Beleef die dag vir dag ervarings en omswerwings van my gedurende 'n Freedom Challenge..... " You have never lived until you have challenged life, and for those who have, life has a flavour the protected will never know " Marnitz Nienaber " Make your journey count, make a difference " David Grier Miles for Smiles
6/30/2015
Rouxpos - Montagu 8H22
6/29/2015
Prince Albert - Rouxpos
Ja regop !!!
Maar korporaal dis dan regop..
Ek weet !!!
Ma koropraal, bobbejane klim nie eers daar op nie, hoe moet ek dit met 'n fiets doen ???
Jy gaan regop, kry jou fiets in die hoogvoor, sit jou een voet voor die ander en kyk voor jou!!!
Ek sal agter jou kyk !!!!
Ma korporaal......
6/28/2015
Willomore - Prince Albert in 'n briesie..
Die Banana Boyz is reg vir die pad, my neusgate is oopgesper, my ore ingevou, hier kom 'n dice, ek voel dit in my linker toon, ek sluk my kos so vinnige af die vurk word amper saam gesluk. Die kettings het ek al ge-olie met die stop slag, al wat nou oorbly is om die spoor te vat en te jaag, die Banana Boyz te vang en dik kuite vir hulle te wys. Die wind blaas weer reg van voor en die tenk vang maar stadig spoed, nie altyd so baie vinnig nie, maar so blerrie konstant as ek dit self mag sê.
Ivor het my op sleeptou, moet sê dis 'n lang sleeptou, hy is so kilometer voor my, maar hy bly net 'n kilo voor my, die spore wat ons jaag word duideliker, die manne kan nie te ver wees nie. Hoe vinniger ons jaag hoe harder blaas die wind, dis 'n ysige wind, maar dis weer lekker om iets te jaag, my hart klop sommer warm, Lindsay van Dennehof verskyn, die kookwater vir die koffie is nog nie reg nie en hy deel ons die baie goeie nuus mee, die Banana Boyz is net om die draai. Ons besluit die koffie kan wag vir Dennehof, hierdie dice is nou heeltemal te dik en ons val in die pad, moet sê die Ingelse was baie gaaf gewees, hulle het ons sien aankom en soos dit hulle betaam die hek vir ons oopgemaak en 'n erewag gestaan, ons voorspoed toegewyf en die hek agter ons toegemaak.
En toe sit ek die hammer neer, ordentlik neer bedoel ek, ek sit voor en Ivor agter, die man verwonder hom aan waar my kragte vandaan kom, ons begin 'n rol maal beweging en met so 10 kilometer oor roep Ivor halt, nie eintlik halt nie, ons moet ons kragte spaar vir more die Banana Boyz is hy seker gaan ons nie vandag vang nie. Ivor is verbaas oor die spoed wat ek uit die 26 duim fiets kan haal, ek lyk blykbaar soos 'n Oos Indiese resies hoender op die fiets soos ek die trappe klits, baie mense is seker verbaas oor my vermoëns, ek lyk blykbaar nie soos 'n racing snake nie, ook nie die gewoontes van 'n racing snake nie, maar diep binne my is ek baie moedswillig hardkoppig en dis 'n kop race die.....
Voor ons, ons oë kan uitvee is ons 14H30 in Prince Albert in tyd vir 'n middagslapie... en soos elke keer moet ek verduidelik hoekom ons die tyd van die dag stop, wel ek het 'n middagslapie nodig, 'n biertjie of twee, my fietsie het 'n was nodig, my kleertjies ook en die baas ook en op die hele Freedom Challenge is dit die plek om nie verby te ry nie, dit moet 'n dice om lewe en dood wees om nie te stop nie.......
6/27/2015
Kudu Kaya - Willomore
6/26/2015
Bucklands - Kudu Kaya
6/25/2015
Toekomst - Bucklands
Ek mis my vrou en kinders geweldig baie, beelde van hulle speel deur my oë, dis soos 'n liedjie wat in jou kop vashak, elke oomblik mis ek hulle meer en maal hulle meer in my gedagtes
6/24/2015
Stuttgaurd - Toekomst
Struishoek |
Indiana leer weer van af is regaf, al betekin dit jy neuk regaf oor al die klippe, en daar's baie 'n hele berg vol.
Ivor ontmoed die Struishoek ploeter en die baie spesiale boer aan die onnerkant se hand om ons veilig onder te kry. Ek vertel hom van Oom David wie se volk die klippe wit kalk sodat ons nie verlore moet raak nie,
Oom David en Tannie Verity Hobson wat my met geen keuse laat as om by hulle te oornag nie,
Oom David wat altyd met 'n flits vir my staan en inwag by die opstal, Oom David wat vir my slaap plek reël terwyl hy op vakansie in Namibie is,
Oom David en Tannie Verity wat 'n baie diep plek in my hart besit.
Oom David is weer op vakansie in Namibie anders sou hy ons nou hier onder ingewag het, en ek besluit sy groen grasperk is die regte plek vir 'n piekniek. Ek voel nou nog sleg omdat ek hulle soos 'n sleg skurk verlede jaar vermy het en in die bokkraal gaan slaap het, wel ek moes dit doen, elke aand buite was ekstra geld in die kinders se sakke wat dit baie meer as ek nodig gehad het.
Hy wat Ivor is vermoed ek kan baie beter doen op die Freedom, ek moet blykbaar net van my dikgat siekte en my tenk van 'n fiets ontslae raak. Maar hy wat Ivor is het vanaand gesien hoekom ek 'n tenk dryf, 'n tenk breek nie wanneer jy neer donner nie.
Soos dit van 'n Freedom Challenger verwag word en dan eintlik 'n voorreg is, is dit gepas om ten minste een keer op die race goed neer te donner en daarom het ek vanaand aan die vereistes voldoen. 'n Mens ken die gevoel van die point of no return, die punt is gewoonlik wanneer jou boude hoër as jou ore is. Wel vanaand was my boude baie hoër as my ore, en dit op 'n baie klipperige stukkie aarde. Om alles te kroon, land my getroue tank ook op my soos dit van 'n goeie en getroue fiets verwag word, altyd naby aan sy baas.
Ivor is dood stil, ek sou natuurlik my gat afgelag het, maar hy spreek geen woord, blykbaar omdat ek klaar al die groot woorde gebruik het. My hande voel of my skool juffrou hulle met 'n moerse liniaal gedonner het, daar is heelwat meer knoppe op my kniee, en Ivor swyg soos die donker van die nag, hy weier om te lag, ek is blykbaar 'n groot man en hy ken my nog nie goed genoeg om vir my te lag wanneer ek my gat afval nie. Ek het my cat eye moertoe geval, daar was net nie-werkende dele van die ding oor, gelukkig weet ek waar om te gaan, kan nou net nie meer presies sê hoe ver ons moet ry tot by die afdraai nie.
6/23/2015
Hofmyer - Stuttgaurd Die kort dag
Luiperd spore in Elandsberg |
6/22/2015
Kranzkop - Hofmyer
Ons val in die pad en voor 5 ure omgetik het is ons by Brostelea vir 'n vinnige koffie om net op te warm en weer in die pad te val, ons maak spoed op my mikpunt Elandsberg, Ivor se mikpunt : om klaar te maak, ek het al vyf keer suksesvol klaar gemaak, hy wil net graag eenkeer suksesvol klaar maak. Ivor bring die perde gesprek op en hy verduidelik dit nogal mooi, ek is soos een van daai groot trek perde, elke dag trek ek 'n swaar vrag en ek doen dit elke dag. Hy aan die ander kant is 'n goed opgepaste en afgerigte resies perd, daar word baie mooi na hom gekyk, hy is baie fiks en kan op sy dag enige resies wen. Ongelukkig is hy nie 'n pakdonkie nie en die Freedom maak hom seer, ons gaan dus van resies na trek oorbeweeg.
Die windjie begin so bietjie pla, dis 'n ysige wind, die goeie ding van 'n ysige wind is jy stop nie sommer nie, want indien jy stop verander jy in 'n gevriesde pilaar, ek verlang huistoe en nie eers die koue wind kan my stop nie, huistoe na my geliefde Ingelsman en die kinders moet ek bel en daarvoor sal ek enigiets trotseer....
Vroegmiddig doen ons by Romansfontein se gasvryheid aan, wel nie net gasvryheid nie, 'n ordentlike bord boerekos en sommer baie lekker geselskap, ek vra uit oor Tim, my groot Freedom Challenge maat en rolmodel, klink my dit lyk maar of dit swaar gaan, gelukkig ken ek vir Tim, hy's 'n ou bliksem, praat nie baie nie want dit maak nie saak nie, hy doen net en dit kan hy baie goed doen.
Iemand praat iets van die nuwe eienaar annerkant Aasvoëlberg het 'n dik pad geskraap, 'n man hoor altyd van dinge, maar die pad wil ek eers sien en waaragtig daar is 'n DIK pad geskraap, dit maak dinge heeltemal te maklik, wat ons gewoonlik baie meer as 'n uur gevat het neem nou net meer as 15 minute, dis eintlik belaglik en so in die stilligheid wonder ek of ek droom en of ek op die regte pad op die Freedom Challenge is. Ondergekom verduidelik ek die pad vir Ivor reguit aan met die pad, links en weer links, hou reguit aan tot jy Hofmyer se ligte sien, ons slaap by Karoo Lodge.
Ek het weer alleen tyd nodig, tyd om te dink, tyd om die Challenge in alle omvang in te neem, tyd om na my Ingelsman en my kinders te verlang, tyd om die helder sterre te geniet, tyd om na musiek te luister en tyd om sommer net alleen te wees. So in my eie gedagtes rol ek die pad op, die klim na die Vlekvlakte, die gansheid van die Vlekvlakte, die waarde van 'n oproep na my geliefdes en voor ek weet is ek in die vlaktes. 'n Kudu koei spring regvoor my uit die bos en geen wildsheining gaan haar keer nie, of die draad is dalk net te hoog of dis te donker, haar agterpoot hak in die draad en weerloos word sy vasgevang met die gekruisde draad en ek wonder wat de donner nou ?
Die kudu is nou enige jagter se droom, vasgevang in 'n heining sal sy verlos word van haar pyn en leiding, dis of dit of ek help, sy spartel en spring en die draad se greep versterk en vernou, en ek weet ek gaan nie sommer haar poot net suutjies uit die draad haal nie. Dis 'n moerse koeie, haar kop is heelwat hoër as myne en ek bly uit die pad van die hoewe, gewapen met my leatherman, al genade is om die draad te knip en haar vry te laat.......
Kudu vrygelaat, hemel sterre in die lug, warm hart na my gesels met die huis vat ek die alleen pad na Hofmyer en ek besef ek is gemaak om die pad alleen te ry, op die Freedom Challenge moet ek 'n alleen mens wees, heel teenstrydig met my alledaagse lewe, op die Freedom Challenge moet ek alleen wees om tot inkeer te kom.
Soos dik pad soos wat die boer van Aasvoëlberg geskraap het, so lank gelede het ons goverment die pad geskraap na Hofmyer en al wat oorbly is om so vinnig moontlik die sinkplaat pad na Hofmyer klaar te trap.
6/21/2015
Chesneyworld - Kranzkop
Dis vadersdag en ek wens my Pa 'n gelukkig vadersdag en ek hoop sy seun maak hom 'n baie trotse pa. Al wat my pa my toe wens is 'n vreugde volle en gelukkige Freedom, en vir hom gaan ons so maak.
Alles is nog hard gevries toe ons by Joyce en Andrè van Slaapkranz opdaag, nog een van my wonderlike Freedom Challenge families. Verlede jaar het ek hulle gemis, maar vanjaar is almal daar, ons gesels oor ons planne, oor die mense by die huis, oor alles terwyl ons 'n baie lekker plaas ontbyt geniet. Dis spesiale mense die my eie freedom Challenge familie en ek wil die tyd stop sodat daar meer tyd vir gesels is, maar die race snake in my knip die tyd kort, ons het nog baie ver om te gaan...
Gister se aanvanklike plan was om by Slaapkranz te slaap, wat nie gebeur het nie en een van die onderliggende redes daarvoor is om die drie portages op te breek en die polisiehond modder te vermy. Behalwe dat dit altyd moeilik is om 'n keuse te maak by watter spesiale Freedom Challenge familie ek gaan oornag wat grootliks bepaal word deur waar ek my in die middel van die nag bevind, speel polisiehond modder 'n groot aandeel in my besluit, POLISIEHOND MODDER spel MEER TYD en hoe meer tyd jy mors met die modder hoe minder het jy om te gesels. Die hele wêreld van Rhodes tot by Moordenaarspoort is besaai met die swart klei, en sou jy die klei in die dag trotseer wanneer dit ontdooi het, of in die reën verdubbel of vertrippel jou tyd sommer maklik. Die nagmerrie Klei vries egter in die nag wat dit maklik oorwinbaar maak indien jy kans sien vir die middernagtelike temprature van - 8 en minus verder.
Ivor maak vandag sommer vinnig kennis met die polisiehond modder, kyk die modder byt soos 'n polisiehond en dan los dit nie weer nie, al genade is om die fiets te dra en die modder groei onder jou skoene te verdra. Jou skoen kan sommer gou 'n paar sentimeter hoër groei, dit insigself is nie 'n probleem nie, die gewig waarmee jou skoene groei maak vir goed ge-oorloofde keuse van waar jy jou pote plaas en hoeveel modder jy nog wil opneem en hoe lus jy is om jou gat af te gly en op jou gesig te lande te kom. Dit my liewe vriend is hoekom ek by Slaapkranz wou slaap, nie om myself rond te donner in die laat nag oppad na Slaapkranz nie, nie om vrek koud te kry op die gevriesde klei nie, nee om die geselskap van my ware familie te waardeer en om sommer baie tyd te spaar.....
Danielle mis haar Pa en het beveel dat ons gou moet maak en dit gaan ons doen, Ivor en Stuart het gesê ons moet ons tyd vat na Rhodes en van Rhodes kan ons die pap dik aanmaak. Ek gaan die pap sement maak, dis tyd om voor te kom waar ons hoort....
Net na 16H30 by Danie op Moordenaarspoort, altyd lekker om by Danie aan te doen, 'n Boer met 'n plan en hy weet ook sommer hoe om die plan te maak werk. Ek pons Ivor oor Brostelea, ons behoort so net voor middernag daar aan te doen en hy val vir my plan, net voor agt by Kranzkop, dis vrek koud en Ivor dink nie meer dis so lekker plan om in die koue na Brostelea aan te stoot nie en aangesien ek nog nooit regtig by Sandra en Diederik op die plaas geslaap het nie, gaan ons nou so maak. Die hele gesin is hier om my te groet, nadat ons ons tuisgemaak het in die ou opstal beweeg ek terug na die hoof huis, vir 'n lekker gesels en melktert, man dis lekker om net daar te sit en die gasvryheid in te asem, die kinders hang aan my lippe, vertel my weer van my ou sêgoed wat ek al lankal vergeet het : " My lippe is so droog hulle voel soos omgekeerde Jeep tyres....."
Ek sal sommer die hele nag met my support station familie kan kuier, maar aangesien ons plan om aan te gaan ontspoor het, sal ons more 3H00in die pad moet val, ek wil nog kuier, die kinders wil nog kuier, Sandra en Diederik wil nog kuier en met my belofte dat ek weer sal terugkom en kom en regit kuier betree ek die koue. Ek het regtig geheg geword aan my Freedom Challenge families, daar is deur die jare ware gasvryheid bande gesmee met vuur warm ysters, dis meer as net 'n vriendelike groet, dis ware omgee en belangstelling, ek ken hulle, hulle ken my en dis moerse lekker om so wonderlike familie op die roete te hê
Ek het egter vanaand die pligte formeel oorgedra aan Mike, Nic, Mike en John. Dis nou hulle verantwoordelikheid om toe te sien dat almal voor hulle bly, alle hekke toegemaak word en enige gebreekte drade gerapporteer word. Indien hulle hulself goed van die taak kwyt sal ek hulle formeel insweer na afloop van die race.
6/20/2015
Dag 5 Vuvu - Chesneyworld 11H00
Skielik dink ek aan Jaco Strydom, 'n gevalle Freedom Challenge makker, en ek wonder waar sy gedenksteen opgerig is, die plek waar ek nou staan moet die plek wees, dis hemels en soekende deur die sneeu na Jaco se steen beweeg ek na die swaar belaaide jeep track. Ek gedenk vir Jaco, Jaco wat altyd behupsaam was in die begin jare om ons weer op die regte spoor te plaas, Jaco wat ten spyte van die kanker wat sy been opgevreet het, moedig die tog van Beitbrug op die spoor van die Freedom Challenge aangepak het Kaap toe, Jaco wat die Freedom Challlenge in reverse klaargemaak het en Jaco wat nooit, nooit ooit gekla het nie. Dis was vir my 'n groot eer om Jaco elke jaar te bel met sy verjaardag, nog 'n groter eer om sy borrelende stem te hoor en sy vrae te antwoord oor wat my planne vir die volgende Freedom Challenge is. Jaco sal soos die Freedom Challenge sterre van die nag altyd deel van my aanslae op die Freedom Challenge wees.
* Jaco se gedenk steen is opgerig by die klipstapel, die ideale plek om sterre in die nag se hemelruim te pluk en sommer baie ver die freedom Challengers te sien aankom.
'n Boer se woord is sy eer en ek sal by my woord moet staan en die spoed pil maar sluk......
Stuart lyk nie goed met sy aankoms in Rhodes nie, die man het al agt pyn pille vandag gesluk, ek ken die tekens en simptome en die uitslag van die situasie en ek weet wat gaan een of ander tyd gebeur...
6/19/2015
Dag 4 Malekholonyane - Vuvu 10 ure
Ek wou gister in ligdag die Maria Zell loop doen om vanoggend tyd te spaar, as jy die loop gedoen het kan jy die volgende dag die grondpad neem en aansluit waar jy die vorige dag die grondpad gekruis het, jy spaar ongeveer 'n uur, maar die Zamalek het harder geroep vir Stuart en Ivor. Nodeloos om te sê daar was geen sin om die loop op my eie te doen nie, wie sou dan vir Stuart en Ivor vanoggend pad gevind het.
Gister in ligdag kon ons lekker pad gevind het deur die donga's en die oopstuk veld, vanoggend in die maanlose donker lei ek my troepe af en ek vat die tygerline, die donga is diep en hulle wonder of daar nie 'n beter plek is om die donga oor te steek nie. Ek prewel iets van as jy dit in die donker doen is daar nie tyd om te wag vir ligdag nie, daar is heel waarskynlik 'n beter plek, maar ek het nie die tyd om daarvoor te soek nie en die plek waar ons nou die donga gaan oorsteek is nou die heel beste plek. Ek vat die voortou en donder die donga af en anderkant donner ek die donga op en tien minute later staan ons almal aan die anderkant, ons kon nou nog na 'n meer geskikte oorgangs plek gesoek het......
Na 5 jaar moet 'n man se koers op die roete seker in plek wees, selfs al maak ek 'n fout sal my volgelinge nooit weet nie, hoe dan anders, ek word blindelings vertrou en gevolg. Stuart besluit op 'n stadium om die navigasie oor te neem en ons ry so ekstra draai.
Ons stop by Tenana vir 'n koeldrank, elkeen kry 'n sluk uit die blik beker en 'n baie gelukkig klein mannetjie kry die laaste liter van die bottel koeldrank. Hy dink dis krismus, ek verstaan nie 'n woord wat hy sê nie, maar die ry wit tanne vertel my hy is moerse bly met die geskenk wat ek hom gegee het. Ek neem 'n foto van die kaalvoet klonkie en wys die mannetjie hoe hy op 'n foto uitsien en meer tanne verskyn, dis die egte mense van die Freedom, gelukkig met die minste op aarde......
'n Mens gaan nie so maklik dood nie, die maklikste is om net te doen, die korporaal sal vir julle dink....
Ons ry regtig lekker, op pad na die Vuvu vallei maak Karen en Tony so ekstra draai en raak agter, ek is lus om die Vuvu vallei aan te val en hoe nader ons kom hoe hoër raak die pas, en ons betree die vallei en alles val in plek, navigasie 200% reg, in die dag is dit 'n oopboek, in die nag 'n bliksem soos Tim dit ervaar het.
Kyk net watse glimlag het ek op die mannetjie se gesig gesit, toe ek my kloeldrank met hom deel.
6/18/2015
Dag 3 Glen Edward - Malekholonyane 10H35
6/17/2015
Dag 2 Centocow - Glen Edward
Ingrid is 'n hardegat girl, ek probeer haar oortuig om by Centocow te slaap en dan more saam met ons te ry, maar sy wil niks daarvan hoor nie, sy wat Ingrid Avidon is gaan die eerste girl word wat so op haar eendjie Ntsikeni in die eerste dag haal. Ek moet in alle eerlikheid sê, ek wens ons kan haar join, ek weet ek kan Ntsikeni maak, maar die geskiedenis vertel ek het nog nie......
Ingrid verlaat ons net so na nege, al kopskuddend kyk ek haar agterna, daar is nie juis veel te sê of te doen nie, as dit in jou bloed is, is dit in jou bloed, ek ken die gevoel. Andrew Barnes slaap ook hier en ek het so vermoede hy gaan in die vroeë oggend ure ons verlaat, ek stel die plan aan die manne voor, maar hulle val nie daarvoor nie.
Die wind wat vanoggend 3H00 opgesteel het, is besig om gal te braak, heel duidelik de moer in vir enig iemand op 'n fiets en die laaste deel oppad na Ntsikeni word 'n oorlog met die wind, wel vir my 'n oorlog, want my dikgat hou my fiets se wiele op die grond, vir my liggewig vriende vreesaanjaend....En die wind, het die liggewig sy edele Ivor Jones het vandag 'n Momsen Kite verander, die wind het sy fiets gevat, Jones het vasgehou en toe amper saam sy fiets weggewaai.
En ons wonder hoekom ek so swaar is, dis om nie weggewaai te word nie......
Die galbraak wind ken ek, bietjie vroeg die jaar in die race, maar ek ken hom, Ivor en Stuart ken nog nie die wind nie, vir hulle is dit nog iets om aan gewoond te raak en volgens Stuart nie weer om in te ry nie. Die wind verskerp sy aanslag op die wat toegee en Stuart stel voor ons stop by Ntsikeni ????
Ek trap vas en spreek iets van gister was dan heeltemal verniet, dis 6 ure na Glen Edward en ek stel voor ons slaap daar vanaand, dit help nie ons skuil by Ntsikeni vir die wind nie, wat gebeur as die wind more erger waai ????
Ons val in die pad en vernuwe ons aanslag op die ysige wind, wat sal ons maak, ek gee nie oor nie, nooit nie, die plan was Masakala en dit kan ons verander na Glen Edward, maar oorgee en stop, ek, nie maklik nie...
6/16/2015
Dag 1 PMB - Centocow 13H30
Na amper 'n uur val ons in die pad, hopelik kry Stuart sy kragte terug na 'n goeie bord kos, ons maak Donnybrook in daglig en ek weet Centocow is net 'n uur of wat se ry, Stuart struggle, ek en Ivor dek die voorhoede, hy wat Ivor is sê daar is nie baie te sê vir Stuart nie, hy ken hom en die man sal die ding self uitmaak in sy kop sonder enige gesprek van ons kant af. Ons vang vir Ingrid en dit blaas nuwe bloed in Stuart in, snaaks hoe 'n sterk girl 'n gevalle man nuwe asem kan inblaas. 'n Man het eens op 'n slag vir my gesê, 'n girl ry hom nie weg nie, dit gebeur nie, en Stuart lyk vir my soos een van die manne.
My raad aan die man was : " Moet nooit sê 'n girl sal jou nie wergry nie, jy ken nie die girls van die Freedom Challenge nie......." Ek ken 'n paar Freedom Challenge girls, onder andere vir Jeanie Dreyer en ek probeer al vir 'n paar jaar om myself te "unchick" sonder sukses, mag dalk wees dat ek nie so suksesvolle racing snake is nie, gelukkig ken ek 'n paar snakes wat ook sukkel om hulself te unchick....
6/15/2015
Die begin van groot dinge...
Verlede vrydag het ek amper onttrek van die Freedom, ek het 'n punt bereik waar dit my nie meer gelukkig en vrede in my hart gebring het nie. Onwillekeurig is ek onlosmakend deel van die Freedom, en met my groot bek en sienings het ek seker op 'n paar mense se tone getrap rakende reels van die Freedom Challenge...
Ek het besluit om my groot bek toe te hou en van die lug te vedwyn en my kop by die begin skoon te kom maak. Gister het ek 'n draai deur die rivier gemaak en tot by Allandale gery, my kop met die Umkomaas en sweet geskrop.
Op pad terug het ons yskoue coke's uitgedeel aan die moee manne wat Hela Hela betree het en ek het weer my aantrekkingskrag en waarde van die Freedom Challenge gesien.
Ek is hier om my te slyp, weet nie of die diamant ooit sal toelaat om geslyp te word nie, maar ons kan probeer. Ek is hier om tyd saam met my broers en sisters te geniet, ek sien uit om my support station familie te groet en ek sien baie uit na my nuwe vriendskap met die Ingelsman en die Boer wat saam met my gaan ry.
Ek wil weer die vryheid, dankie die skoon lug en die aardse prag wat jy net op die Freedom kan ervaar, diep in my longe in asem!
En ek wil dice, ek wil my eie tyd verbeter, ek wil vir Scott dice, sommer vir die lekker en omdat ek kan en mag. En ek wil vir Tim jaag, eintlik eerder saamry, en ek wil by die einde aankom met 'n moerse hamburger smile reg rondom my kom, net om te sê ek kom nie weer terug nie en dan weet te kom.....
O ja en ek is hier om geld uit julle sakke te trek en dit in skaterlag glimlaggies te verander vir die mishandelde kindendertjies van Matla a Bana
Sent from my Sony Xperia™ smartphone