6/17/2013

Dag 1 Waaroor dit alles gaan

So besluit ek en kleinboet om die Freedom sommer op 'n tandem te doen. Hoekom ? Sommer vir die ervaring en om geld in te samel vir kinders met outisme www.ablecentre.org.za

Nou ja ek het geweet dis moeilik maar ek het nie geweet ek gaan 'n draai by die poorte van die hel maak nie. Die stoomtrein is swaar, vrek swaar en die Umkomaas vallei is goddelos en genadeloos en net om af te sluit gooi hulle ons met 'n beeetch van 'n klim aan die einde. Hulle noem haar Hela Hela en sy is 'n vet Beeeetch.

Klein boet brul bietjie, eintlik bietjie baie en dit veroorsaak dat grootboet ernstig voor op die tandem brul. Werrie moes seker maar bietjie harder ge-oefen het maar dis nou te laat. Ons maak Minerva en die wit salpeter oorval vir kleinboet, ons sal dit bietjie stadiger moet vat as wat ek beplan het, gelukkig is dit afdraande na die Umkomaas. Om die Umkomaas oor te steek met 'n gewone fiets is 'n bliksem, maar met 'n gelaaide tandem is dit die mother bliksem. Werner brul Hela Hela opdraande uit en al genade vir my is om die tandem die hoogtes uit te stoot sodat klienboet 'n blaaskans kan geniet en kragte kan wen vir die dag wat oorbly.

Kom laat by Allandale aan, Werner wil briek, maar daar is geen keer aan ouboet se wilskrag nie en in die donker val ons in die pad na Centocow. Werrie besluit om van agter te navigeer en ek vat 'n vroeƫ linksdraai net om die perfekte sirkel vir David in die bos te ry, sommer twee keer net om hom lekker te laat lag.....

Ek ontneem Werner van sy navigasie planne en ons beur die donker pad oop na Centocow om laat middernag daar aan te kom. Werrie het vandag hard gestoei, gelukkig weet ek, ek stoei ook maar die eerste dag en hopelik is kleinboet more reg vir die nuwe dag.

1 comment: