7/05/2009

2009 Freedom Terugblik

















Die hele ekspedisie het 4 jaar gelede begin toe ek toevallig op die internet van die Freedom Challenge gelees het.
Ek het Earl Wakeford daarvan vertel en hy het 3 jaar gelede daaraan deelgeneem, my ander groot vriend Carl Crous het dit verlede jaar gedoen. Ek het albei op die internet deurgesien en hulle het my gemotiveer om dit self aan te pak, en vanjaar was toe die jaar.

Ek het so 60% geweet waarvoor ek myself inlaat en my voorbereiding was redelik goed, daar is egter geen voorbereiding soos die Freedom self nie. Indien jy nie fiks genoeg is nie sal jy fiks genoeg wees teen die tyd wat jy Rhodes haal.

Mense vra my baie hoekom ek aan die Freedom deelgeneem het en die antwoord is eenvoudig : Dis 'n challenge met jouself, jy meet jou teen jouself, eintlik bepaal jy hoe hardegat jy met jouself kan wees. Die ander ding was dat ek iets benodig om oor te praat op die stoep van die ouetehuis as ek eendag f*ckup soos 'n bobbejaan op die stoep sit met my knopkierie, onthou jy nog in ons jong dae ou Carl toe ons die Freedom gedoen het, daai donnerse riete in Stetteynskloof ...............
Die ander baie belangrike rede was die kinders, dit was die ideale geleentheid om fondse in te samel vir die kinders met leukemia wat dit so brood nodig het, indien julle nog skenkings wil maak, doen dit gerus op http://www.beitel.co.za/ julle geld is nou baie veilig, ek kan nie meer verdwaal nie, alhoewel ek van die swartverbrande, grou grys plek waar ek woon graag na Stetteyns sal wil verdwaal.

Wat benodig jy om aan die Freedom deel te neem ?

1. Moerse goeie pêlle, pêlle soos Eduard, Earl en Rudi wat enige tyd van die dag of nag in 'n kar spring en vir jou nuwe skoene bring, omdat myne soos Christo van Chesney World sê : Marnitz het 'n nuwe ingelse woord vir sy skoene, hulle is "f*ckup", kabels vir jou reël, omdat die modder oral ingekruip het. Manne soos Earl wat al my baie pelle ingelig hou oor my vordering en sorg dat my geliefde by die eindpunt was, manne soos Rudi wat my op hoogte van die weer hou, al het hy weerhou om my te sê dat dit op 'n keer minus 13 was, en al het hy by 'n ander geleentheid vir my die matige tempratuur van De Doorns in die weskaap gegee. Kyk weervoorspellings is voorspellings, die regte temprature en omstandighede is wat jy aanvoel.

2. SMS boodskappe, dis ongelooflik wat dit vir jou beteken, ek het tot 40 op 'n slag gekry wanneer daar sein was, en laat ek nou net bietjie begin moun dat dit swaar gaan dan verdubbel hulle sommer. Die boodskappe dra jou in die goeie en slegte tye, dis kos vir die kop wat bepaal waar die lyf moet gaan.

3. The Body goes where the Mind goes, 'n feit soos 'n koei, ek het 'n baie slegte dag oppad na Cambria beleef, ek was gatvol, gatvol verby, my 12de dag alleen, met die reënwind in my gesig, polisiehond modder en ratte wat nie meer wil werk nie, alleen teen die natuur, nie gatvol genoeg om op te hou nie maar dam naby. So het ek vir Melanie ingelig naby die plaas Doringrivier, haar woorde aan my was : Kom dan huistoe, wetende dat ek nooit doen wat sy sê nie. Sy het dadelik huilende al my pelle van my toestand ingelig gepleit dat hulle my moet motiveer. Dadelik het die boodskappe ingestroom en 30 km verder op die uitkyk punt, het ek die boodskappe gelees en myself reggeruk, weer die mooi in die natuur raakgesien, die wind, reën en modder aanvaar, en nie aangedonner nie maar voortgegaan op die verkennings ekspedisie, ek het dadelik beter gevoel en met 'n jubel in my hart na Cambria aangery !

4. 'n Kamera, een van hierie klein digitale goed, wat is die ekstra gewig nou eintlik in vergelyking met dit wat jy vir jou pelle by die huis kan wys. Ek het 'n klein Canon A550 wat nou al 3 Epic en 2 Freedoms oorleef het. 'n Kamera maak dat jy bietjie stop om die mooi en die swaar af te neem, dit gee jou kans om in te neem en so bietjie te rus, en dit verwyder jou van die wille jaagtog waarmee jy besig is.

5. Vewyder enige en alle moontlike Irretasies en Frustrasies, soos die Bybel sê :" Kap af met 'n byl dit wat pla." Fokus op die positiewe, al beur jy voort teen 5 km/u oor 'n uur sal jy 5 km verder wees as waar jy begin het.

a. Irretasies soos wind, reën, sneeu en modder, word oorwin met die regte klere, spandeer tyd op navorsing, kyk wat die tungstens soos Tim en Andrew dra. Wanneer jy koud en nat is dink jy nie rasioneel nie, daarom is dit uiters belangrik om warm en snoesig te bly, en wanneer dit minus 13 word dink rein gedagtes, die beelde van Melanie in 'n stywe bikini op 'n wilde strand het altyd my hart warm gemaak. Skoene, Shimano blyk die uithouers te wees my Spesialized Taho's het sommer al oppad na Lehana's hulle gat en my voetsool gesien, alhoewel ek met 'n stel Spesializes MTB's klaargemaak het.

b. Irretasies soos die werkverrigting van jou fiets, die modder, sneeu en roete grid maar 'n fiets, so nou en dan gooi die baas die fiets ook nog, net om die werking verder op te donner. Dis nie 'n vereiste om 'n mechanic te wees nie, dis verpligtend, weet hoe elke part werk en watse plan jy kan maak om dit te maak werk, indien dit beyond repairs raak. Vat nou maar die rooiwyn kurkprop conversion wat ons op Carl se fiets gepleeg het nadat die shifters se rook uitgekom het, en hulle sê 'n boer maak 'n plan, kom ek se julle 'n Freedom Fighter kom sommer met drie. Was jou fiets so gereeld as moontlik, as die modder tot in die diepste binneste van jou poephol kom, waar dink jy gaan dit orals in jou fiets wat nie eens klere dra nie, skoon stilstaande water langs die pad en 'n spaar waterbottel werk 100.

6. Ken die Roete, dis ook nie 'n vereiste nie dis verpligtend, indien jy nie 'n vliegtuig het of die roete oefen nie, google earth werk net so goed en as niks vir jou logies lyk nie stop en vra, die mense ken die omgewing. Gebruik die roete aanwysings as aanvullende inligting, kaarte lieg nie, berge en rieviere bly dieselfde, maar die boer se vrou kan dalk vir hom 'n skraper vir sy verjaardag koop en hy besluit om die hele wêreld vol paaie te stoot, 'n groen huis kan nou pienk geverf wees en iemand kan besluit om die wattles af te saag. Indien jy twyfel maak soos Tim sê, hou wes, die enigste tyd wat jy in 'n ander rigting beweeg is oppad na Cambria.
Gebruik jou kompas, ek het nooit in die nag verdwaal nie, omdat ek net op my kaart en kompas staat gemaak het. Indien jy die roete so goed soos Tim en Andrew ken spaar jy ongeveer 2 ure per dag, dit sluit die verdwaal aksies uit. Moenie die moer in raak vir David en Andrè wat die roete aanwysings skryf nie, onthou die roete strek oor 2200km, een kilometer kan dalk ses wees, die skool en winkel op pad na Blackfontain het dalk in 2008 se storm vergaan en vele meer. Hoe gouer jy dit aanvaar hoe beter gaan jy vorder.
7. Langste op die Fiets is die wenner, die racer wat die langste op die fiets bly sal die wenner wees, dit beteken ook dat hy die minste gaan slaap en die meeste ongerief gaan hê. Dit beteken nie dat die ou wat die vinnigste bo-oor die container op Lehana's pas, die race gaan wen nie, nee 'n lekker konstante pas met die minste inspanning doen die ding. Gebruik die sonlig, moenie tyd mors nie, relax wanneer dit donker word, dit geld alleenlik indien jy die race wil wen, maak net seker Tim en Andrew neem nie deel nie, dan staan jy dalk 'n kans.

Wat het ek geleer ?

1. Dat daar 'n Vader in die Hemel is en dat ek baie beskerm Engele het, luister maar na daai beskerm engele wanneer hulle met jou praat. Beskerm engele soos oom Gawie Combrinck van Gansvlei Schufteberge het my van 'n gewisse ontmoeting met Rageltjie de Beer gered. Die oneindig baie kere wat ek vir die Here dankie gesê het dat ek op die regte pad is en veilig by my bestemming aangekom het. Daar is verseker 'n Vader in die Hemel wat die pragtige roete geskape het.

2. Mens gaan nie maklik dood nie, jy kom naby daaraan maar jy gaan nie maklik dood nie.

3. Dat ek verskriklik baie uiters goeie pelle het, pelle wat enigiets in hulle vermoë sal doen om my te help, dankie maaters ek waardeer dit opreg !!!!

4. Dat ek net 4 ure slaap nodig het, en dat jy op 'n fiets ook kan slaap mits daar nie sinkplaat pad is nie.

5. Dat my Pa en die Onnies nie my gat hard genoeg gebliksem het nie, indien hulle dit ordentlik gedoen het so my gat nie so seer geword het nie, en sou daar nou nie 'n afdruk van 'n Gobi Fizik op my agterend gewees het nie. Gelukkig vir Blue Steel was daar nie een seer op my alie nie, en die tea tree oil in die Blue Steel het sommer vir die snye op die bene en hande ook gehelp.

Hoe het ek verander ?
1. Ek weeg nou net oor die 80 kg, sowat 10 kg verloor en Melanie dink nou ek is verskriklik sexy, ek dink dis maar net omdat sy my lanklaas gesien het, sy lyk ook nie heltemal dieselfde nie, na al die ontberings lyk sy nou vir my baie meer aanvallig, kan my hande nie van haar afhou nie........

2. Ek eet nou enigiets, selfs beestong wat ek na bewering nooit geëet het omdat 'n bees sy eie poephol kan aflek. Na army was ek ook genees van oatspap en peanutbotter en stroop brood, self dit eet ek nou. Indien jy tussen 10 en 15 000 KCal per dag verbrand sal jy ook enigiets eet, pasop net vir die gedroogte vrugte, dit gee aanleiding tot goorpens wat op sy beurt ontploffings in die agter ruim veroorsaak.

3. My lippe lyk soos omgekeerde Jeep Tyres, my voete voel soos Skurwe jantjies en my enkels lyk soos Pofmuise. My eens liquid energie pensie wat my die nodige momentum op afdraandes voorsien het en die six pack van vergange dae wil wil sy voorskyn maak, my kniee is lekker seer agv die power training en ek het skielik 'n tennis elmboog ontwikkel en ek het nie eens tennis gespeel nie.

4. My kuite is nou amper so dik soos my bobene, 'n parmantige stellietjie spiere, ek is verseker nou stoot fiks, soos Crouse altyd se : " Hy het nie 'n probleem met stoot nie, net solank jy alle fasette van die woordjie uitleef "

5. My kop is nou reg aangeskroef, of is dit dalk nou verkeerd aangeskroef, hier waar ek nou is voel ek nie heeltemal tuis nie, maak nie saak of dit nou reg of verkeerd is ek worry ook nie meer nie.

6. Ek het gedink ek sal dit nooit weer doen nie, maar hier beplan ek al klaar aan volgende jaar se Freedom, ek dink dis 'n siekte. Voor ek kan deelneem sal ek net 'n paar gevraagde veranderings aan die huis vir Melanie moet aanbring, 'n gesins vakansie hier en daar, en dan benodig ek ook die geskikte werkgewer wat my gaan afgee vir die malligheid. Ek is nou 'n sakeman die mooi woord vir werkloos as gevolg van die Freedom, ek sou dit nooit anders wou hê nie en sal elke keer dieselfde keuse uitvoer.


Die groot dice waarvoor almal hul lippe afgelek het.

Ek en Commander Crous is ou pelle en die verdrag vooraf gesluit was dat ons nie vir mekaar gaan wag nie, elkeen vir homself en ons twee teen die res. Ongelukkig het ons paaie die eerste dag geskei en my woorde aan hom was : " Sien jou op die pad " Ek ken hom en huimelik het ek geweet hy gaan my jaag, daarom dat ek gatskoon gemaak het en gehoop het om ver genoeg voor hom te kop voordat hy met sy meedoonlose aanval begin.
Die aanval het by Vaalbank begin toe ene meneer Andrè Britz so bietjie gestir het en vir Crouse ingelig het dat hy my nooit gaan vang nie, al aansporing wat Crouse nodig gehad het. Met sy oë op skrefies het die aanval begin en so het Christo van Chesney World, Phillip van Toekomst en Hannes van Bucklands hom verder aangespoor. Op sy aantog het hy troepe versamel en afgestaan en my sweet geruik en net wanneer hy dink hy het my, was ek weer 'n dag voor hom.
By Doringfontein het hy my sweet finaal geruik en die opmars was onstuitbaar, nie eers papwiele en ratte kon hom keer nie, hy was nou alleen en het die nag op Cambria so paar kilometer van my op 'n tuinbankie geslaap, so uitgeput dat hy skoon vergeet het dat hy 'n spaceblanket het, half verkluim het hy die oggend by Kudu Kaya opgedaag net om te hoor ek is reeds weg.
By Dam se Drift is ek ingelig van die opmars en ek het dadelik geweet dis Crous. Ek het soos die wind gery en was 8H00 op Willomore met die keuse om in die snerpende koue aan te beweeg na Rondawel 90 km verder. Dit was net te koud en ek het tot die besef gekom dat een van ons moet besgee, ons sou mekaar doodjaag.

Ek dink as die opmars vroëer begin het kon ons dalk 'n ding of twee vir Tim en Andrew gewys het nie dat dit in my gat sit om sub 14 dae te ry nie, maar so dice doen snaakse dinge. Ek gee toe maar boedel oor en Crous kom na middernag, heel in sy moer in en half verkluim by Willomore aan, 6H00 gereed vir my aanval indien daar een was. Sy woorde aan my : " Jou bliksem ek jaag jou al vir dae, onthou net waar ever jy vanaand slaap, more sal jy my daarkry."
Crous spreek waarhede en dit wat hy sê bedoel hy, immers ken ek hom baie goed, en so besluit ons te koste van die hele land wat in afwagting sit en wag vir die middernagtelike wegsluip sessie om verder saam te ry, ek en hy en Steve Honey nog 'n sterk ryer.
Ek en Crous is menig maal deur mede ryers aangehits om weg te breek, hulle sou my wakker maak om in die nag soos 'n skelm te verdwyn net om 'n halfuur later vir Crous wakker te maak en hom van my wegsluip sessie in te lig.

Daar is egter 'n hegte bloedbroerband tussen my en Crous ons het 'n goeie verstandhouding, hy die verstand en ek die houding en omgekeerd, en saam sou ons oor die lyn ry. In die toekoms as ons soos grys bobbejane op die stoep met ons knopkieries sit sal ons terugdink aan die ervaring ...........
Motivering
1. Iets om terug te dink op my ou dag.
2. Die leukemia kinders, ek hoop daar is genoeg ingesamel vir hulle.
3. Die song van Nickelback :

If today was your last day.
My best friend gave me the best advice
He said each day's a gift and not a given right
Leave no stone unturned, leave your tears behind
And try to take the path less traveled by
The first step you take is the longest stride

If today was you last day and tomorrow was to late
Could you say goodbye to yesterday?
Would you live each moment like your last
Leave old pictures in the past ?
Donate every dime you had, if today was your last day ?
What if, what if today was your last day ?

Against the grain should be the way of life
What's worth the price is always worth the fight
Every second counts ‘ cause there's no second try
So live like you're never living twice
Don't take the free ride in your own life

If today was your last day and tomorrow to late ?
Could you say goodbye to yesterday?
Would you live each moment like your last?
Leave old pictures in the past?
Donate every dime you had?

And would you call on those friends you never see?
Reminisce old memories?
Would you forgive your enemies?
And would you find that one your dreaming of?
Swear up and down God above?
That you're finally fall in love, if today was your last day?

If today was your last day
Would you make it your work by mending a broken heart?
You know it's never to late to shoot for the stars
Regardless of who you are

So do whatever it takes
‘Cause you can't rewind a moment in this life
Let nothing stand in your way
‘Cause the hands of time are never on your side

'n Laaste Woord van Dank

Aan al die racers, ek weet julle almal is great en ek hoop dit was vir julle net so onvergeetlike life changing experience soos vir my !!!!

Aan Theresa wat heeltyd moes weet waarheen ons oppad is en waar ons is, dankie dat jy ook ons geliefdes op hoogte gehou het.

Dankie ook aan al die wonderlike support stations, almal was uitstekend, die nederige gasvryheid waarmee julle ons stinkende vuilgatte, soms humorlose racers ontvang het, die manier waarop julle ons "opgecharge" het en die hemelse kos en diens, ons almal waardeer dit opreg.

Dankie ook aan die kameraspan wat met ons, gesnork en slapende moan en groan nagmerries, oor die weg moes kom. Andrew en Richard knap gedaan ek haal my hoed af vir julle, spesifiek vir Richard wat met sy vellies Lehana's en Stetteynskloof saam met ons ervaar het. Hoop iemand gee jou die nodige sponser sodat jy die roete volgende jaar op 'n mtb kan ervaar.

Dankie ook aan David wat dit vir ons moontlik gemaak het om aan die race deel te neem. Ek weet nou nog nie of sommige van die roete aanwysings doelbewus verkeerd was om dit deel te maak van die ervaring nie, hoe sou Carl dan anders op die tuinbankie geslaap het en waaroor sou ons dan gepraat het ?

Dankie vir die Liewe Vader wat ons beskerm het en vir die great pêlle en ondersteuners wat ons elke trap en tree bygestaan het.

Heellaas dankie aan my wonderlike vrou Melanie wat 'n gedeelte van die malligheid verstaan en my 'n 1000 % ondersteun in al die mal dinge wat ek aanvang, sonder jou en my wonderlike kinders in my gedagtes was die ervaring nooit moontlik nie.

Laat my dink aan 'n paar van my se goed :

Dis 'n one day game kêrels, elke dag is 'n one day game !!!!!!
Moenie beplan nie donner net voort !!!!!!!!
Ek wil nou huis toe gaan na mamma toe ...........

No comments:

Post a Comment