7/03/2009

2009 Freedom Finish























Trek vroeg weg stywe klim na die damwal, styf genoeg om die bene warm en los te kry vir wat voorlè.


Ek weet dit gaan erg wees, net van wat ek al gehoor het. Nogal 'n contrapsie om die fiets te strip en op jou rugsak vas te maak. Die ekstra 15 kg, nou 25 kg saam met die rugsak, voel jy dadelik.


Die eens pratige proteas verander in bose ranke, hak aan alles, weerhou jou van beweging, tap jou energie. Ons maak 'n fout en donner in die duiwel se riete in, so dig is die riete dat jy 'n meter van mekaar af mekaar nie kan sien nie. Dis nie nodig om mekaar te sien nie, jy hoor die swaar asemhaling en die nou bekende swets.


Val vas in die riete, kan nie beweeg nie, dog hier gaan ons dood. Nie so maklik nie, jy kruip letterlik 'n meter bo die grond op die rietevlot, en as kruip nie werk nie, leopard crawl jy met jou bagasie, maar uit die helhole moet ons.


Neem ons 'n halfuur om 25 m te vorder, ons moet op die hoë grond kom, ek is so de bliksem in toe ek daar uitkom, ek klim amper oor die berg terug Rawsonville toe. Op die hoë grond gaan dit baie beter, fokus net om daar uit te kom, gelukkig met al die gestoei vergeet jy van die gewig wat jy saam karwei.


13H00 uit die helhole slaan my hande op na bo en dank die Here, ek weet nou hoekom vorige racers met groot ontsag praat van die kloof en nie wil terugkeer nie, maar wat laat tungstens soos Tim James, Andrew, Mike, Comander Crous en die ander jaar na jaar terugkeer. Is dit dalk die ultimate oorlog teen jouself ?


Maar ons is uit en dis al wat tel, ek wil nou net klaarmaak, die 11 km teerpad na die afdraai is maklik maar mergelend irreteerend, dis teer, vrot karre en lorries, die nasionale blom die, plastiek sak, hang die wêreld vol aan die protea's.


Klaarmaak, klaarmaak dis al waaraan ek nou dink, my vrou en my pelle is almal daar. Dis 'n moerse lekker afdraande na die prentjie mooi Diemersfontein. Dis net na 4 en daar staan 'n magdom mense, ek kry daai opgewonde hartseer huil gevoel, oorstelp van vreugde ek kan nie vir Mel genoeg soen en druk nie. Dis net na 4, ons is klaar, wat nou ?




No comments:

Post a Comment