroeg oggend by Masakala, sommer baie trots op myself, nou vir Malekholonyane, gelukkig nie te ver nie en ek behoort dit met laaste lig te maak, het ek gesê ek behoort.......

Ek sny deur die Kinra vleiland, maar so ook sny my saal deur my hol, die graspolle is besig om my hol op te vreet deur my saal en op 'n staduim kan my hol nie meer verder nie, hy het salfies nodig sommer 'n handvol. Ek het al per geleentheid 'n man op die Epic sy broek skaamteloos sien drop sodat daar nodige herstelwerk gedoen kan word, ek is nou daai man. Ek staan skaamteloos in die vlaktes en balsem my teur boudjies en die verbygangers verwonder hulle aan my, wat doen die man, sit daar iets vas ???

Maak Queen Mercy, kry 'n lekker Coke, so yskoue Coke is altyd goed vir spoed, veral as hy so bietjie in die van koue in die keel afbrand. My kaartwerk is spot on, ek sien die Twins aan my regterkant op die Mparane kruin en ek vermoed in die verte is die sogenaamde Gladstone plaasopstal en ek draai links......

Die verkeerde pad van Mparane af.....
Dis die ding van die Freedom Challenge nes jy dink jy is op die regte pad, dan onspoor jy en jy wonder waar de donner is jy nou eintlik, onder in die vallei ondek ek , ek is weer op die verkeerde spoor en ek gaan verseker nie weer teen die berg opdonner nie, die son is besig om te sak en ek weet nie mooi waar ek is nie.
Kaarte lieg nooit nie, David se roete aanwysings lieg gewoonlik en ek bepyns die kaart in detail en ek vind myself weer op die kaart. Kry die Gladstone opstal en val weer in op die regte pad, die roete aanwysings praat iets van volg die grensdraad so ver soos jy kan en ek doen dit, so ver as wat ek kan tot amper op gelyk grond. david ken seker nie ons Wes Transvaal burgers nie, ons doen blykbaar alles tot op die uiterste.

Ek kruis die rivier en ek vermoed ek is op die regte pad, in die verte sien ek iets soos die blou lig van 'n polisie stasie en ek besluit dis waantoe ek mik, al probleem ek die feit dat ek my in Koning Rosekrans se braambos bevind en die goed moer my op van 'n kant af. Ek veg my bloed besaaide pad oop na die grond pad, uitkoms uit die hel en ek is weer op die regte pad, net so na sewe by Malekholonyane, baie trots op myself !!!

Vraag: Waarvoor is graspolle goed ? Beslis nie om jou boude af te vee nie, op die Freedom om jou hol op te ert. What goes up must come down, what goes up and down became the Freedom Challenge.

Tot ek het nou al n humorsin gekry jy raak nogals baie dinge kwyt so in die alleenigheid, ek spreek nou al tale wat ek self nie verstaan nie

No comments:

Post a Comment