6/23/2013

Dag 8 Elandsberg - Struishoek 'n laaaaang dag

So deel ek mos gisteraand 'n kamer met die Baas snorker, en as ek baas se bedoel ek GROOT BAAS, baas van alle base. Nou ek self kan ook 'n balk of wat saag, maar smaak my die man saag die wêreld se bome af. Ek dog toe maar by myself, self is ek baie moeg en gaan dalk nie die man hoor nie, jy moet blykbaar baie moeg wees om nie te kan hoor nie.

So staan ek toe maar moeg op, moeg om hard te ry, moeg om net te ry en sommer moeg vir alles. Ek dink die flippen koue dra ook by tot my moegheid. Ek besluit om vir my 'n doelwit te stel, kyk ek het 'n goeie slaap nodig. Ek jaag die Baas snorker en sy twee trawante om lewendige bome te kan sien, ek gaan 'n plan moet maak, nog 'n aand van min slaap gaan nie werk nie. Amanda van Stuutgaurd laat my met haar twee prinsesse, hulle het 'n troue bygewoon op die dorp en die twee prinssese sorg nou vir my, ek haal boet Werner se briefies uit sy box en verlang sommer weer na my boet en met huimwee val ek alleen in die pad.

David het die roete verander en ons volgende stop is Grootdam, 'n heel ander onbekende pad en ek jaag om die pad in daglik te aanskou, nie nou tyd om op vreemde terrein verlore te raak nie. August het my darem verseker dat die pad darem nie te moeilik is nie. Laaste lig kom ek by Grootdam aan en ek vind 'n hele groot groep manne wat die Baas snorker insluit, ek gaan verseker nie vanaand luister hoe die Baas snorker die plek afbreek nie en bel toe maar die Baas van die Struishoek Hotel, dadelik reël hy vir my kamer en rus en vrede.

Oom David en tannie Verity is die beste ! Hulle is nie tuis nie, iewers in die Baai, maar vir my maak oom David gou 'n plan, my gewone kamer sal vir my gereed gemaak word en ek is hulle ewig dankbaar vir die opoffering. Streishoek bly 'n bliksem, dis nie ver af teen die berg nie, maar besaai met klippe en die ongelykte klippe vreet tyd, sommer baie tyd.

'n Brandende kamerlig begroet my by die Struishoek Hotel, my tafel is voorberei, my bed gemaak, my beker loop oor, na rus en vrede word ek begelei, vanaand gaan ek lekker slaap, sommer baie lekker.

More gaan 'n nuwe Marnitz opstaan !!!

2 comments:

  1. uiteindelik kan ek ook van my laat hoor ,so op die einde!het darem alles kon volg...van werrie se beserings,die penalty ,en hoe jy weer invlieg, en nou iets van 'n beter rus ingekry het vir die laaste stoot ...en soos ek jou ken....voluit ,tenspyte van ........!! dalk kom ek en jy gelykop by ons bestemmings uit\\\\\\\\\\\\,jy diemers en ek in sa..voorspoed,sterkte ,FIETS HOU...BENE KLOU, almal wag vir jou ! baie liefde ,ma ok hein ,carine e Ula

    ReplyDelete
  2. ja was af v/d net maar nou weer terug om na jou omswerwinge te kyk. VASBYT soos die nienabers kan.As dit jou MOED en KRAG vir die pad vorentoe sal gee ek het vir die ABLE CENTRE vir OUTISTIESE kinders 'n donasie van R5000-00 gegee.Dit is mos eintlik waarvoor jy so SUFFER IN SILINCE oor die lang afstand na die KAAP vir die OUTISTIES KINDERS wat so min mense werklik verstaan.STERKTE vir jou Marnitz. pa

    ReplyDelete