6/20/2013

Dag 5 Malekgolanyane - Rhodes

Spring vroeg weg, dit help die die Freedom Challenge al 'n paar keer te gedoen het, navigation spot on !!!
Ek, Robbie en Gaeren Wilkonson breek die pad oop, Andrew King kry ons by Blackfountain, Andrew is 'n baie goeie pel van my en dis sommer lekker om hom saam met ons te hê, maar Andrew het ander planne, hy is lus vir jaag en ek het my lus vir jaag verloor met al die ontberings die laaste paar dae. Net voor Tinana besluit Andrew op 'n ander roete, hy regs en ons links en dit wakker die racing snake in my en dadelik besluit ek om te sien wie eerste in Vuvu aankom.

Op pad na Vuvu, soek ek heelpad Andrew se spore, hier en daar sien ek iets, maar dit lyk oud en ek vermoed hy is iewers agter ons, die pas verlaag bietjie en ons geniet 'n lekker coke net voor die Vuvu vallei.
Met ons aankoms by Vuvu is Andrew reeds daar, klaar ge eet en gereed vir Lehana's, ek wonder so bietjie of ek nie moet saam nie en besluit toe maar om by Robbie en Gaeren te bly.

Robbie se hy hou nie van fiets dra nie, ons moet dalk die alternatiewe (makliker volgens David) gebruik om Rhodes uit te kom. Hy wat David is wil ook sommer kyk wat die tyd verskil tussen die twee is. Die wat nou nog nie weet nie : " Ek's 'n sucker vir Punishment " stem toe maar in, net incase ons terug kom met die tandem en bang raak vir Lehana's

Robbie sê hy ken die pad, het dit op 'n vorige geleentheid saam met Tim verken en ons hoef nie te worry nie, hy sal ons die pad wys, met die afdraai na Lehana's wonder ek so bietjie of ek nie moet afdraai nie en besluit toe maar daarteen en val agter Robbie in. David se roeteaanwysings is nie altyd reg nie, en ek bevind my op baie onbekende terrein op 'n padtjie wat glad nie eers vir Robbie bekend lyk nie. Ek het glad nie kaarte of roete aanwysings van die deel nie, dit was glad nie deel van die plan nie, Robbie besluit ons is op die verkeerde pad en ons draai om, hy bel vir Tim wat bevestig dat ons nog 'n hele 5km of meer weg is van die regte afdraai.Kry toe die bleddie ingang na 1H30 se soek 5 km aan, net om uit te vind dis 'n 20km klim, in plaas van die 4km Lehana's klim, Sucker....... Sal nie weer so gevang word nie.

Ek is nie iemand vir wonder en ploeter nie, dit mors tyd en hoe langer ons in die donker rond neuk hoe later gaan ons by Rhodes uitkom, Robbie kry die regte bekende pad, nadat ek en hy oorleg met sy kaarte gepleeg het, bo op die plato vat ons weer 'n verkeerde pad, ruk die kaarte uit en kom weer op die regte pad.

Die duiwelse wind begin waai, Gaeren trek amps en dit word elke man vir homself en ek besluit tussen portage en 'n moerse styl opdraande teen die wind ry, kies ek portage " Fiets in die hoogvoor !!!" Gaeren se lig kwyn in die verte, Robbie is so ent voor my en bo op Naudes nek split ons paaie ook, 'n bulldozer is vir krag gemaak, regop teen die berg, nie 'n lang uitmergelende klim teen die wind nie, die ompad is 'n OMPAD met 'n moerse lang ompad en ons het baie tyd verloor, kon nou al in Rhodes gewees het.

2H30 in Rhodes na ons die moerse maklike 20km klim roete gedoen het....Andrew King is lankal in droomland, hy staan al amper op en ons kom nou eers hier aan en die bestel van alles is David wat vir my vra wat het van my ranking geword, ek is seker 20ste op die lys.........en dit wakker die tier in my gaan, more gaan ek nie wonder of rondneuk nie, more gaan ek race, die geploetery is nou verseker verby !!!!

David het seker gedink ek is 'n mushrooms, hou my in die donker en voer my poep....hierdie mushroom het gelukkig nou genoeg poep gevraat.



No comments:

Post a Comment