6/18/2013

Dag 4 'n Droewige dag Masakala - Malekholonyane

Ek het rooi miere in my gat en loop soos 'n hoender op warm kole in afwagting vir die fiets. Trane skiet elke nou en dan in my oë, die ding met my boet is nie lekke nie, ek sou graag wou he hy moet klaar maak, maar hy kan nie eers lekker loop nie.

8H30 en die Rush land, ons maak gou verstellings, nuwe bande, dra my saal oor, pak die fiets, nuwe casette en ketting en goeie wense.

Ek vlieg weg met 'n stywe handruk van my broer, die race gaan ek vir jou en www.ablecentre.org.za se kinders klaarmaak. Agt kilo's weg onhou ek on het nie spaar brieke gevat nie, die grondpad van hel skud my saal los en my multitool is ook soek. 'n Mamma leen my 'n tang en ek maak vas so goed ek kan, ek moet nou spoed vang. Kry vir Robbie op Mparane ridgeline, Robbie soek rigting en is bly om my te sien, David se narative met so kilo te kort.

Ek is 'n spoedvraat vreet die pad op soos weeshuis kinders koekies verswelg, alles loop lekker tot die agterste derailer besluit om te gaan, gelukkig is Robbie by en sy multi tool naby en my speedster verander in 'n single speed. Ek verduidelik vir Robbie die pad en hy maak soos beesmis, val in die pad.

Die single speed is 'n nuwe uitdaging, snaak hoe die lewe werk, ek begin op 'n tandem, dan na 'n gewone fiets en nou sit ek op 'n single speed, dit vat my 7 ure tot by Malekholoyane. Die single speed is nie te sleg nie en uit ondervinding weet ek Glenn was nie te stadig op 'n single speed nie, dan moet ek dis mos ook kan doen.David kry my en kan sy lag nie inhou nie, wat volgende, single speed tot in die Kaap ?? David bied aan om unicycle te kry net om die verhaal mooi in te kleur.

Gelukkig kom Francois Riekert tot my redding en leen 'n derailer en shifter, werk tot laat nag onder 'n dowwe parafienlig om die nodige verstellings te maak. Martin en Jeanie Dreyer daag op, hulle is besig met hul "Honeymoon" , hoor wat my planne is en of ek nie dalk saam wil ry nie. My enigste plan is om seker te maak die fiets is reg, nogal sleg om op 'n fiets te ry wat nie gediens en voorberei was vir die Freedom Challenge stryd nie, weet nie wat more vir my gaan inhou nie, maar as dit beteken dat ek my fiets vir hardloop sknoene moet ruil sal dit seker ook maar oraait wees.....

More, wel more gaan ek bietjie loop net om die fiets te spaar....

2 comments:

  1. ja ouboet toe verloor die boutrein sy wiele---wat 'n jammerte. maar gelukkig is jy in goeie geselsskap.my pille het toe nie kon help nie. almal hier in kdp wens jou alle sterkte toe. mag OBW se fiets hou--hy ken nog nie van die ruwe rowwe terrein nie.vir jou swaarkry maak ek 'n skenking aan ABLE CENTRE. ek wag vir besonderhede van hulle dan gee ek meer inligting STERKTE pa

    ReplyDelete
  2. Hey sorry Werner en ouboet! Dis maar mos maar hoe dit gaan as jy n nienaber is! Het mos eers bad luck, voor ons onself kan bewys!
    So ouboet sterkte en asblief versigtig, want werner gaan jou knieg ook afskop as jy sy fiets breek! En werner, so nou kan jou fiets darem die race doen.....goie nuus vir volgende jaar! ons hoop die knieg is regmaakbaar, sterkte!

    Ons support julle twee nogsteeds!

    Groete, ma, pa, kleinboet, carine en uli

    ReplyDelete