7/03/2009

Dag 18 Montagu - Trouthaven

Begin vroeg 4H30 reeds op die pad in die perske reën, ek sit terug en geniet die nuwe geselskap en ons raak die pad byster op die teer oppad na McGregor, kan jy dit glo, op teer
nogal ?

Na 'n oorlegpleging met die kaarte wat nie lieg nie, vind ons weer ons pad na McGregor waar ons die lekkerste plaas ontbyt in weke in weke geniet.


Met ronde vol magies val ons weer in die pad, verloor weer die pad onder die kraglyne oppad na Kasra, die tandem wys ons die regte pad en toe ons 'n gerustheid in ons harte kry, besluit Crouse se fiets dis weer tyd om iets anders te breek. Die ketting is in die speke vasgetrek, die hanger is morsaf en die agterste derailer se nek, dink dis as gevolg van die gesukkel om die kurkprop ratte te kry en die skop op as agterste derailer. Ons stop toe maar, ek wurg die ketting uit die speke en buig toe maar die derailer so soortvan reg sodat ons teen13H00 in Kasra kan eet.

Op pad na die laaste portage vir die dag, dink aan tant Soekie Fourie van die plaas Spreeufontein se sê goed : "Hou links sover God land geskep het, maar julle gaan da nou na 'n plek waar 'n bobbejaan met 'n knopkierie nie eers gaan nie"

Dis nogal waar van die race, daar is nogal baie plekke waar ek nie gedink ek sal op of af gaan nie. Stel dit so die Freedom is goeie training vir die Epic, die Epic is nie goeie training vir die Freedom nie.  Ek en die Commander kry ook toe sommer die geleentheid om bietjie met die tandem te ry, wat 'n ervaring ek haal my hoed af vir Mike en Glen.

Dis my lekkerste dag in die saal ek raak skoon verbouereerd met al die geselskap om my, ons is 6 wat saamry en daar is baie om oor te praat. So ry ons al geselsende, coke drinkende in 15 ure na Trouthaven, 19H00 daar. Dis verseker die dag wat ek die meeste geniet het en ek glo dis hoe die race ervaar moet word. More die Kloof, en Commander Crous gaan ons die weg wys.

No comments:

Post a Comment