7/04/2011

Kasra - Trouthaven - Diemersfontein

Trek 23H00 weg by Kasra, ek verwys nog na die prag hemelruim vol glinstertende sterre, toe die Kaapse weer ons 'n dwarsklap gee en die reëndans begin. Reënjas aan reënjas uit, besluit se moer met die feit dat dit dan reën en dan nie, ek hou nou my reënklere aan.
Met die portage uit reën dit nie, maar met die afgaan slag begin dit ordentlik reën, en so hou dit aan tot by Brandvleidam gevangenis, waar ons skuiling soek onder die paviljoen en so vinnige snorkslapie deurwerk. Jy lê net tot jy begin snork, wat redelik vinnig gebeur en dan is jy op.

8H00 by Trouthaven, die eerste keer op na Trouthaven in daglig, die ander kere was in die donker en dit het vir my gevoel soos een moerse opdraande. Groot was my verbasing om te sien dis maar 'n baie ligte opdraande, was maar seker vrek moeg die ander kere gewees.
8H30 weg na Stetteyns, die plek het doodgebrand, daar is 'n moerse highway deur na die nek, besaai met klippe. Ek het nooit geweet daar is so baie klippe nie, en in die gebrande as slaan die mooiste pienk veldblomme op.
Stetteyns is nou eintlik 'n grappie, maar steeds 'n ongemaklike grappie, met my nuutgevonde kennis van Estelle stel ek dit op die proef en dit werk soos 'n bom, presies soos sy gesê het, as ek maar net die vorige jare geweet het. Ek en Tim lyk soos steenkoolwerkers besaai van die roet en wil nou so vinnig moontlik. kaarmaak.

Teen 17H00 is alles verby, ek en Tim ontvang elkeen ons bersie en ek sit en dink dit was 'n moerse voorreg om saam met hom te kom ry. Tim is 'n baie maklik regiede man, sonder grys areas, jy weet presies waar jy met hom staan. Ek weet ek is 'n ou diesel enjintjie, maar hier het ek my match gekry, een oom moerse Diesel enjin, waar ek ophou gaan Tim aan.
Die man het net nie einde nie, as hy 'n besluit gemaak het voer hy dit uit en ek glo hy gaan terugkom en ons wys hoe dit regtig gedoen moet word. Ek aan die anderkant is nou oorlaai met nuwe kennis, en ek weet dis moontlik om 'n sub 14 te doen, maar gaan ek dit weer doen ?

Ek glo nie, dis 'n baie duur grappie om iets aan jouself te bewys, ek weet met baie luck kan ek dit onder 14 dae doen, maar het ek nodig om dit aan myself te bewys ?

Nee ek het nie, die enigste man wat my weer in 'n dice sal kan lok is Comander Crous en ek hoor hy kyk na 2013.....


1 comment:

  1. well done!

    i also had the pleasure of following mr james through some of the trail, he's got a mind of steel. very glad to see him 'relax' and enjoy the race for once, despite still posting a very very respectable finish time!

    ReplyDelete