Na 'n goeie nag rus verlaat ek sneeuwitjie se bed, 6H00 val ons in die pad, die koue lig laat my hoes dat die kranse antwoord gee, op 'n staduim is ek baie my longe val uit. Eerste lig is ons bo op die pas, en Crous lig my in dat hy volstrek weier om saam met my te alvorens ek met my kursus antibiotika begin, longontsteking is blykbaar volgens hom nie iets waarmee mens speel nie. Ek gee toe maar toe en sluk die eerste knewel van die super sterk pille, sal my hartklop maar mooi dophou en probeer om nie te hard te werk teen die berge uit nie.
Ons vorder goed behoort net na 11H00 in die Hel te wees en toe begin die tyre sepie. Steve bars sy agterwiel op die 1ste lekker afdraande en ek met my piekante nou nie meer so momentum volle lyfie moet 3 km terugry om te help.
Op die volgende bult sien ons Carl se agterband trek los en die tjoep peel al uit. Niks wat hierdie Freedom Challenge mechanic nie met vier cableties kan regmaak nie, onder in die Hel koop Carl 'n tyre by 'n aspirant student mountain biker, eers wil die man niks weet nie weet nie, maar toe Carl die note waai toe gee hy in, hoe dan anders, Carl koop toe sommer sy spaar tjoep en bomme ook. Met die ryslag is Carl se agterwiel weer pap, sit 'n nuwe tjoep in en daar gaat ons Leer toe.
Ons vorder vinnig op die leer, omtrent 'n uur toe is ons bo, Steve ondek hy het sy badjie verloor en terwyl ek en Carl 'n lui lekker uiltjie in die laat middag son pak, vat Steve die pad af met die Leer opsoek na sy badjie. So uur gaan verby voordat Steve verskyn met sy badjie, ons val in die pad, so bietjie ongelukkig met die tyd wat ons verloor het, maar baie gelukkig met die geselskap.
Die Leer |
Aan die bokant van Horlosiekrans berei ek my voor volgens die geskrifte in die roete aanwysings vir die beste afdraande op die Freedom Challenge, jy kan glo tot 78km/u behaal en ek is mos gebou vir afdraandes. Oopbek los handles vat ek die voortou, gevolg deur Steve en dan Carl en ek geniet die afdraande ter dee. Ondergekom ontdek ons Carl is verlore, geen teken van sy liggie nie, niks nie, die vermoede ontstaan dat hy weer probleme met sy bande gekry het en ek en Steve ry nou die opdraande uit opsoek na Carl. Carl is nêrens te vinde nie, en lekker omgekrap probeer ek die afdraande weer geniet, steeds geen teken van Carl nie, hy is skoonveld weg, waarna toe weet ons nie.
Kom 'n uur later by Oom Gerhard en Tannie Ronel van Rouxpos uit, net om Crous knippel dik uitgerus in die kombuis aan te tref, sy laaste buiteband en tjoep het die gees gegee teen die afdraande, al genade was om 'n naby gelee vir 'n geleentheid na Rouxpos te vra. In die harwar van soeke na Crous het ons sonder medewete verby die behulpsame boer se plaas gery in ons soeke na Crous, hulle val toe in die pad nadat ons lankal verby was en ons mis mekaar. My ongelukkigheid met Crous dat hy ons net so in die donker laat soek blaas so bietjie af met my oog op die heerlike bord kerrie en rys en die wafels wat vir ons wag.
Na nog 'n koningsmaal, vang ek 'n lekker stort, ek is tot die dood toe moeg, seker maar die pille ook en slaap is nou brood nodig. Richard die kamera man lag lekker is sy mou vir my terwyl ek die hoofstuk tik, my kop knik soos 'n pet shop slangetjie, maar tik wil ek tik.......
Vraag waarvoor is sinkplaatpad goed ?
Eerstens om jou wakker te hou, dan om die juwele los te skud wat jy so vassit het en om al die plaak van jou tande los te maak omdat jy nie jou tande borsel nie.
No comments:
Post a Comment