6/21/2013

Dag 6 Slaapkranz - Brostelea

Trek 4H00 weg, die sterre is prentjie mooi, verskietende sterre om te vang en ek vang hulle en ek maak my wense. Die wind waai sommer al vroeg vroeg, en dis nie 'n spelletjies wind nie dis 'n Regte Wind.

Met die wind weet ek sommer dit gaan 'n lang dag wees, want as jy nie mooi kyk nie waai hy jou sommer van jou fiets af. Gelukkig ken die Westransvaal se winde en hierdie een is maar net 'n niggie. Ek vang my eerste dooie racing snake net voor Rossow, dis ek alleen teen die wind en David se rankings en dis genoeg aansporing om hard te ry. Stop vinnig by Danie van Moordenaarspoort vir 'n lekker ete om nuwe kragte teen die wind in te neem, Andrew het gisteraand daar geslaap en as ek my gat roer teen die wind kan ek baie inhaal op hom.

Kom laaste skemer my Sandra aan, ek het nog nooit daar geslaap nie en sy is baie oortuigend en gasvry en dan maak sy nog smul lekker kos ook, teen my sin gee ek toe ek kan mos teen middernag weer wegspring en hopelik het die wind dan weer gaan lê. Ek laat weet vir Meryl van my planne net om 'n oproep van haar te ontvang dat Andrew by Brostelea gaan oornag, sy gewrigte is baie seer en hy gaan bietjie briek, hy wag vir my, en eensklaps verander my planne. Saam kan ek en Andrew die rankings klim, Andrew is 'n baie aangename man en dit sal 'n groot voorreg wees om saam met hom te kan ry.

18 uur se stoei met die wind is nie grappies nie, ek wou al vanaand op die fiets slaap, maar hou nog nie my oë lank genoeg toe nie.

Kom laat nag by Brostelea aan, Andrew slaap reeds, dis 'n nood stop en ek is op my eie kos oorgelewer, Andrew sal my seker wakker maak wanneer hy opstaan.

Wat gaan more oplewer ?

1 comment:

  1. HI M die eerste keer wat ek reken n freedom sonder slapelose nagte, Boskind mooi netjies "gecollar en getie" en als wat daarmee saamgaan maar, heelaas lees ek twitter soos Casper en droom ek en Deon ry die Epic! weet net nie watter een het die minste berge nie... maar kan raai!

    ReplyDelete