6/26/2013

Dag 11 Damsedrift -Willowmore- Prince Albert

So kom ek 3H00 by Damsedrif aan, nie lekker seker of ek op die regte plek is nie, alles gesluit, kan nie naby 'n ruit kom om te klop nie. Ek is moeg en gatvol en ek wil slaap, dis 'n lang dag gewees, stap toe maar om die huis en ondek 'n buitekamer met 'n bed. Of dit nou die regte plek is of nie ek gaan nou slaap en die boer kan my maar more uitsort as dit die verkeerde plek is.

Gelukkig is dit die regte plek, kry 'n lekker breakfast en val in die pad, die wind waai ons weer weg. Ek sit en dink, nog elke keer wat ek die race gery het die wind my op die deel opgedonner, en vandag weer en ek is alleen. Gisteraan se rofslaap sonder 'n warm bord kos kortwiek die bene en die gemoed nou, ek kom net nie lekker aan die gang nie, die flees wil nie en die gees ook nie, besluit toe maar om by makedaatsgrot te stop vir 'n lemoen. Daar is nuwe mense wat wat 'n winkeltjie bedryf, koop toe maar 'n yskoue coke, kry nuwe moed en val maar weer alleen in die pad, gelukkig hou Scott en trawante my goed gefokus op wat gedoen moet word.

Die wind briek weer lekker, maar stadig wen ek die wind bietjie vir bietjie, besluit om op Willomore wasgoed te was en 'n slaap te vang tot die wind ophou waai. 'n Lekker warm kaggel begroet my saam met 'n regte bord boerekos, blykbaar gaan die wind 22H00 lê en dan kan ek my tog voortsit in die donker.
Scott en trawante stoei teen die wind oppad na Prince Albert, hulle gaan baie laat nag daar aankom en as ek my kaarte regspeel kan ek gou 'n slapie vang tewyl die wind hom uitwoed en dan die jaagtog voortsit terwyl Scott slaap. Tien uur klink na 'n lekker tyd om weg te spring.....

Die wind se kake is gebind, dit was 'n slim om 'n slapie te vat en ek rol die kilo's in, dis eintlik lekker om so alleen onder die sterreprag te ry, en so in die donker nag wonder ek oor Scott se planne, hoe laat het hulle by Prince Albert aangekom, hoe laat gaan hulle ry en waar beplan hulle om vanaand te slaap?

Met dagbreek besluit die wind dis tyd om te ontwaak en sit sy verwoesting voort, iets is nie lekker op die Rush nie, smaak my die BB is besig om te groet, met my aankoms by Dennehof word dit 'n werklikheid.
Ek bel vir Johann Rissik, hy is in die Kaap en kan een saambring maar gaan eers laat aand daar aankom, Henco Rademeyer van Tons Sport in Outshoorn kan ook help, maar ook eers laat aand en al wat oorbly is rus. Na 'n ligte middag slapie bel boet werner my, ek vertel hom van my panarie en hy sê die oplossing is maklik, vervang hom net met die spaar een in ons toolsak en die liggie gaan aan, ek ry nog die heeltyd die spaar BB vir die tandem saam met my. Lindsay voor sien my van die nodige bobbejaan spanner en in 'n japtrap is die Rush weer gereed vir oorlog, dit lyk en klink soos ernstige reën op Swartbergpas en ek besluit die storm moet homself uitwoed voor ek in die pad val, 21H00 klink vir my lekker.......

3 comments:

  1. MOEDHOU ouboet, jy is al oor die hond se stert en die familie wag al vir jou en OBW ook. Onthou jy kom altyd aan die einde sterker deur---- dis mos soos ons jou ken. VASBYT na die endkant toe.ALMALwens jou alle STERKTE toe
    pa

    ReplyDelete
  2. Marnitz, jy is n lewende ligende. Jou blog is awesome en daar is so baie daar buite wat wens om dit te kan doen wat jy gedoen het. Gaan jy dit volgende jaar weer aanpak?

    Dis mense soos jy wat mense soos ek aanmoedig om weer terug te gaan en dit wat nie kla is nie, kla te gaan maak.

    Groete Alexander Venter (AKA Pierre)

    ReplyDelete
  3. Met die regte borg en 'n nuwe fiets sal ek seker maar weer in die pad val, blykbaar is skaak speel moeilik en ek het nog 'n storie of twee te skryf.........

    ReplyDelete