7/02/2011

Montagu - McGregor - Kasra

Dis regte Kaapse weer, trietsig ek kry tot myself jammer en die ander wat nog hier moet deur. Ek verlang na mense wat ek nie ken nie, ek het 'n nuwe vriend op my linkerboud ontdek, nie regtig die vriend wat ek nou wil hê nie. Hy herinner my gereeld aan ons nou verwantskap en om hom af te skik probeer ek meer staan en trap, maar met die Duiwel se wind werk dit ook nie, sit hom maar dood.

So in my eensame verlange dink ek 'n paar hartseer defenisies uit :

Hartseer is wanneer jy my pikante liggaamsbou besit, gebou vir downhills, en die wind verhoed jou om af te free. Dis f@kken hartseer !

Hartseer is wanneer die opdraande en die wind saamwerk, sodat jy die heeltyd grind, dis net nie genoeg om af te klim en te stoot nie, maar grind sal jy grind !

Hartseer is wanneer jy wil klaarmaak en alles werk teen jou, dit leer jou nuwe woorde en tekens ....

Die Kaapse weer modeparade, die reënjas dans, reënjas aan, reënjas uit, trek aan trek uit, so verkleur mannetjie ek tot in Kasra.

Uit my skoene opgewonde om Tim se fiets te sien val ek by Kasra se deur in, Tim het besluit hy wag vir my tewyl hy die Wimbelton tennis geniet, ons gaan saam klaar maak, man ek is bly om Tim se gesig weer te sien, ek borrel sommer van nuwe lewe !

Elsa en Alda se gasvryheid oorval ons en ons besluit om van Kasra af klaar te maak, baie beter as om 23H00 by die onpersoonlike Trouthaven aan te kom en 4H00 weer in die pad te val. Ons eet verskiklik lekker en slurp die gasvryheid op, sal 23H00 soos beesmis maak en in die pad val om klaar te maak, hopelik in tyd sodat Tim die tennis kan klaar te kan kyk.

1 comment:

  1. geniet die laaste saamry ,Marnitz en Tim !

    ReplyDelete