7/10/2011

2011 Freedom Challenge

Nie alles werk altyd volgens plan nie.

Geen verskonings, as ek saam met Alex kon bly sou ek dieselfde toestande as hy kon geniet. Melanie vra my vandag wat sou ek anders doen ? Wel ek moes eerstens nie deur die Umkomaas in vloed probeer donner het nie. Water is 'n fiets se grootste vyand, en die Umkomaas het 'n groot aandeel in my gekrokte fiets gehad. Die water het 'n grinding paste gemaak wat alles opgedonner het, my ratkabels, derailers, trappe, links en bearings op die frame.

My tweede fout was om by Banchory by Martin te stop, maar as jy Martin van Banchory se gasvryheid en warm huis opweeg teen ander support stations saam met my goeie vriend August se geselskap kon ek nie anders as om te stop nie, nogtaans moes ek deurgedruk het na Masakala.

Derde fout was die donkermaan navigasie, my die eerste keer gekos op Lehana's, alles is gietswart en jy sien net tot waar jou liggie skyn. Bietjie gesukkel op die ridgeline oppad na die skaapwagters hut met 'n sekere klip koppie waar ek eers links wou om en toe regs om is. Over shoot die container met 'n kilo omdat ek hom nie kon sien nie. Ek en Tim het ook 'n heel te ver regs foutjie in die moeras portage gemaak na Brostelea en amper in Jamestown geëindig. Die gietswart donkerte maak dit nogal moeilik om landmerke in die donker raak te sien.

Ergste fout was die selfbejammering na my spraypaint sessie, kyk ek was regtig siek, ek weet van min mense wat vir 5m kan spaypaint en dan nog oorhou vir die porselynpot ook. 'n Hele jaar se voorbereiding was besig om inmekaar te tuimel en ek was op die punt om op te gee. Was dit nie vir Andre, Joyce, August en Tim nie het ek seker opgegee, iets waaroor ek nou baie spyt sou wees. Andre het my gesond gedokter met rooster brood, swart koffie en moed. August se teenwoordigheid was genoeg om my sommer baie beter te laat voel en die voorreg om saam met Tim verder te kon ry was genoeg motivering.

Die kraggies was maar yl gesaai die volgende dag, en ek moes maar diep grou om by te hou, en daar val ek die hardste wat ek al ooit geval het. Ek het so hard neergedonner dat ek nie wou of kon opstaan nie, ek was seker my ribbes en skouer was af, die oorsaak 'n strook gevriesde water. My ribbes en skouer het in die slag gebly, my saal, helmet en kamera was moertoe en so ook my Freedom hoes, heeltemal te seer om te hoes.

Vandaar was dit 'n racing touring Freedom Challenge, die een dag sou ons hard ry en die volgende dag sou ons by oom Gawie of tannie Verity kuier net om weer 'n harde dag in te sit en dan weer te kuier by iemand.
Tim is 'n baie reguit doelgerigte racer, race volgens die boek en wanneer hy iets besluit het, doen hy dit. Dit was vir my 'n moerse voorreg en ervaring om saam met hom te kon ry, ek het nog meer by hom geleer en glo dat indien ek dit weer sou doen ek dit meer doelgerig, presies en meedoonloos sou kon uitvoer. Groot was my blydskap toe ek Tim se fiets by Kasra gesien het nadat hy die manne voor ons begin jaag het. Tim James het eintlik besluit dat ek nie kon alleen klaarmaak nie en vir my gewag. Dit was 'n helse voorreg om saam met hom te kon klaarmaak.

My rede vir klaarmaak, en dis maklik om op te gee wanneer jy weet jy het al in 'n vinniger tyd klaargemaak.

1 My verantwoordelikheid teenoor my borg : Pieter Cordier van Design Layout and Print. Die man het 'n hele paar rand in my investeer en 'n man verbreek nie so ooreenkoms nie, maak nie saak hoe siek jy is nie.

2 My nuwe riding partner Tim James, wat 'n absolute voorreg !

3 Miles for Smiles, hoe verder en hoe harder hoe meer donasies, en dis mos net wat die kindertjies nodig gehad het, enige donasies is steeds welkom by http://www.milesforsmiles.co.za/

4 My familie wat al 'n week by Diemersfontein vir my gewag het. Die Ingelsman het my al sien klaarmaak, maar hoe kon ek vir my twee kindergesiggies Alison en Danielle teleurstel en nie klaarmaak nie ? Ek moes net eenvoudig deurdruk en klaarmaak om die glimlaggies op hul gesigte te kon sien met ons hereeniging !

Weer doen ?

Wel ek weet nie so mooi nie, ek is nou meer as ooit tevore toegerus met kennis en ervaring. Ek weet dis moontlik vir my om dit in 13 - 14 dae te voltooi, maar dit word 'n duur selfsugtige speletjie en ek skuld my familie big time. Ek moet dalk eers nederig word voor ek weer vir Comander Crous challenge.


No comments:

Post a Comment